BLOU BUL
Die blou bul eet nie van die vloer af nie.
Die blou bul weet nie van verloor af nie.
Die blou bul sukkel nie sy roer af nie.
Nou vra jy my vir wie ek skree.
Ek skree nie WP nie, ek bly 'n bul.
Ek skree nie OP nie, ek bly 'n bul.
Ek skree nie Vrystaat nie, ek bly 'n bul.
Laat staan die Sharks en die Leeus,
en die hele blêrrie spul.
Die blou bul tjank nie by sy pa hulle nie.
Die blou bul tjank nie by sy ma hulle nie.
Die blou bul tjank nie by die pale nie.
Nou vra jy my vir wie ek skree.
Die blou bul rol hom nie 'n mielie nie.
Die blou bul kan hom ook nie kielie nie.
Die blou bul is hy nie 'n bielie nie.
Nou vra jy my vir wie ek skree.
Ek roep vir Frik du Preez, hy sal my hoor.
Ek vra vir Thys Lourens, bly op my spoor.
En gee vir Naas Botha, hy stop hom oor.
Nou vra jy my vir wie ek skree.
Ek sit vir Fanie voor, kan jy hom vang.
Ek het vir Rubin ook, maak hy jou bang.
Vat Uli Schmidt jou vas, los y jou mank.
Nou vra jy my vir wie ek skree.
Ek pass vir Moaner uit kan jy hom vat.
Na Hansie Brewis toe, hy's gans te glad.
Ek pass vir Josie uit, jy maak jou nat.
Nou vra jy my vir wie ek skree.
Ek weet oom Harry is baie…
Ek weet oom Harry is baie lief vir die song.......
Al stem ek vir die beste…
Al stem ek vir die beste span ( ja raak geraai - CHEETAHS) bly Die Blou Bul seker die mooiste rugby song ooit.
Ja, baie gewilde liedjie…
Ja, baie gewilde liedjie daai. Dit het Stevie se geldkoffers vet gemaak!!
Ek hoor mense praat van…
Ek hoor mense praat van cheetas, en ook van Lions??
Ek ken hulle glad nie, is dit sokker spanne of rolbal??
Ek het darem al gesien ook so onbekende spannetjie, sharks of so iets, ek weet hulle speel so effentjies rugby?
Die Lions speel maar half…
Die Lions speel maar half vrotsig in die Currie Cup. WP en Sharks is tans bo, met ewe veel punte, maar moet nog teen mekaar 'n 5de wedstryd speel. Die ander het klaar 5 gespeel, Bulls is 3de en Lions 4de. Dit gaan dus 'n groot wedstryd wees tussen WP en Sharks om te sien wie is 1ste. Ek is nie doodseker nie maar ek dink dan kom die semi finale tussen die eerste 4. Dan speel no 1 teen no 4 en no 2 teen no 3. Jammer Johann, lyk nie of jou Cheetahs een van hulle gaan wees nie.
Arie, jy hou jou lekker dom né?
Cheetas is 'n tennis span en…
Cheetas is 'n tennis span en die Sharks speel pluimbal, Lions speel rolbal. Blou Bulle speel met hulle eie balle en WP speel rugby.
Julle neuk alweer met ons…
Julle neuk alweer met ons rolbalspelers nê!!!!
Jy sal laat hierdie Lion…
Jy sal laat hierdie Lion ondersteuner van jou 'n rolbal maak en jou rol, Voories!
Chris, soos hulle se; man…
Chris, soos hulle se; man raak nooit te oud om met sy balle te speel nie ne?
Freda, nou verstaan jy…
Freda, nou verstaan jy verkeerd, jy het weer nie op gelet in die klas hie, wie ook al wen, het te minste 8 Cheetahs in die span![]()
![]()
Jammer Johann, lyk nie of jou Cheetahs een van hulle gaan wees nie.
Chris, Arie sit daar ver eenkant onder 'n bosveld boom en soek skoor met almal, ek dink hy het vergeet van sy eerbaarlike optrede.![]()
Cheetas is 'n tennis span en…
Cheetas is 'n tennis span en die Sharks speel pluimbal, Lions speel rolbal. Blou Bulle speel met hulle eie balle en WP speel rugby.
Hahahahahaha
WP
More mede kampers
so het ons mos maar almal sy gunsteling "dingetjie".
Alhoewel ek ampers lewenslank in Transvaal woon, bly ek maar 'n WP-man. Dit werk so;
al kry 'n hond in 'n bakoond kleintjies, bly dit hondjies en word nie broodjies nie.
Julle mag nie my kruisig nie, ek is ok 'n kamper!!
Wessel
Wessel - Ek kan nie verstaan…
Wessel - Ek kan nie verstaan hoekom almal nie WP/Stormers-ondersteuners is nie.
Wessels, Nuweland wemel van…
Wessels, Nuweland wemel van die blou trui inwoners as die WP en die Bulle op Nuweland speel. So, jy mag maar!! ![]()





Ai seker een van die mooiste…
Ai seker een van die mooiste songs wat daar is, ek staan op aandag met hand op my hart en 'n traan in my oog as dit speel.