Hier gaan niks aan op die forum nie. Dankie aan die paar wat probeer om gesels aan te wakker, maar ek is bevrees dit werk nie. Die aanbeveling dat gesprekke kampverwant moet wees werk ook nie - bitter min reaksie.
Ek was onder die indruk 'n geselsforum het dit ten doel om in 'n groot vriendekring sonder geografiese grense oor en weer te gesels oor 'n gemeenskalike belangstelling deur middel van sosiale media wat tot ons beskikking is. Maar dis uiters frustrerend om in die wind te praat en net 'n paar getroues reageer hoflikheidshalwe.
Dit lyk vir my mense verkies eerder FB, Twitter en WhatsApp-groepe om net kort sinnetjies nou en dan te sê en nie lekker detail gekletsery nie, soos wat 'n mens persoon tot persoon sou doen.
Ek weet nie, ek gee moed op en is moeg geprobeer.
17/06/2019
Dis 06H06 en raai wat ek is aleen oppie forum more almal kom kom gesels saam![]()
Terwyl die Land cruisers so…
Terwyl die Land cruisers so populer is op breakvisgesels, nog n ding op die plaaswerf. Von se ek moet maar n scrapyard begin.

Daai is darem nou 'n…
Daai is darem nou 'n klassieke Cruiser. Eendag lank. lank gelede met so 'n ou van Pretoria na Upington gery. Gevoel ek gaan nooit daar kom nie, veral op die stuk tussen Oifantshoek en Upington.......
--------------------------------
Ek sien ons (Kampforum) ploeter maar voort op die ou trant, niemand is lus vir gesels nie.
Miskien moet ons vir Voorie vra om 'n paar "bugs" op die forum te laai want dan sal jy 'n oplewing sien ! Ons hou mos daarvan om te kla, veral as iets wat moet werk, nie werk nie - soos in die ou WegSleepforum-dae.
Ek hoop ook oom Len voel…
Ek hoop ook oom Len voel beter vandag - ek dink hy het 'n goeie kamp nodig? ![]()
Len is reg, hier gaan minder…
Len is reg, hier gaan minder as niks aan nie, as ek nie hier was nie dan was daar net twee hier en ek dink altwee slaap.
Hulle is mos al op daai ouderdom van middag slapie?
.
Nou waar kom julle daaraan dat ek nie lekker voel nie ? - ek is perdfris.
Om siek te wees en teleurgesteld te wees is twee hemelsbreë verskillende dinge. Ek vermoed ek sal verheug wees as Kampforum-mense eendag my lyf van my kopaf gesels. Maar dit sal seker nie sommer gebeur nie.
Middag slapie? Dis nou 'n…
Middag slapie? Dis nou 'n goeie plan! ![]()
Len gebruik jy Salusa 75?
Daai Salusa 75 is baie…
Daai Salusa 75 is baie sterker as die ou Salusa 45!
Die nuwe een moet jy vinnig sluk anders kry jy ń stywe nek!
Len is reg oor die dooie…
Len is reg oor die dooie forum.
Mens krap kop om iets te skryf maar daar is omtrent geen of niks reaksie nie?
Ek mis regtig die daë wat…
Ek mis regtig die daë wat ons lekker en vurig kon skerts.
Die groot geeste van destyds Footloose Slinnekip en sy talle aliase Brakkies, ag so was daar talle.
Jy kon nie waag om tien minute weg te gaan nie want dan moes jy ipvang met ten minste 15 nuwe postings.
Sit ek nou en dink dalk sal …
Sit ek nou en dink dalk sal ń lekker konpetisie help. Toe onthou ek van n foto komp wat al n jaar aan die gang is. Sal sluit as daar 20 inskeywings is. Kan jy glo in n jaar nie eers n paar inskrywings nie?
Sien maar swaar dage vorentoe!
Arie dalk moet jy maar 'n…
Arie dalk moet jy maar 'n draad oor onderbroeke begin?
Dit en hangballe dra ek geen…
Dit en hangballe dra ek geen kennis van!





Ek het self al baie sterk…
Ek het self al baie sterk oor 'n saak gevoel, selfs ernstig redeneer om my standpunt oor te dwing, net om met tyd agter te kom, die ander persoon se redenasie hou tog meer water as my eie "wysheid"