6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -12 minutes ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -16 minutes ago
Geert se braaivleise.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -51 minutes ago
Traction control Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Braai Lux Oktober 2026 saam gesels Geert -11 hours ago
Kappie e Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -14 hours ago

Karavaan spaarwiel

Alberton
Submitted by Tuinslang on
Forums

Naand span, ek het raad nodig ...

Sit vandag en dink waar ek my wa se spaarwiel kan sit.  Wil hom nie regtig in die bakkie rondry en glad nie in die karavaan nie.  Hy is huidiglik in die neuskas maar pa wil ‘n airon installeer en aan dan daai spasie benodig.

Ek het gedink om ‘n bracket aan die a-frame vas te maak en die spaarwiel tussen die 2 bene van die a-frame te vervoer.  Hy behoort nie veel laer as die jockey wiel of as te wees nie.

Indien ek hom benodig sal ook nie te veel moeite wees om af te haal nie.

Wat is jul opinie?  Sal dit werk, of mors ek my tyd?

Pretoria

leeu

Thu, 28/02/2019 - 06:51

Ek glo glad nie daaraan om gate te boor in die a raam nie, dit verswak hom (my eie mening). Ek ry my spaarwiel maar op 'n matjie in die karavaan saam en haal hom anderkant uit. Ek wil ook nie sukkel om by die neuskas uit te kom met die spaarwiel in die pad nie. Laat ons weet wat jy gemaak het, altyd interesant om te hoor van ander.

Vaalpark

Johann L

Thu, 28/02/2019 - 13:21

Tuinslang, ek hou van jou idee om dit onder die A-raam te monteer, solank dit net sover agter toe as moontlik is. Die rede: om nie te veel gewig na die haak self te verplaas nie.

Ek het gedink om ‘n bracket aan die a-frame vas te maak en die spaarwiel tussen die 2 bene van die a-frame te vervoer.  Hy behoort nie veel laer as die jockey wiel of as te wees nie.

Indien ek hom benodig sal ook nie te veel moeite wees om af te haal nie.

Moet net nie boor in die A-raam nie, brackets wat maklik kan los, en vas maak, met 'n slot ook, sal tot jou voordeel wees.

Middelburg

Noel

Thu, 28/02/2019 - 19:09

Jarques, ek het die spaarwiel monteerder by karavaan handelaars gekoop. Gewoonlik sit die meeste kampeerders die monteerder agter onder die karavaan. Probleem is het 3 hande nodig om die wiel vas te maak ( 2 hande nodig op wiel op te lig en derde hand nodig om die wiel vas te skroef. Ek het die monteerder met 8 boute en moere vas gemaak. Ek haak die spaarwiel teen die frame channel en lig dit op met 1 hand en ander hand om die wiel vas te skroef. Die slot word met plastiek en insulation tape toegedraai vir stof en roes. 

Middelburg

Noel

Thu, 28/02/2019 - 19:16

Ek het dit op die regterkant naby die as gemonteer. Kon nie op linkerkant gemonteer nie agv lugreelingpype en elektriese drade in plastiek tubing loop teen frame channel

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 28/02/2019 - 21:08

As ek jy was, sou ek baie mooi dink oor :

  • Is dit ideaal om 'n noodwiel onder die wa te monteer ?  Veral aan die regterkant waar karre en trokke verbyjaag.  Oorweeg mooi die verdere gevare as die wa met 'n domkrag opgelig is en jy spook onder die wa en 'n trok jaag verby en ruk die wa af van die domkrag
  • Oorweeg baie mooi die buite-eenheid van 'n lugversorger wat binne-in die neuskas gemonteer is met swak lugsirkulasie.  Jy het allerhande pype nodig om die warm lug na buite te herlei en jy moet altyd jou neuskas ooplaat.
  • Oorweeg gerus die volgende :-

    (1) Laat jou noodwiel in die neuskas waar hy hoort en maklik bereikbaar is

    (2) Oorweeg 'n lugversorger op die stert van jou wa:  oorgenoeg lugsirkulasie; neuskas bly toe;               moontlike waterkondensasie bly buite jou wa; doemprofete verkondig die wa sal swaai  -               dis twak !

      (3) Eerste foto is van myne en die tweede foto is van iemand s'n wat langs my gekamp het

'

.

 

Brackenfell

HennieBo

Fri, 01/03/2019 - 05:56

Ek sou ook eerder vir Len se opsie gegaan het nadat hy die verduideliking tov die lugversorger gegee het. Die voordeel van Len se opset is dat hy 'n Exclusive het met dubbelaste wat wel makliker sleep.

Alberton

Tuinslang

Fri, 01/03/2019 - 07:15

JohannL & Leeu - ek stem om nie gate on die a-frame te boor nie en het gedink om ‘n dwars yster bo-op die a-frame vas te maak om dit te verny.  Ek hoor jou met die gewig op bal, sal dit ingedagte hou.

Noel - baie dankie vir jou moeite,  dit is ‘n bakgat plan.  

Oom Len - omgelukkig is die wielruil op enige karavaan maar ‘n gevaarlike storie.  Ek sal die hoekstutte moet gebruik as voorsorgmiddel vir die domkragbwat kan omval.

Ek kan nie die buite eenheid agter op die wa monteer nie want die garage waarin hy slaap is nie groot genoeg nie

My denke om die spaarwiel onder die a-raam te monteer was omdat die hoogte nie baie gaan verskil indien ek wel ‘n papwiel het nie.  Indien ek hom naby die as monteer verloor ek die hoogte van die band aan spasie

Baie dankie vir almal se insette.  Ek sal kog bietjie meer moet kou aan die idee

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 01/03/2019 - 12:43

.................se Super Sport het 'n noodwiel wat agter die as, onder die wa gemonteer is.  Die raam lyk soos 'n sleepwa se onderstel waarvaan die "A-raam" na agtertoe kyk.  Die A-raam se punt hang aan 'n "wing nut" (gesluit met 'n slotjie).  As jy die noodwiel wil uithaal, maak die een "wing nut" los en laat sak die "A-raam".  Jy kan ook die "A-raam" 'n bietjie oplig en die hele gedoente na agtertoe uittrek, soos om 'n laai oop te maak en daar lê jou noodwiel, so te sê agter die karavaan.

As jy hom onder wa wil monteer gaan koop vir jou n bakkie se spaarwiel katrol en dan draai jy hom op en af met slinger

Goeie idee, mens moet net plek kry om dit te kan doen. Ek het nie in die begin mooi gelees nie en aangeneem jy wil dit bo die a raam installeer. Onder die wa is baie beter en die vraag kan gevra word: hoeveel keer kry mens nou 'n pap wiel, nie elke week nie? Dit is nie gerieflik om die spaarwiel in en uit te haal elke keer as jy gaan kamp nie, hou ons asb op hoogte wat jy gaan maak.

Ek kan ongelukkig nie my spaarwiel in die neuskas sit nie, want die vorige eienaar het klaar die lugversorger se buite eenheid daar laat insit. Ek verkies ook die buite eenheid agter, want hy raas nogal voor naby die bed as dit baie warm is en hy werk die heeltyd, mens moet gewoond raak aan die geluide voordat jy rustiger slaap.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus