Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -8 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -18 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -18 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -22 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 day ago

Sukkel om Rally tent deur te ryg

Somerset Wes
Submitted by SonjaS on
Forums

Kan iemand moontlik raad gee. Ons sukkel baie om die Rally tent aan die karavaan te "ryg", dit is baie stram en dit voel of die tent gaan skeur. Is daar 'n manier hoe mens dit makliker/gladder kan maak?

Meyerton

Segekok

Mon, 05/11/2018 - 11:18

SonjaS ek glo die mense wat weet gaan nou vir jou raad gee.  Ek is bewus daarvan dat daar n sprei is wat mense daar in die gleufie spuit  is net nie seker oor die naam nie.

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 05/11/2018 - 11:33

Sonja, smeer die hele koord van die rally tent met kerswas.   Jy trek net 'n gewone wit kers herhaardlik oor die koord.   Ons het ook al gehoor dat mense babapoeier in die gleufie self gooi of spuit met 'n tuitbotteltjie.  Kyk ook in jou gleufie of daar nie dalk 'n plekkie is wat dalk bietjie smal is en verhoed dat die hele ding deurtrek nie.  Dan kan jy dit bietjie groter probeer maak maar nie te veel nie.   Ons wou nie die spuitmiddel gebruik nie, omdat dit olierig is en afgaan op jou tent.  

Groete, Colin

0

Middag alle kampers

Mens kan nodal sukkel om die koord ingetrek te kry. Gestel daar is niks fout met die gleuf nie, maw dit knyp nie die koord nie, dan het ek baie keer sommer net babapoeier in gleuf geskud.

Dan is daar ook Mazienna, hoop die spelling is reg, die dames moet hier help, wat net so goed werk. 

Dit is eintlik takie vir twee, die een ryg/voer die tent en die ander trek aan die ander kant.

 

Groete

Wessel 

0

Middag kampers

O genade, ek kan sien die gesprekslyn kan baie maklik ontaard in 'n dubbelsinnige aantal kommentaredevil

Wessel

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 05/11/2018 - 11:48

Baie welkom Sonja

Hoop jy gaan gereeld hier kom gesels en julle ervaring met ons deel.

My eerste vraag is, ryg julle hom van voor of agter af in.  Hoekom vra ek, my rede is dat voor het jy 'n lang radius en agter is 'n baie korter radius en daar trek hy moeilik deur.

Dan kry jy by BWH dié Silicon spry wat sê dit beskadig nie jou tent se waterdigtheid nie.  Spuit die gleuf en ook somer die tent se rope line.

.

As hy steeds baie moeilik deur trek maar die tent trek maklik, dan sal ek sê meet die tent se rope line dikte en die rally se rope line dikte en kyk of dit dieselfde is.

0

 Right then....

Pulling a rally through the beading.

This assumes that the leading line (that piece of chord attached to the end of the rope is OK and that the end of the actual rope is pointy and not uitgerafel..

The OP says it’s stiff, so I won’t go into that marvellous little goodie that’s called a Wonder wielitjie, ask about is and I'll talk.

Oh BTW Moerse HI SonjaS, welcome to this forum.

There are some main causes for this. You’ve changed / washed your rally and the rope’s not the same, (older vans had cotton rope and if left wet / damp may have swollen a teeny tiny bit)................you have bent the beading slightly and not noticed it, or the beading just needs a little lubrication.

So there are plenty different solutions. Some say Q20 some say rub soap other's again say candlewax , I say do not use any spuit-goed use baby powder and a small paint-brush.

I’m against spuit-goed like Q20 and candlewax because it tends to attract dust, and it may have an effect on the canvas. (wax melts in the heat, leaving wax marks and may then also attract dust).

First, check if the beadings not crimped closed. You won’t see it with the eye.

Measure the canvas over the rope that goes into the beading. (If I remember right, it’s 10mm.... 8mm rope and 2mm for the canvas.

Get a piece of round steel +- 30mm long and 2mm bigger than the diameter of what you measured.  Grind the ends round to a blunt point.

Slot the pin into the place you start threading the awning and carefully knock the pin through the beading.

Chances are you will find a spot that sticks. If so make sure the beading does not have rough points there, remove them with a bit of fine sandpaper.

Then “lubricate the beading”with baby-powder

So take a little deodorant / spray-paint can doppie fill it with baby powder and lightly brush the powder into the beading.

That should solve your problem

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 05/11/2018 - 12:53

Q20 - Doen 'n gerigte spuit in die gleuf, maar hou jou vinger maar liggies op die spuitknoppie sodat die silikon-vloeistof nie uit die gleuf loop nie. Vee onmiddelik met 'n droë lappie liggies binne die gleuf. Jy is bykans gewaarborg dat jou tent vir die volgende paar kere maklik gaan ingly.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 05/11/2018 - 15:06

Middag SonjaS, eerstens, baie welkom hier tussen ons klomp.

Wat die tent deur ryg betref, ek gebruik dieselfde SS spray wat Willem aan beveel (R38.00 by Builders  Warehouse) met groot sukses.  Selfs op die zips as hulle sukkel.

Die voordeel van die spry is dat dit geen vettirige lagie los nie,  en ook geen vlekke  maak nie.

Sou jy daarna steeds sukkel, as jy van voor na agter toe in ryg, soos Willem sê, dan stel ek voor jy kry 'n stukkie perpex wat baie styf in die "voortjie" in pas (op  die karavaan waarin jy die dak in ryg) en vat 'n hammer en tik die perpex van eenkant deur tot ander kant uit.

Wat gebeur is die volgende. Met tyd trek die dak die '"extrusion" so dat dit begin "toe knyp" waar die opening is, en dit is meestal die probleem met  'n dak wat swaar deur ryg.

Sterkte, hoop jy kom reg.

 

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 05/11/2018 - 15:12

Self nog nooit gesukel nie, maar ek vermoed dit is omdat ons permanent kamp. Tent is altyd opgeslaan [behalwe as ons skuif na ander dorp/provinsie] dus is daar geen tyd vir vuiligheid om op te bou in die gleuf nie?

Baie al gehoor van die baba poeier ding, werk glo goed?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 05/11/2018 - 15:18

Silicone Spray (SS)

Hier is die skakel en die inligting.

.
Die nuwe blikkies lyk so.
  • Mould release agent for moulding of plastic, rubber, metal, diecast and composite materials.
  • Lubricates guides, slide plates and tables in the food, textile and paper industry.
  • Waterproofs textiles, canvas, wood surfaces and leather.
  • Exceptional thermal stability – -75oC to 200oC.
  • Low vapour pressure – gives long life as a very thin coating
  • Chemically stable – not attacked by sunlight, ultra violet light, rain, sleet, snow, petrol, paraffin, gases, steam or corrosive liquids such as acids
  • Non-toxic – approved for incidental food contact by the American Food and Drug Administration
  • Non-staining – textiles and paper
  • Anti-static – prevents tracking on high tension equipment and insulators
  • Lubricating – superior to mineral oil in very cold or hot conditions.
  • Promotes free sliding of plastic, metal, rubber and wood components.
  • Non-stick – anti-adhesive separating properties for food, plastic or rubber moulding, and metal die-casting

 

A Multitude of Uses

  • Renewing the appearance of plastic goods e.g. car dashboards, brief cases and handbags
  • Lubricating of curtain tracks. A thin layer will not stain textiles
  • Anti-static prevents static build up in paper for printers
  • Caravan tent groove lubricant
  • Lubricates wood on wood, glass on wood, plastic on glass, rubber to rubber e.g. drawers, kitchen cabinets.
  • Knitting, sewing and textile lubricant, for cutting tables, shears, sewing machine tables and ironing presses
  • Prevent ski binding freezing. Prevents car door locks freezing
  • Softens, preserves and waterproofs leather
  • Machining lubricant for all types of plastic
  • Increases working speed and prevents discolouration when welding plastic in the packaging industry for ultra-sonic welding, heat sealing
  • Lubricant for installation of 0-rings and seals
  • Prevents accumulation of wax and glues on cutting and punching knives in paper industry
  • Reduces ice build up in refrigerators and freezers Improves sealing of rubber seals around doors
  • Anti-spatter for gas shrouded welding equipment

 

 

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Mon, 05/11/2018 - 16:27

Ek gebruik ook SS spray, op alles wat sukkel.

Voertuig ruite, Froggy se skuif ruite, ens.

Het die Q brand, dink dit is Q8 (nie dood seker nie.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 05/11/2018 - 17:37

Wat van Prolong? 

Dan gebruik ek eerder Graphite poeier wat ek nog by my Pa gekry het (seker so mid tot laat '70's)  Hy het geglo so mes punt saam met 'n blik olie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus