Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ongeleesde insette Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Chris Kgalagadi Oktober 2026 Johann L -1 hour ago
Ons het so paar jaar gelede… Umfula Johann L -1 hour ago
(Nee wat ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Johan Umfula Johann L -1 hour ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago

Karavaan lugdraad

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek het 'n klompie jare terug 'n motorradio in ons Exclusive geïnstalleer met 'n lugdraadjie permanent gemonteer teen die regterkantste symuur, voor. Foto hieronder.

Die lugdraadjie het heel goed gewerk, maar het nou begin roes en moet vervang word. 'n Verdere probleem was die lugdraadjie is 'n bietjie lig in die broek vir afgeleë plekke (soos in die noorde van die Wildtuin) en dan moet ek eers 'n draad span na 'n boom of soiets om 'n beter opvangs te kry.

Ek het nou al oral gesoek vir 'n sy-gemonteerde lugdraad waarvan die "aerial"-gedeelte kan afskroef terwyl 'n mens ry. Midas en Game het dit nie en motorradio-plekke is so skaars soos hoendertande.

Enige aanbevelings ?

.

Middag Len

Netjiese stukkie handewerk---mooi kierts regop. EN stewig!!!

 

Wessel

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus