Waar en hoe meet jy om jou woonwa waterpas te kry, veral vir die yskas.
| Attachment | Size |
|---|---|
| InstallationInstructions 190 Litre.doc | 110 KB |
| manual 35_70_100_245_265.doc | 1.05 MB |
Ek maak die wa se deur oop…
Ek maak die wa se deur oop en sit die waterpas op die vloer en meet so of hy waterpas is, natuurlik altwee kante toe.
Hi Wessel, ek verstaan nie…
Hi Wessel, ek verstaan nie wat die verskil is tussen die yskas, wat op die vloer staan, se vloer en die wa se vloer nie?
Groete
Nico
Waterpas
Middag Leeu
Ek het ondervind dat die vries/yskas soms nie heeltemal waterpas in die wa ingebou is nie. Anders gestel, die kas kan skeef ingebou wees.
'n Goeie eksperiment is om jou wa by die huis waterpas staan te maak, dis nou volgens wa se vloer. Dan meet jy binne in jou vrieshokkie hoe waterpas dit is. Indien dit ook waterpas is, is jy gelukkig. Nou kan jy sommer net vloergewys by kampeerplek jou wa waterpas staanmaak.
Die voorstel het ek by vooraanstaande handelaar gekry, dis nie ek wat so slim is nie.
Groete
Wessel
Wessel, dit is veral die…
Wessel, dit is veral die yskas (meer die 3-way tipe) wat ek spesifiek hier na verwys.
Die goed het so 'n groen en wit dingetjie wat jy veronderstel is om in die groen te kry vir die yskas op gas maar dan gaan my wa amper op sy kant lê 😉.
Ek kry ook nie een van daai ronde waterpassies met die groen kol in die middel nie
Ek kyk gewoonlik maar dat my…
Ek kyk gewoonlik maar dat my waentjie waterpas is by die kampeerplek. Dit help nie ek doen dit by die huis nie ![]()
Waterpas
Middag StephanS
Jip, ek praat ook van die kaste met 220V/gas/12v stelsel.
Daai groen/wit dingetjie, met die pyltjie, is bloot om te wys wanneer werk jou kas reg. Jy moet die gas knop inhou totdat daai naald lekker in die groen is, voordat jy gasknop los. Hoe dieper in die groen, hoe meer effektief.
Ek hoop ek verstaan jou reg, en dat jy nie net gekskeer nie.
Wessel
Dit is so oom Wessel, dieper…
Dit is so oom Wessel, dieper is gewoonlik beter ![]()
Waterpas
Hello Stephan
Ek het vergeet om te noem;
as dit gaan om effektiewe yskas werking op gas, moet jy ook sekermaak dat jou gasbrandertjie mooi skoon is, ook dat die skoorsteentjie heeltemal oop en skoon is. Hoe beter die trek in skoorsteen-hoe beter werk die verkoeling.
Tot 'n spinnerak daar, het 'n nadelige uitwerking. Dan praat ek nie van verstop soos met perdebynes nie.
Groete
Wessel
Anton, is jy nog vlug-flou…
Anton, is jy nog vlug-flou met al die skerp antwoorde vandag 🤣🤣🤣
Wessel ek wil waterpasse aan…
Wessel ek wil waterpasse aan die buitekant aanbring wat dit maklik maak met opslaan tyd.
Die plan is om die wa waterpas te kry vir die yskas en dan die buitenstes daarvolgens level en vassit
Ek meet ook gewoonlik die…
Ek meet ook gewoonlik die yskas op sy deur as hy oop is anders bly die ding oop of toe swaai.
My wa het buite aan die…
My wa het buite aan die sykant voorlangs en aan die voorkant elk n waterpas vas geplak. Dit is dus maklik om die wa gelyk te kry. Het self my yskas in gebou en die is waterpas met die vloer
nou hoe kry mens die…
nou hoe kry mens die waterpas wat jy vasplak waterpas?
Ek het ook my karavaan met …
Ek het ook my karavaan met 'n lang waterpas eers "gelevel" op die vloer, toe plak ek 'n "twee rigting" waterpassie op die kassie langs die yskas, dit is so "T" vorm waterpas wat in die lengte en oor die breete meet.
Ek kry glad nie my yskas in…
Ek kry glad nie my yskas in die wa om op gas te werk nie.
Ek waterpas nie my wa vir…
Ek waterpas nie my wa vir die yskas nie, ek maak dit gelyk staan sodat die bed gelyk is en ons beter kan slaap. My yskas werk 99% van die tyd op 220V.
Dis 'n goeie vraag, Anton, wat as jou waterpassie wat jy opgeplak het skeef is en nie waterpas is nie? Ek sal bietjie volgende keer kyk nadat ek kamp opgeslaan het hoe gelyk staan die yskas. Dit sal glad nie 'n uitwerking hê op my yskas se werking op 220V nie.
Leeu/ Anton Ek het die wa…
Leeu/ Anton
Ek het die wa gemeet oral en gesorg dat ek hom waterpas kry (vloer, yskas, ens)
Ek het toe my waterpassies aan die buitekant aangebring en gesorg dat hulle ook waterpas wys.
Ek kry glad nie my yskas in…
Ek kry glad nie my yskas in die wa om op gas te werk nie.
Ski - kyk net heel bo, net onder my eerste inskrywing, sal jy 2 x Word dokumente sien wat miskien kan help





Stephan
StephanS ek sit my waterpas innie middle vannie vloer in wa en doen daar volgens my verstellings sal ook wil hoor hoe doen ander dit