Ek het nou probeer om kommentaar te lewer by die Super Rugby draad, maar kon nie. Daar is foto's in die pad waar ek moet tik en ek kan nie daarby uitkom nie. :-)
Stormers ondersteuners is seker baie gelukkig vanaand. Dit was nou 'n wedstryd uit die boonste rakke wat enige kant toe kon gaan. Van begin tot einde was dit nou regtig uitstekende rugby. Dit het bewys SA kan die New Zealanders aanvat. Volgende week is dit my span teen die Stormers!
Nuweland.................
Ek was vanmiddag/vanaand self op Nuweland. Dit was 'n aanskoulike wedstryd met 'n uitstekende uitslag - veral as verlede jaar se groot verloor teen die Chiefs inag geneem word. Dit was ook 'n uitstekende opkoms van die Stormers ondersteuners en ek glo almal is baie in hulle skik.
Ek dink die Lions het volgende naweek problem !





Stormers
Welgedaan aan my Stormers span.