6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Swart span Springbok rugby Geert -11 minutes ago
8 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Verblyfplanne Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
URC Springbok rugby Geert -3 hours ago
Sabie River Café Kruger 2026 Geert -3 hours ago
Thumbs up Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -4 hours ago

Beroepe of is dit privaat.

Bloemfontein
Submitted by OOM JEEP on
Forums

Soms wonder ek wat se beroepe het die lede.

Wou dit nie noual gese het nie,,,,, dis privaat,,,  maar ek was n paaldanser saam met "ou-dinges"  in n baie bekende rugby stadion  se  private klub ,,,, . nou voordat ons afgetree het.  Lanklaas  vir hom gesien maar ek het ook ,, bygesê,,  my paaldans lyf verloor. Lyk deesdae soos n destydse Total galoepie. 

Noem my maar n pensioenaris.

Waar my wa staan

Arie

Thu, 15/06/2017 - 12:44

Kry ek n prentjie in my kop en nou is ek heel naar!!

Ai tog nou sal ek altyd die prentjie in my kop kry as ek n Jeep sien!  

So maer manetjie met sulke verimpelde hang boudjies wat aan n paal hang. Gelukig is die gereedskap so klein dit is nie sigbaar nie!

JUK my hele maand is nou gespoil met die prentjie,!

0
Meyerton

Segekok

Fri, 16/06/2017 - 20:07

Ek is baie lief vir werk.....  Sal ure lê en kyk hoe ander dit  doen...

(Het begin op 16 by Checkers om til te klap teen 95 sent per uur..  nou werk ek verniet, vrou vat als wat oorbly na oom tax syne gevat het)

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Sat, 17/06/2017 - 09:16

Segekok. 

Eenkeer by n kamp vra iemand my watse werk ek doen. Se hom.

Walk and see more, steel and have more. Die vrou kry so n geskokte uitdrukking op haar gesig...... Rerig.  en sy lyk dadelik of sy die wilde weghol wil kry, haar man moes net keer. Die man maak n grap vrou. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 17/06/2017 - 12:43

Ek kan nie dink dat 'n beroep "privaat" kan wees nie.  Om 'n onderwyser, dokter, prokureur, skrywerker of elektrisiën te wees kan mos nie as 'n private aangeneentheid beskou word nie.

Ek is egter van mening dat vir doeleindes van 'n gespekforum soos Kampforum, kan die vermelding van lede se beroepe in 'n spogsessie ontaard.  Dus, kom ons gesels liewer en los maar die beroep-storie net daar.

0
Waar my wa staan

Arie

Sun, 18/06/2017 - 12:27

My vorige beroep was nou nie so eksoties soos Oom Jeep nie, ek was 'n Ginekoloog, maar van dat ek afgetree het is dit maar net my stokperdjie?

Weet nie hoe privaat dit was nie maar op aandrang van my pasiente het ek dit maar in privaatheid beoefen.

0

Ons werkendes het nie meer sulke spog joppies soos wat julle jare terug gehad het nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus