Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -2 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Dit is die eerste keer wat… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago

Die Blou Bul

Centurion
Submitted by Voortrekker on

BLOU BUL

Die blou bul eet nie van die vloer af nie.

Die blou bul weet nie van verloor af nie.

Die blou bul sukkel nie sy roer af nie.

Nou vra jy my vir wie ek skree.

 

Ek skree nie WP nie, ek bly 'n bul.

Ek skree nie OP nie, ek bly 'n bul.

Ek skree nie Vrystaat nie, ek bly 'n bul.

Laat staan die Sharks en die Leeus,

en die hele blêrrie spul.

 

Die blou bul tjank nie by sy pa hulle nie.

Die blou bul tjank nie by sy ma hulle nie.

Die blou bul tjank nie by die pale nie.

Nou vra jy my vir wie ek skree.

 

Die blou bul rol hom nie 'n mielie nie.

Die blou bul kan hom ook nie kielie nie.

Die blou bul is hy nie 'n bielie nie.

Nou vra jy my vir wie ek skree.

 

Ek roep vir Frik du Preez, hy sal my hoor.

Ek vra vir Thys Lourens, bly op my spoor.

En gee vir Naas Botha, hy stop hom oor.

Nou vra jy my vir wie ek skree.

 

Ek sit vir Fanie voor, kan jy hom vang.

Ek het vir Rubin ook, maak hy jou bang.

Vat Uli Schmidt jou vas, los y jou mank.

Nou vra jy my vir wie ek skree.

 

Ek pass vir Moaner uit kan jy hom vat.

Na Hansie Brewis toe, hy's gans te glad.

Ek pass vir Josie uit, jy maak jou nat.

Nou vra jy my vir wie ek skree.

Waar my wa staan

Arie

Mon, 24/09/2018 - 08:24

Ek hoor mense praat van cheetas, en ook van Lions??

Ek ken hulle glad nie, is dit sokker spanne of rolbal??

Ek het darem al gesien ook so onbekende spannetjie, sharks of so iets, ek weet hulle speel so effentjies rugby?

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 24/09/2018 - 08:38

Die Lions speel maar half vrotsig in die Currie Cup.   WP en Sharks is tans bo, met ewe veel punte,  maar moet nog teen mekaar 'n 5de wedstryd speel.  Die ander het klaar 5 gespeel, Bulls is 3de en Lions 4de.  Dit gaan dus 'n groot wedstryd wees tussen WP en Sharks om te sien wie is 1ste.   Ek is nie doodseker nie maar ek dink dan kom die semi finale tussen die eerste 4.   Dan speel no 1 teen no 4 en no 2 teen no 3.  Jammer Johann, lyk nie of jou Cheetahs een van hulle gaan wees nie.smiley  Arie, jy hou jou lekker dom né?

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 24/09/2018 - 14:45

Freda, nou verstaan jy verkeerd, jy het weer nie op gelet in die klas hie, wie ook al wen, het te minste 8 Cheetahs in die spanwinkdevil

Jammer Johann, lyk nie of jou Cheetahs een van hulle gaan wees nie.smiley

 Chris, Arie sit daar ver eenkant onder 'n bosveld boom en soek skoor met almal, ek dink hy het vergeet van sy eerbaarlike optrede.laugh

0

More mede kampers

so het ons mos maar almal sy gunsteling "dingetjie".

Alhoewel ek ampers lewenslank in Transvaal woon, bly ek maar 'n WP-man. Dit werk so;

al kry 'n hond in 'n bakoond kleintjies, bly dit hondjies en word nie broodjies nie.

Julle mag nie my kruisig nie, ek is ok 'n kamper!!

Wessel 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus