Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Rona Aartappelsop (Vichyssoise) Geert -3 minutes ago
3 Doodgeskiet? Oktober 2026 saam gesels Geert -4 minutes ago
Paraat!!!! Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -19 minutes ago
Selfverdediging Oktober 2026 saam gesels Geert -52 minutes ago
Ek sal graag wil sien hoe… Padlangs deur die RSA - Dis… Voortrekker -2 hours ago
Lekker man 😎 Padlangs deur die RSA - Dis… Voortrekker -2 hours ago

Desember 2018 Koffiekroeg

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more medekampers.

Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking 

Geniet die dag tenvolle

Port Elizabeth

Frieps

Tue, 11/12/2018 - 05:08

Môre Dusty, en almal wat nog op pad is koffiekroeg toe.   Ek het nie staarsiekte vanoggend nie, net vroeg wakker en uitgeslaap.

Spekkies, ek hoop jy het die son sien opkom vanaf jou stoeptent vanoggend.   Nikse laat slapery nie, rek die dae so lank moontlik, hulle gaan gou verby.

Ek hoop almal gaan 'n aangename dag geniet.   En onthou om eerbaarlik op te tree.

 

0
Centurion

Dusty

Tue, 11/12/2018 - 05:26

More Antie.

Sit nou rustig in die sitkamer met n beker koffie en luister hoe die wêreld ontwaak. Lekker om die voëls en duiwe buite te hoor. n Mens kan die rustigheid wat die voëls skep nie namaak nie.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 11/12/2018 - 06:03

Goeie môre almal!  Ons tel die slapies af, nog net 5 smiley​​​​​​

Ek gaan nou koffie maak en begin met die dag se werke!  Julle moet almal 'n lekker en geseënde dag hé! smileyyes​​​​​​

Grote ek hoop jou eerste oggend op kamp is heerlik en rustig! 

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 11/12/2018 - 06:40

More almal die koffie hier langs my loop soos stroop so skink n koffie of tee en geniet hom het vanoggend 9mm genade water uit reen meter gegooi lekke dag vir almal vrede

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 11/12/2018 - 06:48

Goeie môre almal, tee loop soos stroop, 16mm reen gemeet net nou, so, my dag begin sommer meer positief👍

Vanoggend oop getrek, en heerlik koel vanoggend.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 11/12/2018 - 06:52

More More.

Het Froggy vol gemaak. Sy tenk vat 70L. Sy naald het gelê tussen leeg en kwart (naader aan leeg), gewoonlik kom sy "reserve" liggie aan. (12 L  reserve) Ook so volgens die boekie. Het nog ronde gery met liggie aan.

Hulle het 82.5 L ingegooi. .????? ONMOONTLIK.

Die geveg begin by die vulstasie. 

1)  Tank vat 70 L hulle gooi 82.5 L in ????? My boekie sê 70L (12L reserve)

2) Ek het 554 km gery (82.5 L), vorrige tenk het ek 559 km gery (67 L) Dus my brandstof verbruik val van 8.34 km/L na 6.72 km/L ?????

3) Ek vra hulle hoeveel het vorrige persoon ingegooi wat voor my daar was. Hulle gaan na op hulle rekenaar. Hy was 6 munite voor my daar en hy het R 200.00 ingegooi. Ontrent 13 L. Klink vir my na die verskil wat ek teveel "inge gooi" is. .?????

4) Was by Mercedes met VIN nommer en vra hulle hoeveel diesel vat die bus. Hulle stel dit 70L en 12 reserve. Wat INGESLUIT IS by 70 L soos normaal as daar gepraat word van reserve, as dit lees 70 + 12 Reseve is dit 82 L. In hakkies is dit ingesluit. Ek wou net gaan bevestig.

Ek sê of hulle pomp is verkeers of hulle het nie gereset voor ek ingegooi het nie, wat ek persoonlik glo gebeur het. Hulle sê dit is onmoontlik, iets van n "tag" In SA is enige iets moontlik.

Hulle wou eers my tenk drain, ek sê nee, dit is n groot gemors en netnou suig ek lug in die sisteem.

My vraag is hoekom sal ek hulle probeer verkul "ek is mos n kerk mensesmiley" Ek het n rekening by hulle vir meer as 20 jaar, gooi tussen R 4000 en R 5000 ( die laaste ruk) per maand by hulle in.

Sê vir hulle ek sal, eerder my rekening by hulle sluit uit beginsel. Het hulle mos genoeg bewyse gegee.

Dadelik gee hulle my krediet. Omgelukkig nie vir die tyd wat ek gemors het om te bewys hulle was verkeerd nie

Geniet julle dag en hou dop dat hulle daai pompe reset voor hulle ingooi en klim maar uit en rek bene. Ken jou voertuig.

 

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Tue, 11/12/2018 - 07:00

 

More Almal

Slaap party van julle nooit? As ek darem party oggende kyk na die tyd wat sommige van julle begin groet! 

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 11/12/2018 - 07:27

Harry, ek klim ook nie altyd uit nie, gooi my diesel net by Vanderbijl gas en lube in, maar nou begin ek dink ek moet maar uit klim in die toekoms. Moet egter sê, dat ek nog nooit die idee van fout agter kon kom daar nie? 

Sarel, ja daai staar siekte vat paar van ons vas, veral vir Dusty.

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 11/12/2018 - 07:34

More Sarel soos Stoffel en Johan se as hy jou vat vat hy jou klim maar op forum lees lekke en neem deel die forum is oop 24 uur dankie tog cheekywink

0
Elarduspark

GerhardM

Tue, 11/12/2018 - 07:54

Goeie morê aan almal

Geniet die dag.

Nog 6 data projektors om te installeer en 'n bietjie admin vir die laaste paar dae om te doen.

0
Elarduspark

GerhardM

Tue, 11/12/2018 - 08:20

Dis lekker stil hier so die werk gaan redelik vinnig. Meeste onderwysers nie meer hier nie. smiley Beplan 3 vandag en 3 môre.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 11/12/2018 - 09:07

.........môre al die mense op die forum wat eintlik bedoel is vir kampsake !

Harry, interessante storie.  Daardie "tag"-storie is veronderstel om elke pompjoggie te dwing om die pomp met 'n skoon lesing aan te skakel.  'n Slim joggie sal 'n vorige kliënt wat kontant betaal en nie 'n kontanstrokie benodig nie, se betaling in sy sak druk en die pyp nie behoorlik terugplaas in sy huls nie  - die pomp skakel dus nie af nie.  Toe jy opdaag, loop die pomp steeds en hy gaan voort met die vorige ou se bedrag wat jy nou moes betaal.  Die diensstasie weet dit, daarom het hulle jou vergoed.  Netjies gehanteer.

Lessie om te leer : as 'n mens brandstof ingooi, klim uit en maak seker die joggie druk sy "tag" op die pomp sodat dit met 'n skoon lesing aanskakel.

Sarel, moenie alles glo wat hier aangaan nie.  Hier is ouens wat gou hul rekenaars se tyd terugstel om ons ou klompie wat nie so vroeg kan opstaan nie, te laat sleg voel.

0
Centurion

Dusty

Tue, 11/12/2018 - 09:45

Oom Len, ek raak nie aan my selfoon en/of rekenaar se tyd nie. Dit sal net dinge deurmekaar krap. Indien dan daar iets gebeur dan is jou vewyse daarmee heen.

O, nou verstaan ek. Dit is wat oom Len doen. Hehehe

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus