
Ek weet van 'n hele klompie lede en vriende wie Toyota's ry - beteken dit nou dat hulle die ANC ondersteun? ![]()


ONTHOU- Hierdie draad is in die "Wie Het Gesê" afdeling geplaas. Slegs lede kan dit lees en deelneem. ENTER AT OWN RISK
- Forum Reëls
Daar is sekere mense wat…
Daar is sekere mense wat sekere afleidings uit sekere situasies maak. Ek was al by so 'n konsert en het heeltemal ongemaklik gevoel oor uitsprake wat gemaak was.
Ons hou maar by Ford
Dan moet 70%+ van Namibiese…
Dan moet 70%+ van Namibiese bestuurders van bakkies en SUV's seker maar Swapo T-hemde dra. Ons het nou bakkies en SUV's met Namibiese registrasienommers by verskeie geleenthede op hul paaie getel.
Ek gaan nie ophou om my…
Ek gaan nie ophou om my Toyota te ry nie. Ek gaan nie ophou om van Steve te hou nie. Ek gaan nie ophou om Afrikaans is Groot te kyk nie. Hats off to AIG, wat hulle nie laat voorskryf nie, in elk geval.![]()
Wonder ek nou vanmiddag,…
Wonder ek nou vanmiddag, terwyl ek die budgies se hok skoonmaak en my gedagtes so laat gaan - nou hoegedaan as iemand nou 'n AIG borg wil wees maar die persoon ry 'n Toyota? Gaan jy as trotse borg jou klompie R700 kaartjies koop en dan maar plan maak om met buurman of sussie se voertuig na die vertoning te gaan of dalk maar 'n ander voertuig aanskaf voor die vertoning?
Die soort van twak maak my…
Die soort van twak maak my bloed kook, die linkses mag boikot, mag rassistiese uitsprake maak, en doen soos hulle wil, maar laat ons blou span, of die ver regses iets sê is die hel los.
Sonder om nou die draad moedswillig te kaap, ek stem glad nie saam met wat in New Zeeland gebeur het nie, maar dit is wêreld nuus, elke nens in die wêreld moet daarvan kennis neem, maar wanneer die christene uit gemoor word, word dit nie eers bekend gemaak nie. Sjina het nou glo weer gesê, hulle sal alle christene in sjina uit moor, en dit sal wettig wees??? (Of dit die waarheid is, weet ek nie)
Ek hou nie van die blou bulle nie, ek is 'n cheetah!!!, maar Steve se Blou Hul is een van die lekkerste luister liedjies in Afrikaanse sport, dit is in my opinie. Nou besmet een anc lid sy broek, maar Steve tree saam met 'n swart sanger op?
Ek ry Toyota en my selfoon…
Ek ry Toyota en my selfoon kontrak is by MTN.
Ek like ook vir Steve kwaai.
Ek het nou opgehou om my Selfoon te gebruik. Gebruik nou net landlyn waar ek my internet en whats-apps op doen.
My Hi-Lux staan nou in die motorhuis op blokke. Het goeie prys vir die wiele gekry.
Gaan nou met my SWB Suzuki Vitara vakansie by Hartenbos hou. Hoop ons 4 groot lywe gaan inpas. Sal roofrack moet opsit vir al Yvonne, Ma Coreen en my sussie se bollie. Ja, ek en 3 vroue gaan Hartenbos toe. Weet hulle gaan my mal maak. He He
My Spur family kaart is al lankal op geknip, luister nie meer Jacaranda nie en het al 7 van my Heins Wikelspies se CD gebrand
Die lewe is n lied en ek is VRY. He He
Gladnie 'n "boring" lewe nie…
Gladnie 'n "boring" lewe nie Harry.![]()
![]()
My oppinie is as volg oor…
My oppinie is as volg oor die hele debakel:
Steve of AIG help my nie betaal aan my 2 Toyotas se virsekering of uitgawes wat saam met die voertuie gaan nie.
Die feit dat Toyota sy borgskap terggetrek het maak my voertuie nie minder betroubaar nie en hulle het hulle deel gegee vir AIG.
Ek sou ten2one ook my borgskap teruggetrek het as ek hulle was. Besigheids besluite.
Die hele storie word buite konteks getrek om n paar manne se sieninge te pas.
Happy life people!
Ek sien vanoggend dat…
Ek sien vanoggend dat voertuigverkope vir Maart het met 3.1% op 'n jaargrongslag afgeneem (die laagste verkope sedert 2010). Die Hilux is die topverkoper gewees onder die handelsviertuie met 4 252 eenhede, Ford 2 376 eenhede en die Nissan NP200 (inderwaarheid 'n Roemeense Dacia) met 2 144.
Neef sal nie vir Steve sal…
Neef sal nie vir Steve stem as moontlike President nie, betwyfel of hy n kinderkrans-kamp onder beheer sal hou.
As 50% van ons bevolking ANC is, en juis nie n Toyota bakkie koop omrede dit n boere kenteken is, dan is die n puik geleentheid vir Toyota om kopersmark nuwe rigting te gee.
Die minder as 10% van die bevolking waarvan minder as die helfte lojale Toyota aanhangers is, het nie naastenby die koopkrag van die die comrades nie.
Of praat neef al weer strooi ?
Neef, ek hou altyd van jou…
Neef, ek hou altyd van jou objektiewe uitkyk op dinge ![]()
Ek steur my nie veel aan…
Ek steur my nie veel aan politiek en opinies nie. AIG is n puik konsert en die geld werd om te gaan kyk. Ek ry my Isuzu en ondersteun die Blou bulle maar niks fout met die top verkoper Toyota nie. Die Landcruiser bly die beste voertuig vir Afrika en sou ek geld gehad het so hy die Isuzu se plek ingeneem het. Baie gaan gou vergeet dat Toyota n besigheids besluit geneem het en hul volgende voetuig sal weer een wees.
Stem saam Voorie
Neef, ek hou altyd van jou objektiewe uitkyk op dinge
Voel ek ook so oor die Neef se insette - 'n man met baie wysheid!
Gaan Multichoice ook nou…
Gaan Multichoice ook nou geboikot word? ![]()
En BOK radio, wie de ongeluk…
En BOK radio, wie de ongeluk is BOK radio wat die Ghoema's borg?
Ek dink dit is elke ou se…
Ek dink dit is elke ou se keuse. As jy voel hulle trap op jou taal en kultuur doen dit as jy tevrede is dat hulle jou taal en kultuur vertrap los dit.






Gelukkig ry ek 'n Volksie en…
Gelukkig ry ek 'n Volksie en my vrou 'n Nissan - en ons luister nie eers na Steve se musiek nie