Kom ons gesels 'n bietjie oor die mees sinvolle verandering wat jy aangebring het aan jou karavaan, boswa, ryhuis, tent-opset of sleepvoertuig waarmee jy sommer baie in jou skik is. 'n Foto as bewys sal natuurlik baie waardeer word.
Ek los myne vir later.
Hier is wat ek gedoen het.
Hier is wat ek gedoen het.
Die kraan los ek oop op sy regte "flow" ek gebruik slegs die skakelaar.
Sjoe, ek hoop dit maak sin😂
Willem
Dit lyk so ja. En soos ek su verduideliking verstaan, is die tenk in / by die neuskas en het hy genoeg pyp om tot by die opwas te kom. Pompie is ook naby / in die neuskas.
Ek gaan die tank mobile maak, naby opwas sit, en gaan soek vir 220v pompie. Kan dan pompie en kraan van diselfde kragpunt trek.
Willem, omdat die krantjie…
Willem, omdat die krantjie tussen 2 en 8 bar benodig kan ek soek vir ‘n goeie deal op ‘n 220v pompie. Opsies behoort groot te wees
Sal graag wil ‘n waterdigte skakelaar kry asook waterdigte krag konneksie.
waterdigte skakelaar kry…
waterdigte skakelaar kry asook waterdigte krag konneksie.
Ja, dit sal beter wees met 220v.
Ek hou..............
..............weer van soveel as moontlik 12V komponente want dit maak kampering moontlik op plekke waar nie krag is nie. Ongelukkig is my 2005 Exclusive se geyser net elektries, nog voor die elektries/gas geysers uitgekom het. Ek het op Kamp-Mal FB gesien 'n ou het 'n aanhaak-gasgeyser buite sy wa bewimpel, maar ek weet nie of ek daarvan hou nie. Ek kan ook nie 'n Jurgens-geyser installeer nie, want my mover se kontrole-boks en battery is daar gemonteer. Ek kamp te min sonder krag om die koste van 'n omskakeling te regverdig - wel in Mei 5 dae by Tsendze en 5 dae by Balule. As ek iewers 'n gebruikte eenheid teen 'n billike prys kan opspoor, begin dit na 'n aantreklike opsie lyk.
Ek hoor jou Len, maar ek…
Ek hoor jou Len, maar ek kamp slegs waar daar 220v is, My karavvaan is glad nie ingerig vir 12v kamp nie, yskas is slegs 220v, so 220v sal dit vir my wees ![]()
Willem, js dit is 'n 12v…
Willem, js dit is 'n 12v pompie, en ek het die binne die neus kas vas gesit.
Tuinslang, dit is juis waarom ek die tenk met die wieletjies gevat het, maklik om rond te skuif, jy sal ook merk dat ek draad met tape teen die pyp vas gesit het, so bietjie langer as die pyp om bo oor die perpex tot in die tool clip in te pas.
Die audio konnrksies is dus om die pyp en draad maklik te kan verwyder, en te bêre.
Net 'n waarskuwing, daai…
Net 'n waarskuwing, daai giesertjie trek hier by die 15 amp, so, ek gebruik geen ander elektriese toestelle wanneer ek water in tap nie.
Baie dankie Johann, ek sal…
Baie dankie Johann, ek sal dit ingedagte hou. Dis iets wat ek lankal wou doen maar info omtrent dit is maar min.
Gelukkig is daar platforms soos hierdie wat help
Tentpaal bakkies
Om aan te sluit by Oom Len,
Soos baie weet, is ek nie ‘n voorstander van stormtoue nie. Ek maak ook gebruik van die bakkies waarin die tentpale staan, maar het vir elkeen ‘n hakkie aanndie kant aangebring. Ek maak dus die paal aan die bakkie vas en gebruik dan ‘n ander anker tou om die paal en bakkie vas te trek.
Laas jaar by Scotties, en by TO Strand ook, het ons sterk rukwinde gehad en my raamwerk het deur dit alles gestaan
Ek het ‘n gaatjie in elke bakkie se bodem geboor om die water wat daar opdam te laat uitvloei.
Braailig Stand
Ek het by CashCrusaders vir my ‘n Mic-stand gekoop vir R79 en gebruik dit vir ‘n stand vir my braailig.
Voordeel is dat jy sy hoogte kan stel asook die gedeelte waar die eindpunt van die gedeelte waarop die lig vaskom.
Die staander kan dus uit die pad wees enndie lig kan amper bokant die braai wees.
Hy vou ook lekke klein op so vat min bêre plek op
Ek het gekyk na n triple…
Ek het gekyk na n triple split op aircon maar niemand bereid om waarborg te gee nie en kas klomp geld
Mense praat van R18000. Dis…
Mense praat van R18000. Dis mal prys. Wie het froggy se aircon gedoen?
Watter koordlose boor?
Ek het ‘n elektriese boor in my wa, maar sal eendag as die begroting toelaat ‘n koordlose een wil aanskaf. As ek hom vir die hoekstutte ook wil gebruik; hoe weet ek of hy sterk genoeg gaan wees daarvoor?
Pennekas
Ek het verlede jaar een dag by PnP so plastiek gereedskapkas soos op die foto hier onder gekoop net omdat dit op ‘n goedkoop aanbod was en handig gelyk het. Nadat ek uiteindelik my motorhuis reggepak het, en al die los goed wat in die kas gesit is weggepak het, het dit my pennekas geword.
Dit pas netjies onder die agterste bed in die Kavango, waar my grondseile, opvoustoele, die stort se dakseil, my stormnet en windbreker gebêre word. Wanneer ek kamp opslaan loop ek met die pennekas van paal na paal. Alles wat ek nodig het is in die kas; penne, hamer, toue, penne lap, boorpunt en al die los goedjies soos spaar dog bones, rekke en diesmeer. Wanneer ek oppak bly die kas ook by my en alles word gebêre soos ek aangaan. Daar is ook los skroewe en moere, gom en ander ditjies en datjies wat mens van tyd tot tyd nodig kry.

elektriese boor ...
Ek verkies eerder die elektriese boor, want ek weet wat gebeur met daai goed wat gelaai moet word. Die slag as ek hom moet gebruik is hy pap.
Ek het jare terug vir my op 'n uitverkoping 'n 800watt boor gekoop wat regs om en links om kan draai en die spoed beheer met die sneller. Hy is in 'n tassie in die karavaan.






Tuinslang, skuus ek sien nou…
Tuinslang, skuus ek sien nou eers jou plasing.
Nee jy gaan 'n hoë druk pompie moet gebruik vir daai giesertjie, dit werk tussen 2 en 8 bar druk. Die normale blou pompie wat in die waens gebruik word se druking is te laag om die element aan te sit.
Ek het by Mica van daai deurskynende pyp gekry wat van die pompie na die gieser gaan, by die punt van die pyp, by die gieser se krane, het ek 'n bedlamp skakelaar in gesit wat die pompie aktiveer.
Ek sal net nou gou foto gaan neem wat meer sal verduidelik.
Willem, ek het aanvanklik die blou pompie probeer, maar die druk was te min.