My swaer bel my net nou, hy het vir ons plek by Klein Kariba bespreek vir 14 tot 16 September, toe gaan verander ek my plek vir 13 toe tot 17 September, ai, die pension ding darem. Verlof word onmiddelik goed gekeur, geen gestribbel en gekibbel nie.
Lekker Johann. Dankie vir…
Lekker Johann. Dankie vir al die mooi foto's ![]()
My vrou is mos nie lief vir…
Dankie Johann. Nou wil ek…
Dankie Johann. Nou wil ek verder kamp......
Die warm water swembad.Groot…
Nou ja - Hartenbos lê en roep, sal maar solank my beterweter begin verduidelik hoe werk die pensioen ding
Dit lyk alles sooooo lekker…
Dit lyk alles sooooo lekker Johann. Behalwe die wegtrek huis toe.
Dankie vir die foto's.
Dankie Johann
Dankie johann nou lekke saam gekamp ek stem hou ook van daai 13H00 dan kan jy maar gaan
Johann
Johann, dankie vir die deel. Dit laat ou vêr terugdink, aan WARMBAD van ouds (voor 1990).
Ons het Desembermaande daar gestaan van eerste skoolvakansiedag to 2 Januarie, Julie skoolvakansies so 14 dae, paar Paasnaweke plus ekstra dae, die kinders (en hulle maatjies wat saamgegaan het) het heerlike tye beleef.
Klein Kariba was ons so paar keer, meer by Rob Fereirra (Chrisrtiana) omdat dit nader was, en later Kroonpark, so vir ontrent 2/3 jaar minstens 1 naweek per maand. Het toe ook motorwoonwa gehad, en ek dan sommer Vrydagoggend VROEG gery, en kamp opgeslaan, en Linda met kinders in kar in die namiddag aangekom.
Dit is hoekom ek nie nou huil omdat ons nie meer kan kamp nie, het BAIE gekamp in die goeie tye.
Jy moet laat weet wanneer jy erg begin jeuk vir Hartenbos, dalk loop ons dan ook weg Glenatana toe as daar plek beskikbaar is!!
Jou foto's laat my…
Jou foto's laat my terugverlang Klein Kariba toe. Ons was nog nie baie daar nie, maar die enkele kere wat ons daar was, was dit sonder uitsondering baie lekker. Ek kan egter onthou dat dit die eerste plek was wat my laat besluit het om 'n kettie vir die karavaan aan te skaf. Toe ek in Warmbad by 'n buitelewe-winkel 'n kettie gaan soek, het die vrou wat my gehelp het dadelik gevra of ons dalk by Klein Kariba kamp.
Daai water wat so val is…
Daai water wat so val is lekker masering op die rug. Het gereeld onder dit gestaan toe ons daar was





Hierdie waarheid daar raak…