Ek sien volgens die interweb dat daar vandag darem sonkolle of "sunspots" sigbaar is.
Ek is nou baie lus om te kyk of ek n foto van dit kan neem.

Ag nee wat hierdie dom…
Ag nee wat hierdie dom Kaaskop gaan nou maar 'n Rum en coke ingooi, ek het nie die vaagste benul waarvan jy praat of vir ons wys nie?
Al kolle wat ek sien is die vuil kolle op my bril en so nou en dan sien ek steretjies maar net as Petra my geklap het!
Na die kolle is daar nie dan…
Na die kolle is daar nie dan n toename is "sun flarres" nie. Dit kan glo n invloed he op die selfoon netwerke onder andere
Segekok ek weet nie mooi nie…
Segekok ek weet nie mooi nie. Ek glo dat die kolle veroorsaak word deur magnetiese fluksiasies, verder weet ek nie.
Sover ek weet veroorsaak die…
Sover ek weet veroorsaak die selfde magnetiese fkusiasies "solar winds" wat weer op hulle beurt die magnetiese velde van die aarde beinvloed.
Segekok, jy praat so van die…
Segekok, jy praat so van die solar flares. Ek gebruik n poor mans's white light son filter. Ek kan dus glad nie die flares sien nie, al is hulle daar, op die horison van die son.
As ek nou 'n ekstra R20 000 gehad het vir teleskoop toerusting, dan kan ek 'n HA, hydrogen alpha solar scope aanskaf wat flares en nog meer sal wys.
Hier kan ek nou glad nie…
Hier kan ek nou glad nie saam praat nie, al wat ek kan sê is ek hou nogal van die son, hy maak lekker warm.
Ek weet nie regtig nie. Ek…
Ek weet nie regtig nie. Ek praat maar op hoorsê. Was nog nie self daar nie. ?
Vandag se son wys sonkol…
Vandag se son wys sonkol area 2665 baie mooi en groot. Foto met DSLR op teleskoop (so 950mm). Ek gaan later probeer om bietjie nader te gaan met my planetary cam en die sonkol af te neem op 3000mm.

Dankie Segekok. Ek maak…
Dankie Segekok. Ek maak gou die "close up" klaar dan gooi ek hom hier op.
Hierso is die close up met…
Hierso is die close up met die planetary kamera. Baie klein kamera sensor met klein pixels.
My teleskoop se "native focal length" is 1500mm. Vroeer met die eerste DSLR foto, het ek eintlik 'n "reducer" vooraan gesit, anders so die son se kante afgesny wees, so ek moes alles wyer maak en dus was my "focal length" 945 mm (x 0.63)
Met die planetary kamera het ek die ander kant toegegaan en 'n 2 X barlow vooraan gesit. Dit maak die 1500mm X 2 wat dus die 3000mm gee.
Uitdagings teen 3000mm is natuurlik eerstens om die sonkol in die middel van die sensor te kry, en dan beweging van atmosfeer en die teleskoop self.
Ek neem video rame teen so 100 per sekonde wat dan die beeld beter fries. Die totaal vandag was 400 rame waarvan ek 120 bestes geneem en saamgevoeg het.
Daarna was dit in Adobe lightroom ingevoer om te verskerp en detail te belklemtoon!

Ek onthou met my ou Pentex…
Ek onthou met my ou Pentex 1000k het ek n 500 lens gehad en n 2x converter. Ek hrt n triger switsh gehsd wat in my hsnd gehou was om beweging te probeer stop. Maar dit was altyd n duur spul want die ontwikkeling moes ek laat doen.
Elke foto moes dus werk kon nie gou n klomp weggooi soos met die DSRL nie. Nie sommer sulke fotos probeer neem nie.
Ek bly maar weg van die…
Ek bly maar weg van die draad, geen idee waarvan julle praat nie?
Ek sien net sterre en kolle as Petra my klap, maar ek neem nie fotos daarvan nie.
Nou daai laaste foto lyk nes…
Nou daai laaste foto lyk nes 'n mufkol








Disk