6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Thumbs up Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -16 minutes ago
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel daar was 'n paar… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Hou net die letter e in vir… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Laaste oor die dekselse kappie Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -3 hours ago
Lower Sabie Kruger 2026 Geert -3 hours ago

Ingeboude tentpaal-hokkie

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

My Exclusive se tentpaal-hokkie kom voor tussen die neuskasmuur en onder die kopstuk van ons dubbelbed.  Daar is 'n deurtjie aan die buitekant wat toegang tot die hokkie verleen.  Ek weet dat die latere modelle Sprite Super Sports het ook so 'n hokkie en ek glo ander modelle ook.

Waneer ek die deurtjie oopmaak om die tentpale in- of uit te haal, wapper van my vrou se klere daar rond.  Die hangkassie aan haar kant van die bed het nie sy eie "vloer" nie en moet 'n vloer deel met die tentpale. Dus as die tentpale kassie oop is, kan jy jou hand indruk tot binne-in die hangkas.  Veral na 'n kamp is die palesak ook nie juis skoon nie en klere wat in die hangkassie hang, lê op die dikwels vuil palesak. Ek het vir die hangkassie 'n vloer bo die pale-kas ingevoeg en sodoende die hangkassie afgeseël van die pale-kas.  Hieronder is 'n foto hoe dit nou binne-in die hangkassie lyk en die palekas daaronder is nou afgeseël.

Op die diepste punt van die pale-kas aan die tent-kant van die karavaan, gebeur dieselfde - die hangkassie aan daardie kant moet ook 'n vloer deel met die tentpale.  Ek is nou besig om vir daardie hangkassie ook 'n eie vloer in te sit om dit ook af te seël van die tentpale.

Lekker om so te torring aan 'n ou se wa.

.

 

Secunda

Sleep nou

Sat, 06/10/2018 - 06:18

Dit wat jy wil doen Len maak sin sterkte met bou van hokkie

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 06/10/2018 - 10:26

Len dit is nou netjies en deuglik gedoen.

Dit is vir my baie verbasend dat die kassies nie in die eerste plek af geseël was nie,  ek wonder of daar nog ander modelle ook is wat so is? 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 06/10/2018 - 14:07

Ek het dit ook gedoen.  Onder die bed het ek ook 'n afskorting gesit want soms skuif iet vorentoe en dan kan jy nie die pale sak in kry nie.

0
Centurion

Dusty

Sun, 07/10/2018 - 04:33

My broer se Sprite het ook so n plek waar hy sy pale bêre maar die Sprite sin was toe gebou. Was so van die fabriek af. Dit het ook n poot wat die deksel oophou wanneer hy die pale uithaal

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 07/10/2018 - 21:54

Die Penta se pale kas is ook oop aan die voor kant van die twee bunkers se kante, en los goed het rond geskuif en dan was dit 'n gesukkel om die pale uit te kry. Ek stoor nou net pale daar in wat min gebruik word.

 

0
Pretoria

leeu

Mon, 08/10/2018 - 11:52

My Classique is ook oop in die hangkaste. Ek gebruik dit nog op die oomblik vir die tente, was bak mt sy raamwerk en grondseile. Sal seker ook dit wil toemaak. Dis 'n gesukkel om die pale in en uit te dra. Willem het my 'n briljante idee gegee om die kragboks, wat op die oomblik toe is onder die bankies, om dit om te draai en buitentoe te wys. Ek moet nog net eers plek maak by die ander huis sodat ek by die huis aan die wa kan werk.

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 08/10/2018 - 12:27

Nee vrek hierdie karavaan ding klink vir my na baie werk en DIY ens.   Ek sal maar nog vir 'n tydjie by my tent waentjie hou.   Dalk eendag as ek op pensioen is sal ek die tyd hé vir karavaan en al die herstel werk en modifikasies wat daarmee saamgaan.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus