Is nou besig om karavaan reg te kry vir baie lank kamp. Soos in permanent.
Vra graag vir voorstelle en idees. Wil my kombuis na buite skuif. Het reeds die hele binne eenheid uitgehaal, behalwe die boonste kassies.
Wil graag 'n opwasbak ook inwerk as dit moonlik is, en dis nou waar die grysstof vassteek. Glo nie in / uitskuif sal werk met waterpype aan nie. Iets wat vorentoe afslaan kan dalk werk. Of, onder langs die deur is daar spasie, laer as die oopslaan flap, waar jy dalk die bak met pype kan stoor, as jy'n nou een kan kry, en dan kan optel en haak aan "slider" wat uitskuif.
Julle weet spasie is beperk so 1.0m hoog, 1.3m wyd en .5m diep. Hierin moet pas mikrogolf ( konveksie met grill), induksie plaat,ysmasjien,waterkoeler(filter water), koffiemaker, "slowcooker", voedselverwerker, klein kruierakkie, eetgerei vir 6 persone en bietjie spasie vir kruideniersware . Het reeds groot 400l LG yskas ingebou (eet byna geen vooraf vervaardigde kosse nie - maar dit is 'n ander lang storie.).
Enige ander idees en of voorstelle?
Stefan
Geen idees nie, maar sien…
Geen idees nie, maar sien uit daarna om die proses te volg en die eindproduk te sien.
Spoggerige kombuis
Stefan, daai kombuis gaan alles inhê waarvan 'n vrou kan droom. Ek hoop alles pas in sodat dit gerieflik werk. Wys ons hoe dit lyk as julle klaar is.
Buitekombuis ?
Stefan, sterkte met jou projek, maar van my gaan jy ongelukkig nie goeie advies kry nie want ek is nie 'n buitekombuis-fên nie. Ek weet baie ouens hou daarvan, maar ek en Liefie verkies ons binne-kombuis (al word daar feitlik nooit fisies binne gekook nie). Ons het ook 'n lekker ruim opslaan skottelgoed-wasrak want ons was nie ons skottelgoed by die ablusie nie. As dit net ons twee se paar skottelgoedjies is (byvoorbeeld as ons iewers oorslaap), was ons dit sommer dadelik na gebruik in die binne-kombuis.
Maar nou wyk ek af en terug na jou vraag : ek het nie raad nie maar sterkte met die projek.
Vordering van kombuis
Na so onverwagte vertraging van net meer as 3 maande, het die projek weer koers gekry in Augustus.
Die oorsponklike kombuis het so gelyk.
Die onderste gedeelte,
en die boonste helfte.

Die lugverkoeler regs bo is uitgehaal asook die yskas. Mikrogolf uitgehaal maar kas is behou.

Groot 400l "frostfree" LG yskas is gemaak pas in die spasie van ou yskas , lugverkoeler en kassie onder yskas.
Die vorige yskas het bo op kassie gestaan om hom te lig bo "wheelarch" . Hier moes ons die gedeelte waar die kompressor sit , wegsny om plek te maak om oor "wheelarch" te pas.
Die basis waarop die kompressor gestaan het, is net so gebruik, om met vleklose staal bande te hang aan die onderstel. Daar is net 2 pype en kragdraad wat deur die vloer na binne gaan, en natuurlik die pyp wat afkom vir die waterdrup.
Daar was net so 40mm spasie spaar na die dak toe.
Die volgende was om die lugverkoeler te installeer. Die kondenser gedeelte is op die voorkant, op die "a-frame" gemonteer en nie in die kas soos gewoonlik nie. Spaarwiel is dus nog op sy plek. Ons moes klein stukkie van die deurflap afsny om plek te maak vir opswaai van deurtjie. Die slinger Van die "jocky" is afgesny en met moer wat vasgesweis is vervang. Nou gebruik jy selfde slinger wat jy vir hoekstutte gebruik. Daar is ook 'n keep in die basis ingesny om plek te maak vir handrem om hooggenoeg op te trek.
Die binne eenheid is baie standaard en sonder enige modifikasie gedoen. Die pype en water afleipyp, kan gesien word net regs van die oop hangkas deur.
Hier beplan ons hoe ons alles gaan probeer maak pas.

nou teken ek om te sien wat kom waar, binne en buitekant moet oplyn.

sny die gat- hoop alles werk uit soos beplan. Dit het 2 dae geneem om alles te hermeet voor die finale sny gemaak is.

Lyk goed.
Buiteraam is in.
Senuwees nou weer kalm.

raam en deure pas mooi
Al die planke geskuur en geverf, reg om te begin met instellasie
Laat ek eers hierdie gedeelte stoor, voor iets gebeur en ek voor moet begin.
Die volgende gedeelte kom nou, so wag eers voor julle kommentaar lewer
Ok, julle vat nie nonsens…
Ok, julle vat nie nonsens nie..... wag vir volgende gedeelte....
Vordering van kombuis - deel2
Al die onderste rakke is op hulle glybane gemonteer
As die onderste 2 planke (laaie), vorentoe getrek word, is daar baie pakplek onder vir goed wat nie so gereeld gebruik word nie, maar moet saamry.
Die heel boonste stukkie is pakplek. Een helfte bereibaar van buite en die ander van binne.
Die deur links bo , is die buite een. LED liggies is teen die klap wat opslaan gemonteer, asook in die kassies met deure. die foto is in die donker geneem met met die liggies aan.
So lyk hy van buite met die meest goed gelaai.
die warm/ koue water is ook na buite geskuif.

Hier is ons baie ligte tafels vir buite

By die deur onder die oopslaan klap, is 'n "quick connector " vir die 2 plaat gasstofie as daar nie krag is nie.

en die duurste enkel item, R850 vir die aluminium rakkie.
Het ook vir ons 2 so klein goedkoop rokertjie gemaak, met ligte bakpotjie, probeer om alles veeldoelig te maak.

So paar ander veranderings.
Die gordyne is vevang met louvers. Om te vehoed dat hulle heen en weer swaai in die wind, of met die ry , is daar vlekvrye staal hakkies wat hule vas en stil hou, aan die onderkante vasgeskroef.

Hakkie
Die skuis voor venster was die moeilikste , maar hakkies hou hulle mooi stewig.
Al die sykant vensters het nou ook muskiet gaas voor.
Omdat ons albei nie gluten eet nie, moet ons eie brood en beskuit bak.
Hier is gluten-vrye brood in die nuwe kombuis.
idees as julle montering soek vir tv skottel


Flippen netjies Stefan! Jy…
Flippen netjies Stefan! Jy mag maar.
Baie dankie vir hierdie nice draad.
Baie netjies.
Stefan, dit is nou baie netjies en prakties, "job well done".
Net een vraag, wat is jou gewig op die jockey met die A/C kompresser op die A-raam?
Ons het wraggies paar takentvolle mense hier op ons forum.
Stefan
Al is ek nie 'n buitekombuis man nie, hierdie vrug van jou arbeid is 'n meesterstuk, die beste buitekombuis wat ek nog gesien het !
Toe jy die groot opening gesny het, wat het van die houtraamwerk geword wat die binne- en buitekant van die symuur versterk ? Het jy dit bloot net afgesny of die bo- en sykante van die gat weer versterk ? ?
A/C kompresser gewig
Johann Ek het gesoek vir die ligste model wat beskikbaar was. Die kompressor eenheid weeg 22kg en binne eenheid 8kg. Die eenheid wat ek uitgehaal het, was heelwat meer as 30 kg , toegegee, was gemonteer reg bokant as,bokant yskas. Die groter yskas wat ingesit is ,is ook ligter as die absorpsie eenheid wat uitgehaal is.
Die ekstra gewig van die kombuis met toerusting, agter die as, behoort die gewig voor te kanselleer.
Ek moet erken, ek het nog nie sover gekom om alles te weeg nie, maar met alles wat gedoen is, is gewig in aanmerking geneem. Net laaghout is gebruik en geen swaar "superwood" nie.
Onthou as jy die kompressor eenheid in die neuskas inbou, skuif jy hom net ongeveer 50cm agter toe. Dit maak nie groot verskil op die hak gewig nie, aangsien jy nog steeds 3m voor die voorste as is nie. sy posisie nou maak dat hy nou so 3kg meer druk op die hak, as sou hy in die neuskas gewees het. Met al die spasie wat hy in die neuskas opneem, kies ek eerder die 3kg.
Puik gedoen
More Stefan puik nou kan jy vir lank gaan staan en met gerief soos Freda se jou vrou sal haar kombuis nou geniet geniet die langgg kamp
Buitekombuis
Baie netjies gedoen. Ek is 'n voorstaander van buite kook/ kosmaak en dit is 'n baie goeie verandering wat jy maak aan die wa.
Sykant raam
Len, die sykante was 'n baie onbekende. Was nie seker wat om te kry nie.
Daar was toe geen raamwerk van enige aard in nie. Die hele 22mm dik paneel besaan uit die geriffelde aluminium plaat buite, so .5mm, dan ongeveer 18mm wit "styrofoam" en 3mm laaghout. Dit is alles aan mekaar geplak. Op die plekke waar daar skroewe inskroef, is daar stroke metaal plaat ingesit. seker so .3mm dik. Dan het hy 'n tipe muurpapier oor die laaghout.
Ek het die skuim gedeelte so 15mm diep uitgekrap, 6 laag hout gesaag, 15x 18mm, en met epoxy gom in die sloot geplak. Toe is die aluminium raam met Sikaflex ingesit en vas geskroef in die houtstroke, en alles oornag gelaat om droog te word.
Ek glo nie die muur is enigsins verswak nie. As jy aan die raam ruk, beweeg die hele karavaan.
Die paneel wat uitgesny is, is gebruik om die twee deksels te maak.
Jammer , het nie eers 'n stukkie oor om vir jou foto te neem nie.
Stefan, pragtig en prakties…
Stefan, pragtig en prakties.
Jammer ons kon toe nooit weer bymekaar uitkom vir 'n lekker kuier nie!
Groete daar.






Buitekombuis
Ek sal graag die eindproduk wil sien.