Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Caramel sous? Braai met 'n Weber neef Herman -1 minute ago
Fanie se Hilux Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -21 minutes ago
Welkom Welkom Voortrekker -45 minutes ago
Brood in Weber Braai met 'n Weber Geert -1 hour ago
Julle maak 'n man lekker… Kuier maaltyd Voortrekker -1 hour ago
Roerbraai Kuier maaltyd Rona du Plessis -1 hour ago

Hier gaan niks aan nie ....

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Hier gaan niks aan op die forum nie.  Dankie aan die paar wat probeer om gesels aan te wakker, maar ek is bevrees dit werk nie. Die aanbeveling dat gesprekke kampverwant moet wees werk ook nie  -  bitter min reaksie.

Ek was onder die indruk 'n geselsforum het dit ten doel om in 'n groot vriendekring sonder geografiese grense oor en weer te gesels oor 'n gemeenskalike belangstelling deur middel van sosiale media wat tot ons beskikking is. Maar dis uiters frustrerend om in die wind te praat en net 'n paar getroues reageer hoflikheidshalwe.

Dit lyk vir my mense verkies eerder FB, Twitter en WhatsApp-groepe om net kort sinnetjies nou en dan te sê en nie lekker detail gekletsery nie, soos wat 'n mens persoon tot persoon sou doen.

Ek weet nie, ek gee moed op en is moeg geprobeer.

Vaalpark

Johann L

Sat, 08/06/2019 - 07:48

Ek het self al baie sterk oor 'n saak gevoel, selfs ernstig redeneer om my standpunt oor te dwing, net om met tyd agter te kom, die ander persoon se redenasie hou tog meer water as my eie "wysheid" 

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 17/06/2019 - 06:07

Dis 06H06 en raai wat ek is aleen oppie forum more almal kom kom gesels saamwink

0

Daai is darem nou 'n klassieke Cruiser. Eendag lank. lank gelede met so 'n ou van Pretoria na Upington gery. Gevoel ek gaan nooit daar kom nie, veral op die stuk tussen Oifantshoek en Upington.......

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 20/06/2019 - 09:15

Ek sien ons (Kampforum) ploeter maar voort op die ou trant, niemand is lus vir gesels nie.

Miskien moet ons vir Voorie vra om 'n paar "bugs" op die forum te laai want dan sal jy 'n oplewing sien !  Ons hou mos daarvan om te kla, veral as iets wat moet werk, nie werk nie  -  soos in die ou WegSleepforum-dae.

0

Ek het even n faait gesoek op FB met Willem se advertensie ekskapade, maar nee, nie eers daar n lekker een opgetel nie, net n afjak van die stoute tannie se wederhelfte.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 22/06/2019 - 18:40

Ek gaan maar ook nou die aftog blaas  -  sien dis net Voorie en Willem wat nog aanlyn is, maar selfs hulle is doodstil.

0
Waar my wa staan

Arie

Sun, 23/06/2019 - 13:08

Len is reg, hier gaan minder as niks aan nie, as ek nie hier was nie dan was daar net twee hier en ek dink altwee slaap.

Hulle is mos al op daai ouderdom van middag slapie?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 23/06/2019 - 13:37

Nou waar kom julle daaraan dat ek nie lekker voel nie ?  -  ek is perdfris.

Om siek te wees en teleurgesteld te wees is twee hemelsbreë verskillende dinge. Ek vermoed ek sal verheug wees as Kampforum-mense eendag my lyf van my kopaf gesels.  Maar dit sal seker nie sommer gebeur nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 23/06/2019 - 17:46

Ken dit nie.  Wat's dit ?  Wat maak 'n mens daarmee ?

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 24/06/2019 - 15:16

Ek mis regtig die daë wat ons lekker en vurig kon skerts.

Die groot geeste van destyds Footloose Slinnekip en sy talle aliase Brakkies, ag so was daar talle.

Jy kon nie waag om tien minute weg te gaan nie want dan moes jy ipvang met ten minste 15  nuwe postings.

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 24/06/2019 - 15:20

Sit ek nou en dink dalk sal  ń lekker konpetisie help. Toe onthou ek van n foto komp wat al n jaar aan die gang is. Sal sluit as daar 20 inskeywings is. Kan jy glo in n jaar nie eers n paar inskrywings nie?

Sien maar swaar dage vorentoe!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus