6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -34 minutes ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -1 hour ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -3 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -9 hours ago

Ghoema Toekennings

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek soek geselskap en terwyl my Wildtuin-trippie kort-geknip is, my mede Kampforum vriende nie my Nissan laaik nie (en net soms iets mooi daarvan sê om my beter te laat voel), my stokou Exclusive niks wil makeer waaroor ek raad kan vra nie, rugby en krieket so deurmekaar en onvoorspelbaar is, die verkiesingsdrama vervelig raak, die Zondo kommissie en ander kommissies se onthullings te skokkend is, het ek gewonder of die Ghoema prys-uitdeling vir Afrikaanse musiek nie dalk 'n paar hartsnare sal aanraak nie.

Om te begin en om net almal se gedagtes te verfris, ek is glad nie 'n Steve Hofmeyr fên nie.  Ek gee toe hy is 'n talentvolle persoon, maar ek hou nie van sy uitdagende (uittartende ?) houding en self-aangestelde Afrikaner-rolmodel nie.  Dis my persoonlike opinie.

Ek vind dit egter baie onregverdig dat MultiChoice gedreig het om hulle borgskap aan Ghoemas te onttrek net omdat Hofmeyr deel was van 'n sekere liedjie wat saam met ander sangers benoem is as die beste musiekvideo in Afrikaans.  MultiChoice se verweer is dat Hofmeyr se politieke standpunte stem nie ooreen met dié van MultiChoice nie.  Wat het die verskil van politieke standpunte te make met die benoeming as beste musiekvideo ?  MultiChoice sal baie seerkry as hulle kliënte subskripsies  kanselleer net omdat hulle nie met MultiChoice se politieke standpunte saamstem nie.  Korporatiewe instansies behoort A-polities te wees en all kliënte met verskillende politieke standpunte van diens te wees.

Vir my gaan die argument nie oor pro-Hofmeyr of pr0-Afrrikaner nie, maar wel oor 'n beginsel van afpersing wat onaanvaarbaar is.

Wat sê jy ?

Secunda

Sleep nou

Fri, 19/04/2019 - 07:24

Len net so jy se wat wel ek verskil is ek hou van Steve ja MultiChoise speel vuil 

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Fri, 19/04/2019 - 07:57

En oom Voorrie, sien jy hoe jok hy ook nog boonop. Hy sê dat sy stokou Exclusive niks makeer nie?

Laas wat ek gelees het was die A raam middeldeer gekraak!, Jy Weet!

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 19/04/2019 - 14:52

..............nee wat, hoekom sal ek nou kwaad raak ?  Dis so 'n helse gesukkel om geselskap op die forum te ontlok dat selfs twakpraat verwelkom kan word.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 19/04/2019 - 18:05

Steve is bobaas, en almal wat hom boikot, sal ek ook boikot, more kanselleer ek my DSTV inskrywing, o nee ek kan nie, het dit al baie lankal gedoen😂

twakpraat verwelkom kan word.

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 20/04/2019 - 06:57

Len, ja, ek hou daarvan om gek te skeer, dit bring darem gewoonlik 'n hele reaksie uit, party bietjie warm, en party sien die humor agter dit raak.😂

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Sat, 20/04/2019 - 12:16

Oom Len ek laaik jou Nissan kwaai en so ook laaik ek Steve kwaai.

Daar is dit nou, ek het my sê gesê.

Ek is nogsteeds kwaad vir die Ingelse oor die boere oorlog konsentrasie kampe.

Ek like nie die Spur nie, ek like nie Heins Wikelspies nie, ek like nie Jakaranda radio nie. Ek like nie MTN nie, oeps, ek like nie Toyota nie, oeps, ek like nie DSTV nie, oeps.

Ek like nie krokodille nie.

Ek like nie n Godsdiens draad nie devil

Maar ek laaik om Len en sy Nissan en sy Mercedes smiley

Lekker Pappa Lekker smiley

Wat ek die meeste like, is DIE FORUM van ons.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 20/04/2019 - 13:26

Vang nie of Steve nou n hero is by Johann of nie ?  My dstv sal ek maar liefs aanhou, geniet die sport meer as om in plek daarvan na Steve se gekreun te luister. My geld, my besluit, my keuse.

Dan nou weer neef se ou storie van die bleek gesigte se koopkrag. Ry onlangs van hier na Riebeeck Wes en toe Kaapstad.  Dit is ongelooflik hoe pryk die dstv skottels op ELKE liewe shack, party het selfs 4 en meer skottels op. Dit is soos cellfone vir die massas, n status simbool, en dstv tel ook onder die bekostigbare luukshede vir almal.

So boikot maar, jou kanselasie gaan in my beskye opinie nie veel verrig nie, behalwe om verlangend terug te dink aan die goeie dae toe n opwindinde wedstryd op die kassie te siene was. Gaan koop maar n paar Steve cd's en huil op die stoep as dit gebeur.

Dan dink ek mense moet ophou om van elke bakatel n bohaai te maak en eerder effe onder die radar te operate. We are after all farting against thunder, of hoe.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 20/04/2019 - 17:29

Oom Neef, kan nie met oom saam stem nie, aanhou tot die laaste strooi die kameel se rug breek. DSTV is in n tydperk, van hul moet vinnig hul besigheids model aanpas. Dit niks te doen met die politieke sienswyse hierbo nie, maar ja, dit ook nog n bietjie strooi op die kameel se rug.

Naspers ken van en ontbind en bind soos nog iets met sulke faktore.

Daai skottels wat oom so sien, dit is nie noodwendig DSTV nie en heel moontlik OVHD. OVHD is n gratis sateliet diens wat al die SABC kanale, ETV, paar movie kanale, natuur, musiek, godsdiens, cartoon kanaal en nog meer bevat.

Mens koop n dekodeerder once off by makro game ensovoorts en betaal nooit daarna n maandelike subskripsie nie. Laas was die koste vir n dekodderdertjie so R399. Skottel sit elke jan rap en sy maat vir jou op of n mens vir jouself, dit nie so moeilik nie en die township mense ken van.

Gaan google bietjie OVHD se astronomiese groei in SA.

Het dit self, en destyds vir ons tydelike bediende hare ook geaktiveer per sms om Zim toe te vat. Sy intussen hulp gevra om nog so paar te aktiveer.

0
Waar my wa staan

Arie

Sun, 21/04/2019 - 16:46

Willem presies dieselfde.

Ek het destyds net my DSTV dekodeerder uitgeplug nuwe een ingeplug en daar werk alles.  Nie geraak aan my skottel nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus