Dagsê aan almal,
My Classique se waterpompie het so pas gegroet. Wat beveel julle aan ?. Ek wil nie graag drade verander soos om bv. 'n relay in te sit nie. Help asseblief
Groete
Dankie Len. Die gemors is…
Dankie Len. Die gemors is nou dat ons by die Eiland kamp met yslike walle om die wa om die reenwater weg te voer. Ek het die handelaar in Bloemfontein gebel en sy sê dat die pompie kos R300. Dit klink vir my te goedkoop. Miskien moet ek die kans van en een kry, dalk werk hy. Sal jou laat weet as hy hier aankom.
Ek het ook myne vervang op…
Ek het ook myne vervang op die Exclusive. Daar is soms ook 'n inlyn "non return valve" maak ook seker hy is reg en die klampie is nie te vas nie want dan werk hy nie mooi nie.
Het dit op een van die vorige forums gewys/sê.
Dankie Willem, ek sal…
Dankie Willem, ek sal Maandag DV onder inklim en kyk wat aangaan.
Goeie môre Willie, hoop jy…
Goeie môre Willie, hoop jy het reggekom. Laat ons weet hoe jy gemaak het, sodat ons daaruit kan leer.
Dagsê Leeu, ek het nog nie…
Dagsê Leeu, ek het nog nie gekyk wat aangegaan het nie, maar oor die naweek het my vrou besluit om die pomp te gebruik en hy het 100% gewerk. Ek het besluit om maar in tussen 'n nuwe pomp te koop en hom solank reg te kry inden die huidige finaal groet. Ek gaan 'n Shurflo insit wat deur Hansen aanbeveel word. Hou duim vas dat dit nie nodig sal wees voordat ek by die huis is nie.
Goeie middag Willie, baie…
Goeie middag Willie, baie dankie vir die terugvoer. Gelukkig werk hy nou weer, ons hou duime vas hy hou. As ek mag vra, wat betaal jy vir die Shurflo?
Groete
Nico
Hi Nico, ek sien in…
Hi Nico, ek sien in Hoedspruit is 'n plek, Sustainable Energy Solutions wat hom vir R1190 adverteer. Gaan hulle kontak om te hoor of hulle hom in voorraad het. Sal jou laat weet. Groete Willie
Willem
Man, ek het hom nog glad nie vervang nie. Hy werk, deur die Genade, nog reg. Ek het wel verlede jaar my geiser vervang nadat die vorige een begin lek het. Ek het ook met die verskaffer in Hoedspruit gesels of ek die pomp net so kan insit of moet ek 'n relay ook insit. Sy het gesê dat 'n relay nie nodig is nie, wel een of ander kompressie tenk. Ek ken dit glad nie en daarom het ek gevoel om nie aan te gaan met die pomp nie.
Willie,....
Willie, soos ek dit verstaan word 'n relay ingesit om die krane se mikro-skakelaartjie te beserm om nie te brand nie en dan buite werking te gaan. Dis nooit deur Jurgens self ingesit nie en in 15 jaar het ek nog net een se mikro-skakelaartjie wat uitgebrand het. Koop eerder het spaar mikro-skakelaartjie en hou dit in voorraad sou so 'n probleem opduik - dis redelik maklik om dit te vervang.





Willie...............
...................in my 14 jaar oue Exclusive het my pompie op 8 jarige ouderdom ook die gees gegee. Ek het hom met presies dieselfde pompie vervang (± R600) en hy hardloop na 6 jaar nog steeds soos 'n droom. Myne sit onder die watertenk en net agter die linker wiel. Maak seker jy sit hom regom in - kyk na die pyltjie op die pompie.