Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -1 minute ago
Nuwe restaurante in Kruger Kruger 2026 Geert -39 minutes ago
Geert se blou duimpies is… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Johann L Dinokeng Camp and Leisure… Geert -2 hours ago
Wessel, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -2 hours ago
Dinokeng kampe.... Dinokeng Camp and Leisure… Wessel Strydom -3 hours ago

Karavaan binne ligte

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Ek het gesoek, maar kon nie 'n draad kry wat te doen het met karavaan binne lig, verandering / byvoeging nie, so, toe begin ek maar my eie.

By die voorste kop kas het ek twee led "warm white - down lights" ingebou, vir wanneer ons binne wil sit en lees, by ons dubbel bed, het ek twee geel led "down lights" in gesit. 

My vrou het gekla dat die "warm white" te sterk is, en "cool white" is nog skerper.

Penta lig
So lyk die dubbel bed se geel liggies 
Penta lig
Ek het twee asfonderlike skakelaars in gebou
Dit is druk skakellaars, en vertoon mooi,  alles is "flash mounted"

 

Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 17/07/2019 - 22:46

Ek het seker 10 binne ligte in Froggy.

Moet my nie vra hoekom nie, want ek kan dit nie antwoord nie. 

Ek vervang ook deesdae alles met 12V LED ligte, het maar begin met 12V buisliggies.

Daar is nog paar 12v buisligte en en ook nog 2 x 220V buisligte.

 

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 18/07/2019 - 07:07

Harry, by die sjinese winkels bv, Home and Toys" kry jy 12 volt LED buis ligte van verskillende lentes, en spot goedkoop. Jy kan ook kies tussen "defused" of helder, ek verkies "defused". Ek het 'n 150mm LED buis met 'n skakelaar reeds in, vir R15.00 gekry.

Len, die "warm white" is baie sagter op die oog as die "cool white", jy kan dit gerus probeer en kyk of dit vir julle gaan werk. In ons huis, verkies ek die cool white,  maar in die karavaan, verkies ek ligte wat minder muskiete trek.

0
Pretoria

leeu

Thu, 18/07/2019 - 08:35

Goeie môre julle,

Dit lyk alles baie mooi, maar ek sal nie ligte in my kaste sit nie, want dis nog iets wat kan fout gaan. Ek wil nie sukkel met liggies wat nie werk nie, hopenlik hou hulle darem lank, maar dis net my opinie.

0
Pretoria

leeu

Thu, 18/07/2019 - 09:22

Hi Johann, by my huis het een van die transformers gebreek, want ek is seker dis omdat die 220V nie stabiel is nie, dis nou wel R100 gewees, maar vat tyd om uit te kom om te koop, ek is nogal besig deur die dag.

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 18/07/2019 - 09:32

Leeu, is jou huis se ligte 12 v, of 220volt?

Rede waarom ek vra is, destyds toe ons die kombuis oor gedoen het, het ek 12 volt down ligte in gesit, en ook gevind dat dit nie hou nie. Intussen het ek, soos dit gegroet het al almal met 220 volt vervang, by Century Electric in Vereeniging het ek LED down lights gekry met 'n jaar waarborg op, toe koop ek 'n boks van 40,  sit nog steed met die "ekstras" die wat ek in gesit het, hou steeds na amper 5 jaar.

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 18/07/2019 - 09:42

So lyk die kombuis se LED's

LED
Kyk of jy nog van maak kan kry,   dit benodig nie "drivers" nie
Led
So vertoon dit in die plafon, ek het 25 in die komhuis,  miskien te veel, maar dit "moes eweredig geplaas" word.
Keds
Ek en my vrou het in 'n mate "OCD"

 

0
Pretoria

leeu

Thu, 18/07/2019 - 19:07

Goeie naand Johann, dit lyk baie mooi daar by julle. 

Ek het LED liggies gekoop vir onder my kaste in die een kant van my kombuis omdat die "down lights" te swak is in die algemeen. My "down lights" in my kombuis is nie die probleem nie, hulle is almal 220V.

Die liggies onder die kaste is die probleem. Hulle werk vanaf 'n transformer na 12V. Kom ons kyk maar hoe lank hou die nuwe een. Dis hoekom ek glo dat 'n kombuis 'n buislig moet hê, miskien ouderwets maar dit werk nog die beste.

Lekker aand verder

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 18/07/2019 - 20:11

Naand Leeu, kan jy dalk 'n foto van die down light plaas, ek is nuuskurig om te sien wat se soort jy gebruik?

Ek het vir my van daai 12 volt stroke onder die kaste geplak, en hulle werk nou al jare vanaf transfotmators sonder enige probleme, (24/7) die idee was om snags te kan sien, sonder om hoof ligte aan te sit. (Ek eet elke nag 'n midnight snack). 

Die blou ligte in die Penta se kas, lyk baie donkerder as wat dit is, die foon se foto is nie baie goed nie. Dit is sulke vierkantige blokkies met 4 x .5 watt led's in elke blokkie.

Willem, dit is PVC gloss plafonne, nooit weer verf nie.😀 

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Fri, 19/07/2019 - 04:33

Die prys van daai LED ligte wat jy van praat is baie goedkoop.

Ek koop ook my meeste elektriese goed by Century Electric in V-Town.

Ek het baie jare terug, met die groot loadshedding, n 12V battery sisteem ingesit, by my huis, met LED ligte, so 14 van hulle. Omgelukkig het van die LED binne in elk buis begin flikker. Dit is darem nie erg nie en hulle gooi nog mooi lig in nood. Dit irreteer net baie. Met my groot generator gebruik ek hulle net as ek generator laat rus tussen 12 die aan en 6 die oggend. Bure moet ook slaap kry smiley

Ek begin ook al my ligte in die huis vervang met LED gloeilampe of lang buisligte. Dit is darem maar n helder lig, veral in my kantoor kan jy dit duidelik agterkom.

 

0
Pretoria

leeu

Fri, 19/07/2019 - 09:32

Hi Johann, ek sal bietjie fotos plaas, maar is ook 12V strook ligte.

Die LED strook het aan die een kant begin flikker, soos Harry sin, toe neem ek die lesing van die uitset op die transformer aan die een kant, toe wys dit 8V. Die ander kant wat nog reg werk het 13V uitgesit. Ek moet seker nie kla nie, solank ek net een keer 'n jaar hoef te vervang is dit teen R100 nie te sleg nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 19/07/2019 - 13:52

Ek het ook die Exclusive se badkamerlig vervang met 'n klompie 12V LED liggies op 'n plaat.  Van hierdie liggies het begin flikker en ek het die paar wat flikker, met 'n tang stukkend geknip.  Die res brand nog pragtig !

0
Pretoria

leeu

Sun, 21/07/2019 - 20:58

Hallo Johann, aangeheg vind die LED strook liggies wat ek in die kombuis ingesit het onder die kaste, sodat daar genoeg lig op die werksblaaie is. Hoop jy kan goed sien.

0
Centurion

Dusty

Mon, 22/07/2019 - 05:18

goedkoop China liggies wat hie vir jy hou nie

Willem met daai liggies koppel jy net 'n 5 ohm weerstand saam in die kraglyn en die liggies hou baie langer

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 22/07/2019 - 07:43

More Leeu, ek sien dit van daai wat op so din metaal strook is, ken dit, maar as dieselfde as wat in LED buis ligte voorkom.

Die wat ek gebruik het, is 'n sagte gedoente en kom op 'n rol, ek sal later vandag 'n foto hier op laai van so stukkie wat oor gebly het.

0

Murpies law!!! Voor ek die karavaan invat laas Dinsdag om gelig te word werk die 12 volt bnne en buite ligte all of a sudden nie meer nie!!

Hoe dan nou, nog gewerk toe ek hom gestoor het na ons laaste kamp in Weesgerus.

Enige idee wat fout kan wees??

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 22/07/2019 - 08:21

Frik, kyk of daar nie 'n sekering (fuse) geblaas het nie, ek het paar keer moes vervang met die in bou van die liggies. Hoop jy kom reg.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus