Ons is hier by Yellow Sands van 9 Maart tot 10 April - Heerlik!




Yellow sands
Middag Neels
Sjoe dit lyk baie lekker, verlang nou vir 'n seevakansie. Twee observasies wat my bekommer;
1] wat is die doel van die windkous, wys dit wanneer die stormbande moet opkom
2] Dit lyk darem baie beknop op foto 3 en 4.
Ons het in VSA ook maar so opmekaar gestaan, maar daar was struike en bome aan 3 kante van jou staanplek.
Wat is situasie op strand betreffende strandlopers en veiligheid.
Groete
Wessel
vanaf Yellowsands
Wessel1) Die kous wys maar die windrigting en dan ook vir buurman waar hy sy braaivuur moet maak die rook nie na my toe moet kom nie
2) daar is van die staanplekke wat nie gemerk is nie maar die meeste is darem gemerk
3) die strand gebied is nogal privaat en nie n groot area aan die een kant is die rivier en die park self vanaf plaas
Ek sal reken dat dit baie veilig hier is
Wessel ek sal weer hier kom kamp n goeie gees onder die kampers en bestuur het ons Dinsdag genooi om saam te kom braai
Die maand tarief R1795.00 pensionarise
Lyk tog te lekker, geniet…
Lyk tog te lekker, geniet dit voluit.
Daar sal n maand gou…
Daar sal n maand gou verbygaan
Lyk regtig na n lekker oord.
vanaf Yellowsands
Die persoon op die foto is n gestremde vriend van vrou so dit is beslis nie ek nie hy is 29jaar en ek 77
Neef Herman jy sal dit baie geniet hier so af en toe word daar ook n vis gevang
Gaan groot Neels
Neels loop die vis dit lyk na n puik oord geniet en laat loop met n foto of twee julle moet n hond uit n bos kamp
Neelsec, gaan so maak. Is…
Neelsec, gaan so maak. Is die son bietjie flou daar ? Jou "tan" is effe aan die ligte kant. Vrek hier in die karoo is ek bitter naby aan chocolate op die oomblik, en dan verwys ek na die donker flavours.
Skuus Neels, lees nou eers…
Skuus Neels, lees nou eers dit is nie jy in foto nie. Sorry man, wou net so bietjie jou been trek. Hoop jy het darem so bietjie Afrika son op die arms.
Dankie vir die mooi fotos en…
Dankie vir die mooi fotos en video Neels, julle moet dit geniet👍
Baie nice Wie is die man…
Baie nice
Wie is die man met die blou hemp en stap stok?
Ag nee Neels, eers Antie en…
Ag nee Neels, eers Antie en nou jy 😢
Neels, klomp van my vriende…
Neels, klomp van my vriende is ook nou daar, Herman en Leanne weet ek is nou daar, ek is nie seker of die ander al daar is of op pad nie?
As jy dalk vir Herman hulle raakloop stuur asb groete, hy ry 'n Colt bakkie en sleep 'n Penta.
Ag nee Neels, eers Antie en…
Ag nee Neels, eers Antie en nou jy 😢
Ja Willem, hoe moet jy nou voel wat ook 'n persionaris is en hulle nie kan "join"
vanaf Yellowsands
Voortrekker die ou met blou hemp is ek daardie stok se naam is moses hy loop maar gereeld saam met my
Willem nou sien jy ek is reg vir aap se kind my stok loop saam met my
Hennie ek word een van die dae 78 so nou en dan moet n ou maar met die stok loop
Arie maak so
Die wind nogal baie sterk hier waar ons staan bly maar tuis en pas huis op
Neelsec en Yellow sands
neelsec waar is jy gaan deur die draad en onthou jy was lanklaas op forum
vanaf Groenbossies PE
Ons was verplig om Maart terug te keer huistoe met die covid 19 maar vat die pad weer as alles goed gaan Jan 2021
Ek hou my maar besig het eers n klomp eende groot gemaak en nou weer besig om 7 Ringneck babas hand groot te maak








Dit lyk baie lekker. Baie…
Dit lyk baie lekker. Baie dankie vir die foto's en video Neels!