Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
hy lyk so ... Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 minutes ago
Het die ... Forum Herstel en terugvoering Chris Boucher -11 minutes ago
13 Oktober vm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -15 minutes ago
Net om die draai vir ons… Uitsig Agri Voortrekker -15 minutes ago
Dit lyk of daar mooi bass in… Evergreen river guest farm Voortrekker -20 minutes ago
Ongeleesde insette Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

Mees sinvolle byvoeging/verandering aan jou kampeeropset

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Kom ons gesels 'n bietjie oor die mees sinvolle verandering wat jy aangebring het aan jou karavaan, boswa, ryhuis, tent-opset of sleepvoertuig waarmee jy sommer baie in jou skik is.  'n Foto as bewys sal natuurlik baie waardeer word.

Ek los myne vir later.

 

 

Vaalpark

Johann L

Sat, 02/02/2019 - 13:14

Tuinslang, skuus ek sien nou eers jou plasing.

Nee jy gaan 'n hoë druk pompie moet gebruik vir daai giesertjie, dit werk tussen 2 en 8 bar druk. Die normale blou pompie wat in die waens gebruik word se druking is te laag om die element aan te sit.

Ek het by Mica van daai deurskynende pyp gekry wat van die pompie na die gieser gaan, by die punt van die pyp, by die gieser se krane, het ek 'n bedlamp skakelaar in gesit wat die pompie aktiveer.

Ek sal net nou gou foto gaan neem wat meer sal verduidelik.

Willem, ek het aanvanklik die blou pompie probeer, maar die druk was te min.

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 02/02/2019 - 14:05

Hier is wat ek gedoen het.

Pompi
8 bar pompie, in Oudtshoorn is 'n winkel wat dit vir so R250.00 verkoop.

 

Pompie
Jy kan die male audio plug sien wat ek gebruik om die pompie mee te aktiveer, met transparent pype van 60 liter water kan, na die giesertjie.

 

Giers
60 L water trolley by Makro gekry.

 

Tenk
Water tenk, met pyp en koneksie NA die pompie in die neus kas.

 

Tenk
Op 'n stuk perpex het ek die tool clip gesit om die skakelaar vas te druk, ook die gieser op die peroex gemonteer.
Die kraan los ek oop op sy regte "flow" ek gebruik slegs die skakelaar.

 

Gieser
Genoeg pyp om by te kom waar die opwas staan, vanaf onder die neuskas. Die audio plug  druk ek by die pompie se plug in om beheer te hê, aan of af skakel.

Sjoe, ek hoop dit maak sin😂

0

Skoe Johann

Baie dankie vir die fotos en verduideliking.  Ek gaan dit beslis doen voor ek Scotties toe gaan

Waardeer jou moeite

0

Dit lyk so ja.  En soos ek su verduideliking verstaan, is die tenk in / by die neuskas en het hy genoeg pyp om tot by die opwas te kom. Pompie is ook naby / in die neuskas.

Ek gaan die tank mobile maak, naby opwas sit, en gaan soek vir 220v pompie.  Kan dan pompie en kraan van diselfde kragpunt trek.

0
Alberton

Tuinslang

Sat, 02/02/2019 - 17:01

Willem, omdat die krantjie tussen 2 en 8 bar benodig kan ek soek vir ‘n goeie deal op ‘n 220v pompie.  Opsies behoort groot te wees

Sal graag wil ‘n waterdigte skakelaar kry asook waterdigte krag konneksie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 02/02/2019 - 18:12

..............weer van soveel as moontlik 12V komponente want dit maak kampering moontlik op plekke waar nie krag is nie.  Ongelukkig is my 2005 Exclusive se geyser net elektries, nog voor die elektries/gas geysers uitgekom het. Ek het op Kamp-Mal FB gesien 'n ou het 'n aanhaak-gasgeyser buite sy wa bewimpel, maar ek weet nie of ek daarvan hou nie.  Ek kan ook nie 'n Jurgens-geyser installeer nie, want my mover se kontrole-boks en battery is daar gemonteer.  Ek kamp te min sonder krag om die koste van 'n omskakeling te regverdig  -  wel in Mei 5 dae by Tsendze en 5 dae by Balule.  As ek iewers 'n gebruikte eenheid teen 'n billike prys kan opspoor, begin dit na 'n aantreklike opsie lyk.

0
Alberton

Tuinslang

Sat, 02/02/2019 - 19:29

Ek hoor jou Len, maar ek kamp slegs waar daar 220v is,  My karavvaan is glad nie ingerig vir 12v kamp nie, yskas is slegs 220v, so 220v sal dit vir my wees laugh

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 02/02/2019 - 22:46

Willem, js dit is 'n 12v pompie,  en ek het die binne die neus kas vas gesit.

Tuinslang, dit is juis waarom ek die tenk met die wieletjies gevat het, maklik om rond te skuif, jy sal ook merk dat ek draad met tape teen die pyp vas gesit het, so bietjie langer as die pyp om bo oor die perpex tot in die tool clip in te pas.

Die audio konnrksies is dus om die pyp en draad maklik te kan verwyder, en te bêre.

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 02/02/2019 - 22:53

Net 'n waarskuwing, daai giesertjie trek hier by die 15 amp, so, ek gebruik geen ander elektriese toestelle wanneer ek water in tap nie. 

0
Alberton

Tuinslang

Sun, 03/02/2019 - 09:20

Baie dankie Johann, ek sal dit ingedagte hou.  Dis iets wat ek lankal wou doen maar info omtrent dit is maar min.  

Gelukkig is daar platforms soos hierdie wat help

0
Alberton

Tuinslang

Sun, 03/02/2019 - 09:29

Om aan te sluit by Oom Len,

Soos baie weet, is ek nie ‘n voorstander van stormtoue nie. Ek maak ook gebruik van die bakkies waarin die tentpale staan, maar het vir elkeen ‘n hakkie aanndie kant aangebring.  Ek maak dus die paal aan die bakkie vas en gebruik dan ‘n ander anker tou om die paal en bakkie vas te trek.

Laas jaar by Scotties, en by TO Strand ook, het ons sterk rukwinde gehad en my raamwerk het deur dit alles gestaan

Ek het ‘n gaatjie in elke bakkie se bodem geboor om die water wat daar opdam te laat uitvloei.

0
Alberton

Tuinslang

Sun, 03/02/2019 - 10:08

Ek het by CashCrusaders vir my ‘n Mic-stand gekoop vir R79 en gebruik dit vir ‘n stand vir my braailig.

Voordeel is dat jy sy hoogte kan stel asook die gedeelte waar die eindpunt van die gedeelte waarop die lig vaskom. 

Die staander kan dus uit die pad wees enndie lig kan amper bokant die braai wees.

Hy vou ook lekke klein op so vat min bêre plek op

0
Worcester

Wildehont

Wed, 09/12/2020 - 08:29

Ek het ‘n elektriese boor in my wa, maar sal eendag as die begroting toelaat ‘n koordlose een wil aanskaf. As ek hom vir die hoekstutte ook wil gebruik; hoe weet ek of hy sterk genoeg gaan wees daarvoor?

0
Worcester

Wildehont

Wed, 09/12/2020 - 08:40

Ek het verlede jaar een dag by PnP so plastiek gereedskapkas soos op die foto hier onder gekoop net omdat dit op ‘n goedkoop aanbod was en handig gelyk het. Nadat ek uiteindelik my motorhuis reggepak het, en al die los goed wat in die kas gesit is weggepak het, het dit my pennekas geword.
 

Dit pas netjies onder die agterste bed in die Kavango, waar my grondseile, opvoustoele, die stort se dakseil, my stormnet en windbreker gebêre word. Wanneer ek kamp opslaan loop ek met die pennekas van paal na paal. Alles wat ek nodig het is in die kas; penne, hamer, toue, penne lap, boorpunt en al die los goedjies soos spaar dog bones, rekke en diesmeer. Wanneer ek oppak bly die kas ook by my en alles word gebêre soos ek aangaan. Daar is ook los skroewe en moere, gom en ander ditjies en datjies wat mens van tyd tot tyd nodig kry. 
 

A

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 09/12/2020 - 09:16

Ek verkies eerder die elektriese boor, want ek weet wat gebeur met daai goed wat gelaai moet word.  Die slag as ek hom moet gebruik is hy pap.

Ek het jare terug vir my op 'n uitverkoping 'n 800watt boor gekoop wat regs om en links om kan draai en die spoed beheer met die sneller.  Hy is in 'n tassie in die karavaan.

.

.

.
Die 3 hoek keer dat hy gly en het nie nodig om hom met die sleutel vas te draai nie.

.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus