Sit maar die onder die kamp nar gedeelte, want kyk, ek sit en lees forum, en dit op ek en my beter helfte se 38ste huweliks herdenking.?
Maar nou gaan ek eers haar vertroos, sal weer more gesels as ek nog leef?.
Solank jy haar vanoggend 'n…
Solank jy haar vanoggend 'n drukkie en 'n soentjie gegee het en darem deur die dag gewys het jy waardeer die 38 jaar, sal die Kaap Hollands wees. Dis al wat ons vrouens soek op die groot dae. Sê vir haar jy maak jou reg vir die 40ste, dan vat jy haar op honeymoon!
Ek grap net, Johann. Baie geluk, wat 'n groot voorreg. Mag jul nog baie jare gelukkig saam wees.
Johann, ek hoop jy het haar…
Johann, ek hoop jy het haar lekker bederf. Jy saam met jou kinders.
Ek sien ons is in dieselfde jaar getroud.
Dink daaraan om met die veertigste 'n fees te hou. Dit is net genade va BO dat ons nog bymekaar is.
Johann baie geluk, ek…
Johann baie geluk, ek vertrou sy het jou goed bederf van oggend, jy verdien so bederfie na al die jare se uithou?
Op n ernstige noot, baie geluk aan altwee van julle, mag jule nog vir baie jare mag saam wees!
Baie dankie vir die mooi…
Baie dankie vir die mooi wense, ek dink my vrou is die een wat diemedalje verdien. (Sy lees ook hier?)
38 jaar
Johan geluk met die 38ste trou herdenking myne is net om die draai dan is ek ook 38 jaar getroud .Laat my dink aan die storie die ou is pas getroud en hy se vir lovie Luister ek speel Saterdae golf en dit is nie debateerbaar nie .Sy se vir hom dit sal die dag wees sy gaan haar voet neersit geen golf op Saterdae nie .Hy se vir haar jy klink nou net soos my ex-vrou .Se sy vir hom ek het nie geweet jy was voorheen getroud. Se die ou Nee ek was nie
Geluk Johann
Johann, baie geluk, en dra ook oor aan Bennanta!!!!!!
Ja, die tyd en jare hardloop!!!soos weghol bus!!!, op afdraande!!!1
Ons het 48ste gevier so 6 maande terug!!!, dan wonder ou nie meer waar die grys hare vandaan kom nie!!!! JY WEET!!!!
Ons telling staan nou op 47,…
Ons telling staan nou op 47, en ek hou nog steeds uit!!
Die stories hierbo laat my dink aan toe ek vir Petra om haar hand gevra het. Nooit bessef as 'n man vir die hand vra dan kry jy die kop en hele dem lyf ook saam nie?
Elk geval toe sy nou ja se, verduidelik ek haar nou mooi van al my buitemuurse aktiwiteite, ek is elke aand uit tot laat met sokker oefening, muurbal aandjie [werk natuurlik] saam met my kolegas, saterdae golf, en so gaan dit aan. Net sondae by die huis maar dan is ek moeg en moet rus.
Sal Petra toe mooi vriendelik vir my se, dit is heeltemaal in die haak so, sy het geen probleem nie, en sy het net een reel.
Sy het elke aand 7 uur seks................ of ek nou by die huis is of nie!!!
Ek los toe maar al my buitemuurse aktiwiteite?
Lol Arie
En vandag besef jy dat jy liewer maar jou buitemurse aktiwiteite moes behou het .Die ou sit en TV kyk dan is hy op die golf kanaal en dan op die porn kanaal .Later kan sy vrou dit nie meer hou .Asseblief Harry bly op die porn kanaal jy weet al hoe om golf te speel





Baie geluk en well done…
Baie geluk en well done Johann! Glo darem jy weet al teen die tyd hoe om vergifnis sommer gou gou te kry.