6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -4 hours ago

Absurd of Toy-Toy ?

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Toyota

Ek weet van 'n hele klompie lede en vriende wie Toyota's ry - beteken dit nou dat hulle die ANC ondersteun?   frown

Toyota

Toyota

ONTHOU- Hierdie draad is in die "Wie Het Gesê" afdeling geplaas.  Slegs lede kan dit lees en deelneem.  ENTER AT OWN RISK smiley  -   Forum Reëls 

Heidelberg GP

StephanS

Sun, 31/03/2019 - 08:44

Daar is sekere mense wat sekere afleidings uit sekere situasies maak. Ek was al by so 'n konsert en het heeltemal ongemaklik gevoel oor uitsprake wat gemaak was.

Ons hou maar by Ford

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 31/03/2019 - 08:58

Dan moet 70%+ van Namibiese bestuurders van bakkies en SUV's seker maar Swapo T-hemde dra. Ons het nou bakkies en SUV's met Namibiese registrasienommers by verskeie geleenthede op hul paaie getel.

Port Elizabeth

Frieps

Sun, 31/03/2019 - 10:05

Ek gaan nie ophou om my Toyota te ry nie.  Ek gaan nie ophou om van Steve te hou nie.  Ek gaan nie ophou om Afrikaans is Groot te kyk nie.   Hats off to AIG, wat hulle nie laat voorskryf nie, in elk geval.yes

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 31/03/2019 - 12:02

Ek gaan nie ophou om van Steve te hou nie.

Ek 'like' sy stem en sommige van sy liedjies. Maar ek hou pokkol (ala Annelie Botes se versagting van 'n spesifieke kragwoord) van sy persoonlikheid. 

Centurion

Voortrekker

Sun, 31/03/2019 - 16:28

Wonder ek nou vanmiddag, terwyl ek die budgies se hok skoonmaak en my gedagtes so laat gaan - nou hoegedaan as iemand nou 'n AIG borg wil wees maar die persoon ry 'n Toyota?   Gaan jy as trotse borg jou klompie R700 kaartjies koop en dan maar plan maak om met buurman of sussie se voertuig na die vertoning te gaan of dalk maar 'n ander voertuig aanskaf voor die vertoning?

Vaalpark

Johann L

Sun, 31/03/2019 - 19:23

Die soort van twak maak my bloed kook,  die linkses mag boikot, mag rassistiese uitsprake maak, en doen soos hulle wil,  maar laat ons blou span, of die ver regses iets sê is die hel los. 

Sonder om nou die draad moedswillig te kaap, ek stem glad nie saam met wat in New Zeeland gebeur het nie, maar dit is wêreld nuus, elke nens in die wêreld moet daarvan kennis neem, maar wanneer die christene uit gemoor word, word dit nie eers bekend gemaak nie. Sjina het nou glo weer gesê, hulle sal alle christene in sjina uit moor, en dit sal wettig wees??? (Of dit die waarheid is, weet ek nie)

Ek hou nie van die blou bulle nie, ek is 'n cheetah!!!, maar Steve se Blou Hul is een van die lekkerste luister liedjies in Afrikaanse sport, dit is in my opinie. Nou besmet een anc lid sy broek, maar Steve tree saam met 'n swart sanger op?

 

Vereeniging

Harry Du Randt

Mon, 01/04/2019 - 06:08

Ek ry Toyota en my selfoon kontrak is by MTN.

Ek like ook vir Steve kwaai.

Ek het nou opgehou om my Selfoon te gebruik. Gebruik nou net landlyn waar ek my internet en whats-apps op doen.

My Hi-Lux staan nou in die motorhuis op blokke. Het goeie prys vir die wiele gekry.

Gaan nou met my SWB Suzuki Vitara vakansie by Hartenbos hou. Hoop ons 4 groot lywe gaan inpas. Sal roofrack moet opsit vir al Yvonne, Ma Coreen en my sussie se bollie. Ja, ek en 3 vroue gaan Hartenbos toe. Weet hulle gaan my mal maak. He He

My Spur family kaart is al lankal op geknip, luister nie meer Jacaranda nie en het al 7 van my Heins Wikelspies se CD gebrand

Die lewe is n lied en ek is VRY. He He

My oppinie is as volg oor die hele debakel:

Steve of AIG help my nie betaal aan my 2 Toyotas se virsekering of uitgawes wat saam met die voertuie gaan nie.

Die feit dat Toyota sy borgskap terggetrek het maak my voertuie nie minder betroubaar nie en hulle het hulle deel gegee vir AIG.

Ek sou ten2one ook my borgskap teruggetrek het as ek hulle was. Besigheids besluite.

Die hele storie word buite konteks getrek om n paar manne se sieninge te pas.

Happy life people!

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 03/04/2019 - 07:30

Ek sien vanoggend dat voertuigverkope vir Maart het met 3.1% op 'n jaargrongslag afgeneem (die laagste verkope sedert 2010). Die Hilux is die topverkoper gewees onder die handelsviertuie met 4 252 eenhede, Ford 2 376 eenhede en die Nissan NP200 (inderwaarheid 'n Roemeense Dacia) met 2 144. 

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 03/04/2019 - 09:01

Neef sal nie vir Steve  stem as moontlike President nie, betwyfel of hy n kinderkrans-kamp onder beheer sal hou.

As 50% van ons bevolking ANC is, en juis nie n Toyota bakkie koop omrede dit n boere kenteken is, dan is die n puik geleentheid vir Toyota om kopersmark nuwe rigting te gee. 

Die minder as 10% van die bevolking waarvan minder as die helfte lojale Toyota aanhangers is, het nie naastenby die koopkrag van die die comrades nie. 

Of praat neef al weer strooi ?

Magaliesburg

GerhardtN

Wed, 03/04/2019 - 09:40

Ek steur my nie veel aan politiek en opinies nie. AIG is n puik konsert en die geld werd om te gaan kyk. Ek ry my Isuzu en ondersteun die Blou bulle maar niks fout met die top verkoper Toyota nie. Die Landcruiser bly die beste voertuig vir Afrika en sou ek geld gehad het so hy die Isuzu se plek ingeneem het. Baie gaan gou vergeet dat Toyota n besigheids besluit geneem het en hul volgende voetuig sal weer een wees. 

Neef, ek hou altyd van jou objektiewe uitkyk op dinge yes

Voel ek ook so oor die Neef se insette - 'n man met baie wysheid! 

Ek dink dit is elke ou se keuse. As jy voel hulle trap op jou taal en kultuur doen dit as jy tevrede is dat hulle jou taal en kultuur vertrap los dit. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus