6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -1 hour ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -2 hours ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -3 hours ago
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -9 hours ago
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -11 hours ago

SA se toekoms

Magaliesburg
Submitted by GerhardtN on
Forums

Na Dawie Roodt se gesprek nou een oggend op RSG het ek so bietjie gedink oor waar jy SA oor 10 jaar sien? My seun is nou 3rde jaar met studies in Ingeneurswese, selfs van sy profs raai hul aan om eerder elders as SA heenkome te gaan soek. Ons ouer garde is gevestig in ons doen en late, maar waarheen is ons op pad? 

Frans Cronje se boek is ook interesante leesstof

 https://irr.org.za/repor…

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 11/04/2019 - 09:01

🔥 *ONLUSTE*🔥
*11/04/2019  05:45*

*GAUTENG*
*Pretoria Tuine* 

*Bande word gebrand by:*
* Daspoort Tonnel
* Mica by Van der Hoff by Hornsnek
* Malie by die Coke Fabriek
* Theo Slabert en Van der Hoff

_Voertuie word ook met klippe gegooi._

*Vermy asb die area*.

🔥 🔥 🔥 🔥 🔥 🔥 🔥 

*Tyers are being burnt at:*
* Daspoort Tunnel
* Mica at Van der Hoff at Hornsnek
* Malie at the Coke Factory
* Theo Slabert and Van der Hoff

_Vehicles are being stoned as well._

_*Please avoid the area.*_

🔥 Wees Paraat, Wees Waaksaam, Wees Veilig 🔥 
_Onluste Admin_

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 11/04/2019 - 09:45

Hierdie onderwerp is by 'n vorige geleentheid aangeroer. Ek het amper die gevoel gekry ek word tot 'n mate as onnodig negatief oor hierdie aktuele onderwerp gereken. Maar heng mense- het ons onbewustelik oogklappe aan of verkies ons om by sekere van bogenoemde aspekte verby te kyk en 'n besluit geneem het "ek gaan positief bly ten spyte van al die bollie wat plaasvind".

Ek woon nog lekker in 'n plattelandse dorpie wat tot dusver nog min geraak is deur hetsy misdaad of ontwrigting. Maar ons het ook al lelike amok hier gehad. En rondom ons (Grabouw, Botrivier, Caledon en nou ook Strand) gebeur dit al hoe meer gereeld dat ons nie meer die N2 kan gebruik nie. Pokkit mense - dit is mos abnormaal.

Ek vertrek eersdaags met vakansie. Die plekke wat ek beplan om te besoek is na my mening relatief veilig. Maar om daar te kom is ek verplig om deur areas te ry wat kort-kort deur politieke onrus of sogenaamde dienslewering-protes geraak word. Ek het byvoorbeeld gereken ek wil eerder met die N2 tussen Botrivier en Strand langs ry ten einde met die R44 tot die N1 te ry. Maar ek kan nie help om te wonder wat op daardie betrokke dag op hierdie deel van die N2 sal aangaan nie.

Dan nog 'n aspek. Ek is verplig om oor te slaap. Maar is ek veilig by van die plekke om op 'n weeksaand daar oor te staan - en waarskynlik die enigste woonwa daar te wees. Dis k@k om die hele tyd 'n gevoel van vrees te hê of ek môre-oggend gaan sien.

Dit is abnormaal!!! Ek loop in Roemenië rond tot laat in die aand sonder 'n sweempie van vrees vir my veiligheid. My kleindogter-hulle speel tot donkeraand in die straat - sonder vrees. My suster-hulle het dit pas in Rotorua in Nieu-Seeland ervaar. Dit is normale samelewings. Maar dinge raak al meer abnormaal wat veiligheid en sekuriteit in ons land aanbetref. En diegene wat dit ontken - ek hoop jou oogklappe skaaf nie te veel om jou oë nie. 

As ek enigsins jonger was sou ek onder die huidige omstandighede my bes probeer het om te emigreer. Maar geen land wil 'n ouballie hê wat dalk 'n las op hulle regering kan wees nie. Dus maak ek die beste van die saak. Maar my donner - ek sukkel om positief te bly.

My dogter is reeds vir 15 jaar uit die land uit. En hulle voer nie 'n maklike bestaan nie. En ek ken haar en my skoonseun as objektiewe mense. Maar dit wat hulle in 'n voormalige kommunistiese land gewoond geraak het, maak hulle bevrees om in SA te kom kuier - wat nog te sê terug te keer.

My seun is in 'n gevorderde stadium om ook te emigreer. Ek moedig hom aan, want dit is wat ek sou doen as ek in sy skoene gestaan het.

Daarom kom dit as geen verrassing vir my wat Gerhardt hierbo genoem het t.o.v. sy seun se ingenieurswese-proffies nie. 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 11/04/2019 - 10:37

Ja Grysie. Ek het ook gisteraand gebraai - dalk vanaand weer. En daarmee saam my lekker Bolandse voggies geniet. En daar lê vir my 'n vooruitsig voor van meer as 5 maande se woonwalewe waar ek seker ook bykans elke aand gaan vuur aansteek en die Bolandse wynboere ondersteun. Ek vra egter - vir hoe lank nog, gesien in die tempo wat dinge polities en aan die hand van misdadigers agteruit gaan?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 11/04/2019 - 13:11

Die vraag is, waar sien jy Suid-Afrika oor 10 jaar ?  Ek gee graag my perspektief :-

Ek is oortuig daarvan dat oor 10 jaar sal dinge baie meer rooskleurig lyk as nou.  Suid-Afrika het die afgelope klompie jare liederlik geduik as gevolg van ernstige korrupsie aangevoor deur politieke leiers van uiters swak gehalte en dit het in 'n rippel-effek oorgespoel na die samelewing.

Die oopvlek van hierdie sweer in Suid-Afrika was nog nooit so fel soos nou nie  -  dit skok ons daagliks maar dit moet uitkom.  Dan eers kan genesing intree.  Die uiterse baie geweldadige opstande en betogings is die enigste manier hoe die regering en provinsiale regerings na die "not haves" luister, daarom die geweldige toename hiervan. Onthou net, die mense wat so betoog is ontevrede met die regering en provinsiale regerings, netsoos ons ook maar.  Hulle enigste "suksesvolle" aksie om die regering se aandag te trek, is hierdie betoging en opstande met die dreigement dat hulle nie vir die regerende party gaan stem nie.

Die komende verkiesing moet net eers agter die rug kom waarna ek glo die poppe gaan begin dans met die suiweringsproses.  Met 'n gesuiwerde regering aan die stuur van sake glo ek dit kan net beter gaan.

Ek sien Nissan het gister in Rosslyn hulle nuwe aanleg geopen om Navaras vanaf volgende jaar te vervaardig en as ek dit reg het, begin Ford eersdaags met die vervaardiging van die Everest.  Daar is ook 'n baie goeie verhouding besig om te ontwikkel tussen Agri-SA, boere en die President. Daar is ook twee splinternuwe treine in Gauteng gebou wat hierdie week ingebruik geneem is vir die Kaapse roetes. Daar is ook 'n (swart) oor-neus-en-keel spesialis wat verlede maand die eerste in die wêreld middeloor-oorplanting gedoen het.  Ek verkies om onder andere dit as positief raak te sien.

Wat veiligheid en sekuriteit aanbetref : op my ouderdom van 72 jaar is ek of my annerhelfte nog nooit beroof, aangerand of besteel nie.  Dit beteken nie ek is naïef om te dink dit sal nooit met my gebeur nie, maar ek glo (ek het geen bewyse hiervoor nie) die 80/20 beginsel geld hier.  Ons hoor en lees daagliks van die 20% gevalle en selde van die 80% (soos ek) gevalle want dit is nie nuuswaardig nie.  My kleinkinders speel hier by ons ook in die straat en selfs in die parkie hier naby ons. Oueres, jong dametjies, skoolkinders draf laat saans en vroeg soggens in ons strate en ma's stap met hulle stootwaentjies enige tyd deur die dag.  My keuse was om in 'n veiligheidskompeks te bly om hierdie vorm van gemoedsrus in SA te ervaar.

Ek besef die gevare in Suid-Afrika en omdat ek 'n outoppie is, sleep ons karavaan net op hoofpaaie en meestal saam met vriende.  Ons oornag ook net by veilige oorde en verkies ons vakansies by sodanige plekke - nog nooit het ek onveilig of bedreigd gevoel nie.

Ek probeer niemand oorreed om soos ek te dink en te doen nie.  Om  Gerhardt se vraag te beantwoord, dis hoe ek Suid-Afrika oor 10 jaar sien en sal ervaar  -  ek gaan nêrens anders heen nie en hoop en bid my kinders en kleinkinders ook nie.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 11/04/2019 - 13:19

... ek kan net sê ek hoop met my hele hart jy is reg. Maar ek is maar vrek skepties of dit waarvan jy oortuig is (en ek droom) só sal uitwerk. Maar daar gelaat - ek het my opinie gegee en ek respekteer andere s'n wat van myne verskil.

Waar my wa staan

Arie

Thu, 11/04/2019 - 13:32

https://businesstech.co…

Chris, nee die oogklappe maak darem nie te seer nie!devil Persoonlik glo ek dat die wat net "Doom en gloom" sien die oogklappe dra, dan sien hulle nie die tekens van vooruitgang raak nie? Daar is altyd twee kante aan 'n saak, die wat glo alles gaan in duie stort glo die ander dra oogklappe en die wat glo dinge kan en sal regkom glo die ander dra oogklappe?

Lees die berig hierbo  - daar is mense wat wel tekens sien van vooruitgang. Persoonlik is ek maar van nature 'n baie positiewe mens, ek het al soveel male in my lewe geleer dat positiewe denke my en my gesin baie gehelp het. Die grootste les was so 5 jaar gelede toe die slim manne met wit jasse en dik brille vir Petra vertel het dat sy uiters ses maande oor het voor sy sou sterf. Ons het ons toe maar nie gesteur aan al hul wetenskaplike bewyse nie en net normaal aangegaan. nou ja die feit dat sy hier oorkant my op die stoep sit is seker genoeg bewys?

Ek voel nie bang of onveilig om enige plek in ons land te ry of te kamp nie, ek het die reg om te gaan net waar ek wil. So drie jaar terug moes ons deur brandende bande en ander versperrings ry in Paul Pietersburg. toe ons die versperrings sien en die dansende massa was dit te laat om met die woonwa te probeer omdraai. Het maar die Pajero in tweede rat gesit, toeter gedruk en my voet plat op die versneller gedruk. Met genade van bo het ons veilig daardeur gekom.

My kinders en skoonkinders het almal baie goeie werk en leef finansieel baie goed. Niemand wat ek ken se kinders is werkloos, my kinders se vriende werk almal. My oudste kleinseun het twee jaar terug gekwalifiseer as argitek, sy werkgewer het hom nou gestuur om sy honeurs graad te kry op hulle onkoste met vol salaris.

Petra se broers kinders, het so pas terug gekeer na Zim na hulle 6 jaar in die UK gewerk en gewoon het. Sy suster en haar familie het laasjaar terug gekeer na  Zim na hulle 8 jaar in China gewerk en gebly het. Almal het net te veel verlang na Afrika? 

Ek neem niemand kwalik wat wil padgee uit SA nie, dit is elkeen se eie besluit wat en hoe hulle dit wil doen. Maar ek glo nie toestande is so sleg dat hulle MOET padgee nie.

My Geloof laat my ook nie toe om enigsins negatief te wees nie!

Maar ja dit is op die einde van die dag sekerlik elkeen se besluit hoe hy die lewe wil sien en ervaar, ja dat hier probleme is is virseker waar en ek glo nie iemand is so dom om hulself blind te hou vir dit nie! Maar om positiewe mense te beskuldig dat hul met oogklappe loop is dalkies bietjie te erg?

Ek het geen familie in SA nie meeste woon in Nederland, die ander is versprei in Kenia, Botswana, VK en Amerika, ons het gereeld kontak met mekaar, en hulle het ook maar hul probleme?

Nee wat los maar die wat hoop het dat hule lekker hier kan woon, net so los die wat probleme orals sien, dat hulle ook maar lekker hier woon.

Ek het nog geen bewys gesien dat die gemidelde blanke slegter af is nou, dan voor 94?

Ek moet erken as ek na die Blou Bulle kyk voel ek ook dat daar geen toekoms is niedevil

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 11/04/2019 - 15:37

Ja, wat sal ek nou sê ?

Voor ek nou die gesien het staan ek vandag daar in my koningkreik (die garage) waar ek meeste van my tyd spandeer op soms nutteloose goed en dink

Ek hoor gereeld van mense wat sê as die "popo die fan strike" is hulle weg ?  My eerste vrasg is wasruit gestaan die "popo" wat almal vsn praat ?

En so het ek op hierdie gedagte afgekom:

Nou wonder ek, dievwst gaan padgee het seker nie eiendom nie ?  Want jy kan dit nie in jou tas pak nie en as jy vlug hoe gaan jy dan maak met die eiendom ?  Ek het nie veel nie maar genoeg vir my, die huis in Dsspoort en dan die erf in L'Agullas.  Vir my as ek moet wegkom uit die onruste kan ek dalk my karsvaan daar onder gaan staan maak tot als oorgewaai het.

Maar hier is my blink plan, die wat oornag gaan vlug is die met groot huise en baie goed in.  Ek sal dan voorstel ek gaan pas hulle plek op (teen vergoeding natuurlik).  Dink net dan het ek ook 'n lekker mooi plek sonder dat ek daarvoor moet getaal en as hulle besluit om nie terug te kom nie verkoop ek die plek vir hulle teen dan die heersende niks werd "R".  So kan ek mos 'n lekker klomp plekke vir my selwers koop in die vergane SA.  Niemand kan kla nie want hulle is mos nie meer vanplan om terug te kom nie ?

Enige raad om my plan verder uit te brei, asb.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 12/04/2019 - 09:51

..............op RSG het hulle 'n vinnige sms luisteraars opname gedoen oor as jy 'n Suid-Afrikaner in die buiteland is, sal jy dit oorweeg om terug te keer ?  Die reaksie van feitlik al die inbellers (ook 'n enkele inbeller uit die buiteland) was : "nooit !"

Alhoewel dit 'n aanduiding is van sommige Suid-Afrikaners se gevoel is (wat nie tans in die buiteland woon nie, met een enkele uitsondering), kan dit nie 'n akkurate gevolg wees nie. Byvoorbeeld, ek het die vraag gehoor en stem nie noodwendig saam nie, maar steur my nie aan die tipe peilings nie en het daarom nie gereageer nie. (Amper soiets soos die Toyota/AIG-Stevie debakel  -  jy sal nooit die korrekte resultaat in 'n meningsopname kry nie want mense is te lief vir hulle Toyotas !).

Ek weet net van twee jong gesinne (kinders van ons familie en vriende) wat oorsee bly/gebly het.  Die een gesin het al Britse burgerskap gekry (hulle dogtertjie is ook daar gebore) en verkies om daar te bly.  Die ander paartjie het na 6 jaar en ook Britse burgerskap (ook 'n dogtertjie wat daar gebore is) sak en pak teruggekeer na Suid-Afrika.  Beide man en vrou het maklik goeie betrekkings gekry, huis gekoop en 'n lekker sleepvoertuig asook 'n boswa aangeskaf.  Hulle is nou al 'n raps meer as 'n jaar terug in Suid-Afrika.  Dis nie juis 'n verteenwoordigende monster van gevalle nie, maar in my beperkte verwysingsraamwerk lyk dit vir my na 'n 50/50% gevoel.

Die ware toets vir antwoorde op RSG se meningsopname-vraag is natuurlik gebaseer op die huidige toestand in Suid-Afrika, veral die afgelope 10 jaar. Antwoorde met dit ingedagte sal altyd so 'n vraag negatief beantwoord.  Mense wat eerder die toekoms van SA meer positief beoordeel (soos ek) mag dalk heel anders die vraag beantwoord.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus