Nog een van my suksesvolle uitvindsels wat ek nou al verskeie kere gebruik het. Hy bak jou brood en dan maak jy jou groente gaar en daarna kan jy ook jou vleis braai. Lekker klein net vir my en Ma.
Vleisie braai
Nou kan ek braai, Brood is reg groente is gaar net die Vleis nog braai.
Tora, Wat baie lekker kan…
Tora, Wat baie lekker kan werk is indien die kante kan platvou. Gebruik dan minder spasie wanneer nie in gebruik of wanneer jy reis.
Gawe idee Ek Neem aan die…
Gawe idee Ek Neem aan die groente gaan in die foelie bakkie. Ek vrek oor groente wat so gebraai/gebak word.
Ek self gebruil nog die ou staal kassie wat soos `n skoenboks lyk met die broodpannetjie binne in. Ek sit hom sommer so in die kole met `n paar bo op en daar vat hy. Ek bak die broodjies liewer effe langer op lae hitte dit werk vir my beter

Dit is nou wragtig pragtig,…
Dit is nou wragtig pragtig, blerrie oulike idees wat julle het.
Min dinge so lekker soos 'n vars warm potbrood met duuuuuuk boter op.






Groente bakkie
Lyk my ek kan net een Foto op 'n slag plaas.