Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -3 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -3 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -7 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -11 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -12 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -12 hours ago

Grotte in Suid Afrika

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Suid Afrika is baie ryk aan grotte.  Soos ek sit kan ek dink aan 3 bekende SA grotte wat ek al besoek het gedurende my lewe, en dalk 'n paar ander wat ek nie op die oomblik kan onthou nie.

DIe eerste wat ek baie goed kan onthou is Die Kelders, daar duskant Gansbaai.  My tannie het vir baie jare 'n huis in Die Kelders gehad, en het ons dus gereeld vir 'n naweek gaan kuier.  Die hoogtepunt natuurlik die grotte met swembaddens in!

Ek weet nie wat die kondisie van hulle is vandag nie, maar ek kan onthou die laaste keer wat ons daar was, laat 90's, was die grotte nie oop vir besoekers nie asgevolg van skade wat aangerig was deur besoekers.

cave

 

Image result for Die kelders caves    Image result for Die kelders caves  Image result for Die kelders caves

Centurion

Voortrekker

Sun, 06/08/2017 - 18:38

Dan natuurlik die bekendste grotte, die kango grotte naby Oudshoorn.

cang

Ek onthou baie goed van een van my gunsteling kindervakansie avonture was altyd die wat Oudsthoorn se kant to gestaan het, natuurlik dan die besoek aan die Kango grotte.

Ek weet van daai jare af was daar al baie dele toegemaak vir besoekers en nuwe dele ontdek. Ons was darem nog gelukkig gewees mo deur die duiwel se kombuis te kon gaan en dan ook deur die skoorsteun kon gaan, as jy kans gesien het vir die nou gedeelted (-;

Image result for Cango caves  Image result for Cango cavesImage result for Cango caves entrance

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 06/08/2017 - 18:56

In die hart van die "Cradle of Humankind" storie is die Sterkfontein Grotte waar my voor vaders se oorblyfsels blykbaar gevind was???

Ek het al die Sterkfontein grotte besoek gedeurende 'n paar dae se verblyf by Cradle of Human Kind:

sterk

Image result for sterkfontein caves 

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 06/08/2017 - 19:09

In Mosselbaai, nog 'n baie belangrike grot wat die oorsprong van die mensdom aanbetref, is Pinnacle Point:

pinnacle  Image result for pinnacle point caves  

wiki:  Excavations since the year 2000 of a series of caves at Pinnacle Point have revealed occupation by Middle Stone Agepeople between 170,000 and 40,000 years ago.

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 07/08/2017 - 07:43

Anton thanks jy moet jou eie SA reis gids besigheid oopmaak sal baie geld maak die grotte het n ryke geskiedenis

0
Meyerton

Segekok

Mon, 07/08/2017 - 08:01

Moet ook nie van die  “EGGOGROTTE” in Limpopo en die “SUDWALA” grotte naby Nelspruit vergeet nie.

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 07/08/2017 - 19:58

southafrica.net:   "Wonderwerk Cave is what you would call an ancient rustic home. For thousands of years, humans used it for shelter. Discover what each generation has left behind: the wealth of fascinating art works, well preserved specimens of flora and fauna, ancient tools and an eerie sense of man’s first breath"

Image result for wonderwerk grot kuruman

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus