Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert dit is slegs om… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -42 minutes ago
Block Forum Herstel en terugvoering Geert -44 minutes ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -1 hour ago
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -1 hour ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -2 hours ago

Sonkolle vandag

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Ek sien volgens die interweb dat daar vandag darem sonkolle of "sunspots" sigbaar is.

Ek is nou baie lus om te kyk of ek n foto van dit kan neem.

Sonkol vandag

Waar my wa staan

Arie

Sun, 18/06/2017 - 16:32

Ag nee wat hierdie dom Kaaskop gaan nou maar 'n Rum en coke ingooi, ek het nie die vaagste benul waarvan jy praat of vir ons wys nie?

Al kolle wat ek sien is die vuil kolle op my bril en so nou en dan sien ek steretjies maar net as Petra my geklap het!

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 18/06/2017 - 19:21

Segekok, jy praat so van die solar flares. Ek gebruik n poor mans's white light son filter.  Ek kan dus glad nie die flares sien nie, al is hulle daar, op die horison van die son.

As ek nou 'n ekstra R20 000 gehad het vir teleskoop toerusting, dan kan ek 'n HA, hydrogen alpha solar scope aanskaf wat flares en nog meer sal wys.

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 09/07/2017 - 12:09

Vandag se son wys sonkol area 2665 baie mooi en groot.   Foto met DSLR op teleskoop (so 950mm).   Ek gaan later probeer om bietjie nader te gaan met my planetary cam en die sonkol af te neem op 3000mm.

sonkol

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 09/07/2017 - 14:25

Hierso is die close up met die planetary kamera.   Baie klein kamera sensor met klein pixels.

My teleskoop se "native  focal length" is 1500mm.  Vroeer met die eerste DSLR foto, het ek eintlik 'n "reducer" vooraan gesit, anders so die son se kante afgesny wees, so ek moes alles wyer maak en dus was my "focal length" 945 mm (x 0.63)

Met die planetary kamera het ek die ander kant toegegaan en 'n 2 X barlow vooraan gesit.  Dit maak die 1500mm X 2 wat dus die 3000mm gee.

Uitdagings teen 3000mm is natuurlik eerstens om die sonkol in die middel van die sensor te kry, en dan beweging van atmosfeer en die teleskoop self.

Ek neem video rame teen so 100 per sekonde wat dan die beeld beter fries.  Die totaal vandag was 400 rame waarvan ek 120 bestes geneem en saamgevoeg het.

Daarna was dit in Adobe lightroom ingevoer om te verskerp en detail te belklemtoon!

2665

 

0
Meyerton

Segekok

Mon, 10/07/2017 - 06:22

Ek onthou met my ou Pentex 1000k het ek n 500 lens gehad en n 2x converter. Ek hrt n triger switsh gehsd wat in my hsnd gehou was om beweging te probeer stop. Maar dit was altyd n duur spul want die ontwikkeling moes ek laat doen.

Elke foto moes dus werk kon nie gou n klomp weggooi soos met die DSRL nie. Nie sommer sulke fotos probeer neem nie.

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 10/07/2017 - 07:42

Ek bly maar weg van die draad, geen idee waarvan julle praat nie?

Ek sien net sterre en kolle as Petra my klap, maar ek neem nie fotos daarvan nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus