6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -4 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -6 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -12 hours ago

WilSur se Karavaan Jacks

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

EK draai nou al lank met die gedagte om die "jacks" permanent vas te sit, nee nog nie.

Maar met Witwillie wat sê hy draai sy Exclusive sin in 'n twist het ek besluit om die inligting met ander Exclusive eienaars te deel.

Ek het die skêr domkrag gekoop vir 2 x doelle, of dald meer,

  • Om die karavaan dward gelyk te maak
  • As ons lank staan dan sit ek die anderkan ook een in vir beter stabilityd
  • Om die karavaan op te lis ag ek dalk 'n papwiel het
  • Sommer ook om die Ford te lig
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 31/01/2018 - 12:43

Met ons nuwe onderstel Exclusive het ek 'n "U" yster teen die raam vas gesit tussen die wiele waar ek die domkrag gebruik.

Hier is die domkrag, te koop by Addendorfs, die 2 ton een.

Donkrag

Kyk na die grafiek, jy kan nie 2 ton van die plat posisie wil lig nie.

Dan kan jy die aluminium "U" yster tussen die wiele sien.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 31/01/2018 - 12:47

Hier is stukkies van my e-pos aan hulle:

Mon 05 Mar 12 21:16

My e-pos:

The reason for this request was as a result that there is NO indicated jacking points on the caravan were to jack it up if there is a flat tyre and you do NOT suggest that the corner steadies can be used for the purpose of lifting the caravan when a flat tyre need to be replaced.

 

Fri 07 Jun 13 07:41

Clive Cox
Development Manager

If & when we redesign the chassis for new projects well consider your input around the jacking system. Unfortunately until that time, we do not have the time or capacity to stop everything & concentrate on your ideas as interesting as they may be.

Besluit self ?

 

Volgens al die handelaars en Jurgens moet jy 'n "bottle jack" gebruik.  Wel ek wil graag sien hoe jy daai domkrag onder my 2011 Exclusive se aste in kry en onder watter as moet ek hom sit ?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 07/05/2019 - 09:08

Ek kom soek hier foto's nou  is hulle weg ?

.
Die Domkrag
.
Die grafiek wys wanneer hy gewig kan vat.
.
Myne se posisie

 .

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 07/05/2019 - 11:22

Dankie Willem, ek onthou hierdie inset en fotos van jou iewers in die verlede.  Clive Cock (spesifiek so gespel) se antwoord aan jou 6 jaar gelede in 2013 is een van die redes hoekom JurgensCi amper in sy moer is  -  die vorige bestuur het nooit na hulle kliënte se verbeteringsvoorstelle geluister nie en het altyd 'n katterige, beterweterige antwoord gehad, indien hulle wel geantwoord het.

Ek het net so 'n domkrag soos jy, maar het nie jou oulik idee om 'n plaat vas te bout op die onderstel waar die domkrag die wa oplig nie  -  ek het 'n ou Exclusive en wil nie graag gate boor in die onderstel nie.  In joune se geval is daar reeds gate beskikbaar.

As ek 'n papwiel met die Exclusive sou kry (in 14 jaar en na 70 500km nog nie een papwiel met die Exclusive gehad nie !), sal ek die wiel wat nie pap is nie op my "geel blok" optrek, die domkrag onder die betrokke as inskuif en dit dan verder oplig.  Het dit reeds getoets en dit werk goed.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 07/05/2019 - 12:01

Ek wil nog altyd myne permanent onder vas sit so iets soos op die foto wat ek gister op afgekom het.

.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 07/05/2019 - 13:39

Len, ek sou ook poog om nooit gate in 'n onderstel boor nie, dit verswak 'n kritieke komponent van enige voertuig. 

en wil nie graag gate boor in die onderstel nie.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 07/05/2019 - 14:38

Johann, ja dit lyk so maar dit is op 'n Elegance en dit is in die plek van die "steady" 

My Exclusive is baie laag daai "beam" van my is 260mm van die grond af en my "bracket tussen die wiele is so 310mm van die grond af.

Ek moet egter nog vir my 'n "bracket" maak wat die basis van die domkrag kan vat om aan vas te bout en teen daai "beam" van die onderstel.

.

0
Middelburg. Mphumala

Pieter Kotze

Mon, 15/07/2019 - 09:23

Ek is so hartseer, ek het so twee weke terug my skêr jack op gevoeter. Ek was by my broer op Kriel vir die naweek met die karavaan en wou die karavaan oplig aan die linkerkant om iets onder die wiel te sit om dit gelyk te laat staan. Die karavaan was nie gehak aan my bakkie nie en die punt waar ek die jack sit om dit op te lig ( Iets soorts gelyk as Wilem sin)  is omtrent 200mm voor die as.

Ek het die jack in gesit en die karavaan begin lig. Die jack was later omtrent heel op sy hoogste en ek kon nie verstaan hoekom lig die wiel nie van die grond nie, my konsentreasie was heeltyd op die wiel wat moet lig. Toe ek ondersoek instel hoekom die wiel nie hoog genoeg lig nie sien ek die neus van die karavaan het heel op gelig. die volgende oomblik gee die jack mee onder die karavaan en strip toe die tande onder op die jack. Geluk het die karavaan nie skade gekry nie, maar nou het ek nie meer n jack nie. Die motor werk nog maar die jack is daarmee heen.

Dalk is hier iemand op die forum wat het jack het en die motor werk nie meer wat ek dalk kan oorneem nie.

Ek is baie ongelukkig met myself.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 15/07/2019 - 10:15

Dis nou jammer Pieter sad.

Ek kyk nou deur 'n Midas pamflet en sien die "Scissor Jack", ek glo as jy so 2 Ton een koop en haal die skroef kop af dan behoort jy joune daar te kan in sit.

Vir voorsorg sal ek die beskadigde een uitmekaar haal en skoon maak en die skroef saam vat om sekercte maak die skroefdraad is die selfde voor jy koop.

.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 15/07/2019 - 14:33

Pieter, jammer oor jou "jack" wat die gees gegee het, maar ek dink 'n wa moet ALTYD onder die as, of minstens een van die aste as daar twee is, opgelig word want dan is daar geen moontlikheid dat die karavaan-struktuur kan koeksister-"twist" nie.  Dis onder andere hoekom 'n wa nooit op een van sy hoeke opgedomkrag moet word.  Hoe verder weg jy van die wa se as is as dit op gedomkrag word, hoe groter gaan jou skade wees.  In Willem se geval domkrag hy wel die onderstel op, maar sy "bracket" is presies in die middel van die twee aste en 'n koeksister-"twist" is nie moontlik nie,

Deur eerder 'n as op te lig, lig die wiel(e) baie gouer van die grond af op en hoef jy nie die spulletjie so hoog op te lig nie

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 15/07/2019 - 16:30

Pieter, jammer oor die skade, dit is nie lekker nie.

Wat my egter bekommer is, wat is die domkrag se "rated" gewig, 'n 2 tonner behoort nie met 'n karavaan te "strip" nie want jy lig mos net een kant op?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 15/07/2019 - 16:56

Johann, ek glo nie hy het ge"strip" nie, maar eerder ge"twist" omdat hy die woonwa net eenkant opgelig het.

Toe ek ondersoek instel hoekom die wiel nie hoog genoeg lig nie sien ek die neus van die karavaan het heel op gelig. die volgende oomblik gee die jack mee onder die karavaan en strip toe die tande onder op die jack

Ek glo dit is die tande onder by die goetstuk. 

0

Hallo Willem, nee ek het hom nog nie uitmekaar gehaal nie. Ek het gister toevallig in Midas na hul jacks gekyk en het gewonder of ek dit nie kan oor bou nie. Ek moet maak soos jy sê en weer gaan kyk.

Dankie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus