Ek het besluit dis tyd vir hak agter op wa om weer sleepwa saam te vat. Voor ons nou gaan en se dit is onewettig onthou dit is en ek is binne al die wettige lyne. hier is my voordele en nadele
Nadele
Sukkel om parkering te kry as jy in dorp stop.(my wa en Bakkie reeds te lank so nie regtig groot problem)
Sukkel om agteruit te stoot. met kamera agterop wel moontlik van net bietjie ofening
Voordele
My wa is leeg binne behalwe vir klere en kos in yskas en koskaste
Al die tente en pale in sleepwa
Kinders se matrasse en strechers en alles in sleepwa
exstra vrieskas in sleepwa
as ek af getrek word by weeg brug is my gewig versprei tussen dre goed
my karavaan is reg vir oorslaap. Kan ek net jacks afdraai en inklim en slap.
by kamp het ek bereplek vir alles wat ek will toe maak in aand
Ek het al baie jare so gesleep papwiel gehad op sleepwa en selfs n swaai op getel.
As jy dit kan doen dan is…
As jy dit kan doen dan is dit goed. Ek hou nie van die sleepwa agter die karavaan nie.
Ons kamp maar primitief. Vat nie baie ekstras saam nie. Tente en kos pak ek agter in die voertuig. Voertuig kan iets soos 900 kg vrag dra passasiers ingesluit.
Daar kom niks op my bed nie in die karavaan nie. By oornag plek is dit net pote sak en krag op koppel. Bed bly op gemaak.
Al wat in die karavaan kom is my 2 stoele en klere.
Dusty as dit net ek en mandy…
Dusty as dit net ek en mandy is dan werk dit so maar saam die kinders is daar groot pakasie wat kom soos matrasse 2 exstra tente en stoele en grondeile. glo my die kinders maak 2 keer soveel goed om saam te gaan. by huis bly als ook gepak en skoon.
Ski, ...........
Ski, jou vraag in die opskrif van die draad :
Ek sal dit nooit doen nie vanweë die nadele wat jy self noem en omdat ek ongemaklik sal voel (minder in beheer) met twee sleepgoed agter my sleepvoertuig. Soos Dusty hierbo doen, kom ek ook reg - absoluut niks in die karavaan nie en alle losgoed agterin die Pathfinder of in die Exclusive se storthokkie. Ons reis lang afstande en slaap dikwels oor en daarom is dit belangrik dat die karavaan enige tyd daarvoor gereed is.
Destyds toe ons drie kinders nog in die huis was, moes ons iewat anders reis met die tent onder die dubbelbed en die los vrieskas in die karavaan, maar ons het tog reggekom.
As julle meestal korter afstande reis, behoort pakplek van losgoed binne-in die karavaan nie 'n groot probleem te wees nie, al hou 'n mens nie daarvan nie - dis tog net tot die kinders uit die huis uit is.
Ski, ek kritiseer nie, ek het net jou vraag in die opskrif hierbo opreg probeer beantwoord.
Len ek verstaan wat jy se…
Len ek verstaan wat jy se. Ek het baie jare so gesleep en die voordele en nadele ken ek goed. Mens moet maar versigtig wees maar het nog nooit gesukkel nie. Swaai wat ek gehad het was van verkeerd pak.
So paar van my kombinasies
Toyota Avanti- sport-venter
skyline- fleetline- venter
skyline- esprit-venter
sierra XR6- sunway 5m boot
Siera XR6 sunway-venter
Coureier 3l-sunway-venter
Coureier 3l-sunway-4.5 Rubber Duck
Coureier 3l-Sprite Suprene-4.5m Rubber Duck
V6 Kombi-Sprite Suprene-4.5m Rubber Duck
Venture-gypsey-4.5m Rubber Duck
Venture-4.5m Rubber Duck-venter
Condor 2400-F1 resiesboot-4.5 Rubber duck
Mahindra DC-18vt Sensation 1800LS- venter
XUV500-Avion-venter
S10 DC 4x4-Avion-venter
Ek het dit ook al oorweeg…
Ek het dit ook al oorweeg vir die Desember kampe maar nog nooit daar uitgekom nie.
Nou met Wijan se Multi-Room is dit nog iets. Ek slaan net die vol tent se dak op die kante gaan nie eers saam nie.
Tandem towing

4 mountain passes, including Naudes nek & Joubert's pass
Sitnievasnie towing Wieweetwa and beetlebootlebumtrinket (from gerrald Durrel's birds beasts & other family) behind, with the boat motor on the bull-bar
If you know what your'e doing, that you pack the trailer first, hook it, pack the van to get 100Kg nose weight, that your entire rig is horisontal / each element slightly nose down, and drive accordingly...
It's a breeze
Note the conduit sticking out either side from the boat, that's so that I could watch the action of the boat & also by the angle, if I had a tyre problem.... Redneck rearview mirror.
Principal of a freight train.... For the most part, once you have the momentum, the momentum pushes you and all your tug is doing is maintaining momentum, It's always easier on the tug to "tow" weight rather to "carry" weight.
Familarise yourself with: - Draw weight / nose weight / CVM = Combined vehicle mass,
Ensure you have a tug that's man for the job....
It's a jolly good way of getting round the caravan overload problem, that's prevalent because Jurgens underspec the TARRE mass... (ie they dont include the tent / crockery / on board water / gas bottles / battery / rally awning / have an allowance for clothing / and groceries..... But that's another discussion.........
HERE IS THE RIG FROM THE FRONT, SEE WHERE I PUT THE BOAT MOTOR TO ALLEVIATE A CHUNK OF WEIGHT RIGHT AT THE BACK

JOUBERTS---- NET OM TE WYS EK LIEG NIE.... The other passes where Moordenaars nek and Majuba

Warren it makes camping les…
Warren it makes camping les cluttered. My kamp gewoonlik op geslaan voor ek die wa se deur oopsluit
What's also a bargain
Is that if you pitch up in the rain / very late at night it's not a question of that you HAVE to put up camp to just be able to get into your van.
This goes way back to my Sordwana / St Lucia days when we towed rubber ducks behind vans I really don't have a cooking clue why there is so much resistance to it.
Just one thing............. When you get to the campsite WALK IT FIRST !
Otherwise you're probibly going to make an ass of yourself ![]()
Of jy nou een of twee goed…
Of jy nou een of twee goed sleep, die beginsel bly mos maar dieselfde? ek het ook al baie tandem gesleep, en die enigste probleem wat ek gehad het was om erens by 'n winkel kompleks of in die straat te parkeer waneer mens kos wou koop.
Mens het 'n redelike groot oop parkeer plek nodig, verder is dit maar net soos solo ry, konsentreer en wees bedag op die onvoorsiene.
Ek het selfs my wa en boot…
Ek het selfs my wa en boot saam reverse want kon hom sien agter die wa
Ski as jy kan
As jy gemaklik is jou sleep trein is wettig dan laat loop ek nog nooit nodig gehad nie maar al ouens gesien karavaan en boot so sleep as n combo
Nee, kyk, ek is daarvoor te…
Nee, kyk, ek is daarvoor te veel van 'n bang gat, al sou ek ook graag eerder my pakasie in 'n sleepwaentjie wou bêre / saam sleep.
Ek het ook nie veel vertroue…
Ek het ook nie veel vertroue om tandem te trek nie. Dis daarom verkies ek n bakkie as n sleepvoertuig , baie pakplek agter die bakkie.
Fortune favours the....?
Geldgatte!
Hierdie storietjie het nie as sulks iets te doen met die voor- en nadele van meer as een sleepsel agter 'n sleepvoertuig nie. Of het dit?
So 'n klompie jare gelede ry ek tussen Beaufort Wes en Oudtshoorn (Odn), rigting Odn. Doer voor sien ek 'n stoet die bultjie afkom, maar op daardie stadium kon ek nog nie uitmaak wat dit alles behels het nie. Al wat ek kon uitmaak is 'n Land Rover Defender en 'n karavaan. Toe dié stoet so halfpad die afdraende af is begin dit skielik "slangetjie". En dit raak al hoe erger. Dit sweepslag so erg dat ek kan uitmaak dat die agterste sleepding 'n redelike groot boot is. En toe " jack knife" die lot en dis chaos! Die Defender foeter om en volgende die karavaan. Die spul skuur tot dit naderhand van die teer af op die skouer van die pad in 'n groot stofwolk tot stilstand kom. Ek stop en hardloop na waar die Defender op sy dak lê - platgedruk. En ek weet hier kan niemand lewendig uitkom nie. Ek roep en die volgende oomblik hoor ek 'n stem binne wat vra "Are you ok, lovey?" En 'n vrouestem antwoord, maar ek kan nie mooi uitmaak wat sy së nie.
Die skade is van so 'n aard dat ek nie 'n idee het van hoe om hulle daaruit te kry nie. Nog motors stop en ek vra iemand om hulp te ontbied. 3 swart mans in 'n ou Opel stop en kom kyk. Die een hardloop terug motor toe en kom terug met 'n crow bar (Jammer, ek kan nie nou aan die Afrikaans daarvoor dink nie). Hulle forseer die linkerdeur oop en help die vrou uit. Met redelike gesukkel volgende die man. Twee jong mense. Die vrou is histeries (verstaanbaar) maar behalwe vir erge kneusing makeer sy op die oog af niks. Die man natuurlik net so gekneus en het 'n sny op sy voorkop wat erg bloei.
Ons maak hulle so gemaklik as moontlik in my motor terwyl ons vir nooddienste wag. Ek stap teug om die skade verder te besigtig. Die Defender is 'n wrak. So is die karavaan. En die boot staan op sy wiele!
Die man vertel hulle is van Jhb. Hulle het saam met sy ouers vakansie gehou en was op pad terug huistoe. Sy ouers het vooruitgery en sou vir hulle op Beaufort Wes wag. Hy het hulle intussen reeds gebel en nie lank later nie toe stop hulle daar - in een moerse Italiaanse sportmotor.
Blyk toe dat hulle skatryk sakemense is. Hulle het die boot gekoop net voor hulle met vakansie is en in hul haastigheid nagelaat om dit te verseker! Landie afgeskryf, karavaan afgeskryf. Boot makeer niks.
Twee dinge wat ek daar wysgeraak het:
- Fortune favours the geldgatte en
- SOU daar met so 'n trein soos daardie foutgaan .....
Afdraande is 'n pes as jy…
Afdraande is 'n pes as jy nie kophou en dit stadig vat nie. Ek is nou nog versigtig teen 'n bult af.
Ongeluke gebeer met sleepwa…
Ongeluke gebeer met sleepwa of sonder selfs sonder karavaan.
Net my persoonlike opinie, …
Net my persoonlike opinie, hoe groter (langer - treintjie) die kombinasie, hoe groter die risiko, maar, jy kan 'n dwaas agter 'n kruiwa sit, en hy sal dit om gooi.
Ek verkies ook nie om tandem…
Ek verkies ook nie om tandem te sleep nie. Ek dink hoe meer mens dit doen, hoe vaardiger raak jy. Ek glo wat jy nie inkry in die motor nie, gaan nie saam nie. Ons omstandighede is ietwat anders omdat ons net twee is wat kamp. Mens kan regtig met minder klaarkom.





Solank jy met 'n Ford sleep…
Solank jy met 'n Ford sleep geen probleem nie!