6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -1 hour ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -6 hours ago

Ek is baie verbaas !

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Is Kampforum en sy mense werklik in Suid-Afrika ?  Niemand sê 'n woord oor wat in Suid-Afrika die afgelope paar dae afgespeel het nie ! (En ek verwys NIE na die tornado wat 'n plaas wes van Bloemfontein nou die dag getref het NIE).

Niemand kan stry nie, 'n paar baie interessante insidente het afgespeel ! Ou Hlaudi Motsoeneng met sy African Content Movement (van SAUK faam) het natuurlik vir die grootste grap gesorg.  Hy het nog verlede week gesê hy gaan die president van SA word terwyl alle aanduidings is dat sy "party" (met sover 2 300 stemme !) nie eens 'n setel in die parlement sal kry nie - daarvoor benodig hy 35 000 stemme.

Om nie te praat van BLF (Black First ens.) se Andile.... "dinges" nie.   Die arme vent met sy arrogante, rassistiese uitsprake het 'n skamele 8000 stemme gekry en blameer nou almal en alles behalwe homself en sy trawante vir hul hopelose prestasie.

Ten spyte van die blou party se onlangse klomp flaters, is ek baie bly die Weskaap waar ek woon, is nog in blou hande.  Die Auntie Pat en Heken Zille debakels behoort nou tot ruste te kom met die nuwe premier en burgemeester.

Ek is ook dankbaar dat die ANC landwyd min of meer in die middel tussen 50%  en 60% landwyd sal eindig om President Cyril Ramaphosa 'n redelike kans te gee om te doen wat hy moet.  Te naby aan 60% sal die Magashule-clan die kans gee om te sê die ANC is nie eintlik deur die kiesers gestraf nie en te naby aan 50% sal weer tot gevolg hê dat hulle sal sê die President nie juis hoog aangeslaan word in die ANC nie.  Mooi so, in die middel Cyril !

Terwyl ek hier tik sien ek die ANC se steun in Gauteng het gedaal na 49% en as dit daar bly of nog laer daal, gaan hulle beslis 'n koalisie vorm met een van die kleiner partye en ek glo en hoop NIE dit sal die EFF wees NIE.

Wat almal verbaas het, is die Vryheidsfront Plus se opkomende (hoewel nog baie min) se prestasie.  Ek raai dat die President gaan Pieter Groenewald in sy nuwe kabinet insluit, veral om die landbou gemeenskap te omarm.  Ek glo ook die wysiging van die Gronwet oor die grond-kwessie gaan nou 'n stille dood sterf.

Wat sê julle ?

Vaalpark

Johann L

Mon, 13/05/2019 - 14:04

Ek wil ook graag soos Len die uitslag sien, nl dat korupsie op massa skaal iets van die verlede is en dat die buitelandse beleggers nou meer hier gaan kom belê.  Verder, glo ek ook dat die anc sien wat in Zimabwe gebeur, en ook dat Namibia 'n sukses resep het, streef daarna om versoening te bewerkstellig. Met versoening kom sukses makliker.

Die EFF gaan nou sekerlik harder gil, maar daar teen oor kan die VF+ ook nou harder druk.

Was there at 07:00... It opened at 07:30... no surprises....

Phoned my son

Voting open but it's colder that a frigadaire, bring the crutches.. (everyone with crutches was being taken to the front)....

Got in, all went smooth until I found out I'd left my bloody glasses at home....

So, the long and short of it is I haven't got a cooking clue who I voted for........

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 14/05/2019 - 09:37

..................ons in Brackenfell het die proses soos ek daarna gekyk het, seepglad verloop ten spyte van die dag se reën.  Lang toue met gemoedelike, vriendelike mense wat lekker gesels het terwyl die toue beweeg.

Ek het my annerhelfte met haar onlangse rugoperasie vlakvoor die tent se ingang afgelaai waar 'n vriendelike OVK-dame haar kom haal het, deur die stemproses geneem het tot weer terug by my motor.  Puik is my opinie !

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 21/06/2019 - 20:35

Ek is nog steeds verbaas  -  weer eens geen gesels oor wat vir Suid-Afrika voorlê nie na die presidente se tweede staatsrede. Praat julle ouens nie om 'n kampvuur oor hierdie dinge nie ?

Hier is 'n paar van my gedagtes. (Hou net ingedagte dat ek voorheen gesê het ek hou eerder van 'n glas half vol as half leeg) :-

  • Nogal teleurgesteld in Pres. Ramaphosa se "state of the nation address"
  • Te veel herhaalde doelwitte wat almal reeds weet, ekonomiese groei, werkskepping, opleiding en mediese sorg.  Trouens, dit was deel van al die politieke partye se verkiesings manifeste
  • Geen werklike, praktiese aksiestappe om hierby uit te kom nie
  • Geen woord oor hoe Eskom in drie kleiner eenhede verdeel gaan word nie
  • Geen woord oor die aksies om SAL, SAUK en ander staatsondernemings reg te ruk nie
  • CR se droom oor die bou van 'n nuwe stad was na my mening, uit pas met die dringendheid van regruk-stappe wat nou gedoen moet word
  • Opmerklik was vir my dat Pieter Groenewald, wat normaalweg baie beheersd, kalm en korrek optree, ook sy "cool" kan verloor. In 'n televisie onderhoud vra 'n e-News verslagewer sy kommentaar oor Zindzi Mandela se rassistiese tweets.  Hy gee sy kommentaar en toe hy gevra word en wat van Steve Hofmeyr se rassistiese tweets in reaksie daarop, beweer hy hy dra nie kennis daarvan nie.  Die verslaggewer druk hom toe dat dit ook tweets was, hoe kan hy van een persoon se tweets weet en nie van 'n ander s'n nie, reageer hy heftig jy sal nie vir my sê hoe ek my werk moet doen nie en hoeveel tyd ek aan tweets moet spandeer nie.  Hy moes eerder soos Dian Kholer-Barnard van die DA 'n grap van die vraag gemaak het : "Hofmeyr, o, whos he  -  is that the guy from Orania ?"
  • Mmusi Maimane en Pieter Groenewald het toevallig dieselfde reaksie gehad op 'n vraag oor CR se droom van 'n nuwe stad, naamlik as CR wakker word van dié droom, sal hy besef hy is midde in 'n groot nagmerrie !
  • Wat die Reserwabank se maandaat betref, lyk dit of CR sy sin gekry het.

Klink nogal negatief, maar miskien verras CR ons in die volgende klompie maande

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 21/06/2019 - 21:39

Wel, hier was dit vasgenael voor die kassie om te luister. 

Self voel ek rustiger as n ruk gelede. Gehou van die grond kwessie, waar hy noem van grond in staats besit vir ontwikkeling. En amper in dieselfde sin die belangrikheid van komersieële boere en voedselsekerheid. 

Eskom is n nasionale probleem, om dit reg te ruk is nie net n paar besluite en skuiwe, en tadaa nie, die is n baie komplekse gemors waarin ons is. Hopelik sal daar bekwame persone wees om rigting te beplan. 

Hoekom nie n stad beplan nie, dit is hoog tyd dat die "heersers" hulle merk maak, dan sal die alewige verwysing na apartheid hopelik minder raak. Sit Suid Afrika op die voorgrond, ons het die kundigheid. Hoekom nie n sneltrein vanaf die Rand na Kaapstad nie, dit kan ook bydra tot nasietrots, en gaan beslis nie wit Olifant wees nie. Dit is tyd dat beplanning gebeur vir die toekoms, hoog tyd se ek.

Koop Suid Afrikaans, sy pak klere is van hier. Wil weer die tekstielbedryf ophef, ek stem ook dat toegevoegde waarde by ons grondstof moet kom.  Minder rompslomp om besigheid te bedryf, ons toekoms is in "self employment" en klein besigheid, ek moet saamstem.

Toe hy se dat 57 miljoen in 1994 besluit het om n nuwe Suid Afrika te bou, het hy na die hele bevolking verwys. Is dit dalk n gemik op die wat verwys n white monopoly capital ? Ook gehou van die manier wat hy die vloer beheer het, sy lyftaal het die wat wou raas gou op hul plek gesit.

Nou, as ek nie n bietjie optimisties raak nie, dan moet ek maar n hoë brug gaan soek en myself verlos van die probleme. Onthou Pres Ramaphosa moet regtig n baie fyn lyn stap met die probleme in die ANC, en om te veel golwe te vinnig te maak gaan die hele skip kelder. En sou dit gebeur, is ons land in n helse gemors.

Lekker braai.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 22/06/2019 - 09:20

................dankie, jy laat my sommer beter voel !

Bou van 'n nuwe stad verbind met nuwe sneltreine :-

Jy klink netso opgewonde soos Auntie Pat, die nuwe minister van Repairs en Instandhouding. 'n Probleem met so 'n nuwe stad is om die tenderbedrae in toom te hou  - ons het mos ondervinding wat met die bou van Kusile en Madupi gebeur het, om nie te praat van Transnet en Prasa se koop van lokomotiewe nie (terwyl ons Prez nou praat van hierdie blitsttreine na die nuwe stad !)

Ons het eintlik geen ander keuse nie, ons moet die Monatic-pakklere-man 'n kans gee.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus