Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Brandstofprys Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -23 minutes ago
Nuwe boodskap-opsie Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -34 minutes ago
toeriste en toeriste Kruger 2026 Wessel Strydom -47 minutes ago
Braai 1x Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Stem saam... Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Brandstof spekulasie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago

Jors se Kampstories op fb ...

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on

Môre vriende,

Ek gaan probeer om dié Jors se Kampstories gereeld hier te plaas ?

Hier is die fb skakel.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 25/09/2019 - 08:58

Môre vriende,
    Ek vertel verder van koshuibrakke.
   Hier in die vroeë sewentigs besluit die onnies en die beheerraad om n swembad te bou.
   Maklike besluit,moelike werk.Veral as dit n olimpiese grote swembad is en baie van die grondverskuiwing moet met pik, graaf en kruiwa gedoen word.
     Ek dink nie eers daar is ooit gevra wie dit gaan doen nie,die koshuisbrakke is mos daar.
   Maar eers moes daar geld bymekaar gemaak word.Verskeie projekte word geloots.As ek reg onthou was die stuk van "Ampie" deur Maruis Weyers een van hulle.
      Ampie was n lewendige donkie,en dit op die skool se verhoog.
    In n ryk boeregemeenskap het dit nou ook nie donkiejare gevat om daai geld bymekaar te maak nie.
    Die kruiwaens se wiele was skaars ge-olie toe begin oom Jan (ou Skêr) sy werkspanne agter mekaar kry. 
    Coligny was daai jare n puik skool.Die skoliere het van heinde en verre soontoe gekom.Ons het selfs drie Pretorianers daar op skool gehad.
    Twee van die drie was n tweeling,die Coetzeetjies.Dit was nou twee opregte stoutgatte.
   As jy na hul gesoek het op die skoolterrein moes jy net gaan kyk het waar is die grootste moeilikheid.Jy sal hul daar kry.
   Die swembad is in wording en vorder fluks.Ou Skêr hou dinge met n arendsoog dop.
      n Masjien grou die gat  tot op n mate wat afgemeet is, seker so drie voet op die walle kleiner as wat hy moet wees.Daai drie voet moet dan met die hand afgewerk word om die ronding in te werk na die bodem toe.So moes die skuinste waarmee die trekker in en uit die swembad gery het ook met die hand uitgewerk word.
    Baie hande arbeid.Mnr Louw ons afrikaanse onderwyser het ons geleer van "vele hande maak ligte werk".Op daai stadium het ek gedink hy het gejok.Dit is seker so as daar nie baie werk is nie.
     Maar nou eers weer terug na die Coetzeetjies. Staan oom Jan en toesig hou,sal een aspris van agter hom af kom,die kruiwa se wiel so tussen sy bene instoot en sê, "askies oom Jan". Oom Jan sal net so een kyk gee en dan uit die pad uit beweeg.
     Netnou,netnou was dit weer die ander Coetzeetjie van die anderkant af met sy "askies oom Jan"
      So het hul oom Jan al in die rondte laat draai met hul kruiwaens tot hy hul naderhand rooi in sy gesig in sy brytaal toegesnou het, "my donnegg, kgy nou n anneg pad" 
   Vreugde en vrede vir elkeen
  
NS.Môre vertel ek van ons koshuis se massa slip.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 26/09/2019 - 09:28

Môre vriende,
     So het ou Skêr ons baie dinge geleer.Kannas plant, die kon ons, graspluis en plant, die kon ons ook.Rugbyveld nommer drie het ons gebou en beplant.Besproeingspype op en af gedra.Pype geskuif sodra daai deel nat genoeg was.
  Vrydae eerste periode was by oom Jan.Kyk hy kon moeilik raak as hy die dag lus is.Sy klaskamer was op die verste punt van die skool.Sou hy op die stoep aagestap kom en hy kyk so op die grond,het ons geweet hier kom moeilikheid.
   Sou hy sonder om te lees en te bid bulder "SIT" het ons geweet die moeilikheid is klaar hier.
    Hy sou begin met sy klas,hersiening.Voor die skool verby loop n grondpad.Die omliggende plase se plaaswerker kinders het daai pad gebruik,oppad skool toe.Soggens het hul dan daar verby gehardloop skool toe.
   Sommer gou gou het ou Skêr iemand vasgevra,dan sou hy na die swartetjies in die straat wys en hard in brytaal sê " KYK HOE HAGrKLOOP HULLE,KYK HOE HAGrKLOOP HULLE. HULLE WIL LEEGr, MAAR JULLE,JULLE WIL NIE LEEGr NIE" Dikwels sou hy sommer dan n boek na iemand slinger. 
  n Aardrykskunde toets by oom Jan het uit n blanko A4 bestaan wat hy uitgedeel het en gesê het skryf wat jy weet.
   Nou al hierdie dinge en dan die liefde om te leer het aanleiding gegee na die koshuis se massa slip.
   Met eksamentyd het van ons vroegoggend ook geswot wat toe gebots het met die plaaslike Indiërs se bidtyd wat oor n luidspreker op hul sinkwinkel se dak,bo in die dorp uitgebasuin is.Selfs vroegaand se studie het ook gebots met hul bidtyd.
    Hierdie liefde vir swot het toe groot moeilikheid veroorsaak, ek dink dit is waar baie van ons toe die liefde verloor het.
   Die koshuis se intelligensie en reaksiemag besluit toe om in te gryp.
  Vreugde en vrede vir julle.
    (Vervolg:Massa Aksie)

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 27/09/2019 - 11:24

Môre vriende,
    Vandag vertel ek jul hoe ons koshuisbrakke wat nou hierdie verskriklike liefde vir leer aangekweek het, besluit het om in te gryp sou iemand ons studietyd versteur.Dit is nou ons plaaslike winkelier wat soggens en saans oor n luidsprekerstelsel sy gebede uitsaai. 
     Die organisering van hierdie massa aksie wat beplan word,begin.
   Daar word op n sekere aand besluit deur die leierkorps (belhamels). Die manskappe word gemobiliseer met die opdrag dat elkeen n besemstok,kierie of n oordentlike stok moet kry. 
    As ek reg onthou was die standerd sessies nie ingesluit in die massa aksie nie.Hulle was seker nog besig met opleiding vir groter take vir die toekoms.
    In al my jare in die koshuis weet ek net van vakansies,wat die koshuisdeure gesluit was.Dag en nag het alles oopgestaan.Daai jare het die koshuis naweke oop gebly.Almal het nie huis toe gegaan nie.Party se huise was net te ver.
    Ons skool was ook sterk in sport en daardie naweke het die koshuisbrakke dikwels in die koshuis gebly.
     Ek reken ook dat met so n sterk verteenwoordiging van voorbeeldige koshuisbrakke,hul dit nie nodig ge-ag het om ons toe te sluit nie. 
   Die nag is ons toe georganiseerd in kamer verband in n enkel gelid uit die koshuis uit.
     By n vooraf afgespreekte rendezvous hoër op in die straat kom almal bymekaar.
    Die Indiër se winkel was bo in die bo dorp op die hoek,net voor jy oor die spoorlyne gaan.Na die spoorlyne het jy links gedraai stasie toe of reguit aan tussen die plase in.
    Direk na die spoorlyne het die mielielande begin. 
    Die winkel was n sinkgebou en hulle het agter in die winkel in n huis gebly.Onder n afdak het hul ou groot bakkie gestaan, kan nie onthou of dit n Ford of n Dodge was nie.
   Nou wie die speaker afgehaal het van die dak af,die weet ek nie,maar die speaker het weggeraak.
Moet my ook nie vra waar is hy of wat van hom geword het nie.
    Die manskappe word in n enkel gelid langs die sypaadjie opgestel.Die stokke en kieries horisontaal voor die bors vasgehou soos wat sodate n R1 geweer in n "Hoog Voor" posisie vashou. 
    Die voorste ouens begin hardloop,die stokke so teen die sinkplate vasgedruk.Al langs die gebou af,om die hoek,teen die ander kant van die gebou af.Rigting mielielande wat ons vooraf beplande ontsnaproete is.
    PRRRRRR..... PRRRRRR..... PRRRRRRRR..... PRRRRRRR klink die stokke teen die sinkplaatgebou af.
     Die laaste ouens was skaar verby toe start daai trok in  die agteryard.
   Ons hardloop oor die spoorlyn,spring oor of deur die boer se doringdraadheining,in die mielielande in.
  Die heel agterste ouens so in die flou ligte van die bakkie agter hulle.
    Hulle vang een man wat aan die doringdraad gehak het met die deurklimslag.Toe hy nie kon loskom nie,het hy met die hele heining so grond toe gesak waar hul hom toe kon vastrek.
   Terug by die koshuis aangekom loop ons ons vas in ou skêr,die polisie en die gevangene.
   Met die polisie wat toe vertrek is nog n onderwyser (latslaner) laat kom om ou Skêr te help met hierdie massa tugtiging.
   Hulle wou ons nie glo dat ons dit alles gedoen het ter wille van ons studies nie.
Vreugde en vrede vir almal.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 28/09/2019 - 14:31

Môre vriende,
   Coligny was n top skool.Akademies sterk.In sport was ons n skool waarmee rekening gehou moes word in die Wes Transvaal.
   Rugby,die kon ons speel.Groot geword daarmee. Ou Tom en ou Rykie,twee onnies het ons eerste span in 1974 afgerig.Ons speel daai jaar byvoorbeeld op Loftus in  n voorwedstryd vir die Springbokke teen Engeland.
   Ons verloor wel die dag teen Afrikaans Hoër maar vir ons as n klein dorpie was dit n groot prestasie.
    Ons toer ook PE toe.Op Colesberg gaan ons oorslaap en daar land ons mos nou daai nag almal in die tronk,onderwysers ingesluit. 
    En dit was nie oor die ou Indiër se speaker wat weggeraak het en dat dit ons ingehaal het nie.Dit was ook nie dat ons gevang is dat ons vrugte steel nie.
    Julle ken my darem goed,en die res van ons span is darem van dieselfde kaliber as ek.Eintlik is ons n voorbeeldige klomp manne.
    Alles was darem maar net so gereël dat ons in hul personeelkwartiere sou slaap, ons het darem nie in hul selle geslaap nie.
    Jul het wragties nou nie gedink ons is werklik gevang nie, het julle?
     Daar in PE was een dag n bietjie amok,of ons n wedstryd gewen het kan ek ook nie meer onthou nie.Ons het n paar biere gekry om iets te vier.
   Ek meen,after all was ons in matriek en eintlik was ons op vakansie.
   Ou Rykie het op ons afgekom terwyl ons ietsie geniet het, en ons genotjie was van korte duur.
   In die middel van die week het hy toe vir ons gepreek.Na daai preek het ons nogal heel skuldig gevoel. 
  Voor ons ons oë kon uitvee was die jaar verby en ons klaar met skool.
   Oom Jan en oom Rykie is al oorlede en so is baie van my ou skoolmaters. 
     En in my gedagtes hoor ek,
     Die goeie oue tyd
die goeie oue tyd my vriend
     Die goeie oue tyd
Sal ons ou vriende ooit vergeet
     Die goeie oue tyd.

Vreugde en vrede vir elkeen van julle.

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 29/09/2019 - 10:36

Môre vriende, 
      Markus 10:14-15
14. Maar toe Jesus dit sien,was hy verontwaardig en het Hy vir hulle gesê; "Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie,want die  koningkryk van God is juis vir mense soos hulle.
15.  Dit verseker ek julle:Wie die koningkryk van God nie soos n kindjie ontvang nie,sal daar nooit ingaan nie."
           Gebed.
    Vader wat in die hemel is. Baie dankie vir n nuwe dag.
    Here, ons kom in hierdie oggend en sê vir U dankie vir ons kinders en kleinkinders.
  Here waar hul in moeilike tye groot word wil ons by U kom pleit om  oor hul te waak.
  Ons bid vir ouers wat hul moet grootmaak. Gee U vir hul die krag en die wysheid om dit na U wil te doen.
   Gee Heer opnuut vir ons die geloof van n kind.Dankie dat ons kan sê ons is kinders van U en vergeef ons Vader waar ons U teleurstel.
  Amen.
Ervaar dan nou Sy vreugde en vrede in jul lewens.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 30/09/2019 - 16:03

Dagsê vriende,
     Vandag gaan ons n bietjie oor n ou uitvindsel gesels naamlik die wiel.
   Baie keer hoor n mens iemand sê "plaas bly hul net by die basics,nou wil hul die wiel herontwerp."
   Ander kere hoor jy iemand sê hy het die spoor of pad byster geraak, of iemand sê,die wiel sal bly draai.
    Party sal dan sê die een oomblik is jy bo,en die ander weer onder, net soos n wiel wat draai.
    Ons almal weet hoe belangrik n wiel is.Dink maar nou net aan wat gebeur as n ou n spanner in die speke steek.
    Maar hier bo praat ons meestal oor wiele wat werk en dit is nie waaroor ek wil praat nie.
     Ek wil praat oor wiele wat nie werk nie.Meer spesifiek wil ek praat oor ouens wat daai wiele wat nie werk nie aan jou verskaf met die verwagting dat jy tevrede moet wees met die diens wat hul aan jou verskaf.
    Ja,jul het almal reg geraai. Ons gesels oor kruidenier trollies se wiele.Wys my die ou wat nog nie met een van daai trollies se wiele gesukkel het nie en ek wys jou n wiel wat werk.
   Ek het boonop die gawe om die stukkendste een uit te haal waar hul so in rye geparkeer staan by die ingang van supermarkte.Dikwels sal ek een uithaal en dink nee, hierdie een is die stukkende een ek vat die tweede een, en nie ver nie dan kom ek agter ek moes by die eerste een gebly het.
  Onlangs het ons gekuier by die kinders in Vanderbijl en besoek n pragtige sentrum.Man,jy is sommer lus om te koop, so mooi is dit.Kies n trollie en mik vir die ingang.Voor ek daar is het ek amper n ou oom raak gery soos wat hy regs trek.Met die omdraaislag om die trollie te gaan ruil ry ek amper n dame met n pram raak.Hy bly in die ronde ry. 
    My lus vir shopping is seker met dertig persent verminder nog voor ons begin het.Kry n ander trollie,hy voel nie te sleg nie.By die groente afdeling begin hy klaar nie lekker loop nie, hy stoot swaar asof hy n handrem het wat halfpad vasgetrek is, hoe meer ons inlaai hoe vaster trek die handrem.Los hom net daar by die vrou en gaan haal ek n ander een.
     Ons pak alles oor na trollie nommer drie.Ons is seker nou so 15 minute in ons shopping ekspedisie.
    Hoe voller die trollie raak hoe meer besef ek hier is probleme. Hy draai al hoe swaarder, jy wil regs,hy wil reguit aan.
    Op n stadium kan ek nie meer nie en gaan staan in een van die middelbane waar jy oorloop na die volgende rakke.Hy kan nou glad nie meer draai nie,tensy jy hom afdruk dat die wiele in die lug is.Die ou lyf wou nie meer nie. 
    Daar kom n winkelassistent met n naamplaatjie verby,op hom staan Supervisor.
    Keer haar voor en vra of sy nie dalk vir my n insleepdiens se telefoon nommer het nie.Sy snap nie dadelik nie en ek verduidelik verder.
    Baie hulpvaardig het hul toe ons aankope oorgepak in n ander trollie. Trollie nommer vier.
    Met hom kon ons gelukkig klaar maak,net so voor ek van my trollie afgeraak het.

Vreugde en vrede vir elkeen.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 02/10/2019 - 08:09

Môre vriende,
             PAPPIE GAAN BORDER TOE.
     Hier in die laat sewentigs word ek opgeroep vir drie maande grensdiens.
    Daai jare val ek onder Regiment De La Rey te Potchefstroom waar ons dan ook aanmeld.
    Van daar af reis ons met Bedfords na n deurgangskamp in Pretoria waar ons op die  Flossies klim.
    Ons land op Rundu.Op n plek met n Army naam, naamlik Swartland doen ons wat hul noem n "refreshing course". Dit is n gebied wat afgebrand het,seker hoekom hul dit Swartland genoem het. 
      Dit is n tydelike basis.
 Ons kompanie se manskappe is ingegrou in rondomverdediging met die HK in die middel.Almal is pikswart van die as en roet. 
    In my peleton was daar n troep daar van Fochville se myne.Hy het van homself gepraat as Pappie. Hy het vertel dat hy die pa is van n drie maande oue baba by die huis.
   Na die opleiding word die kamp opgebreek,die manne slaan die tente af.Onder die een tent kom hul op n slang af.
    Nou ek glo jy kry net twee soorte slange.n Molslang, die ken ek, en dan kry jy die ander een,n Holslang.n Molslang is nog oraait,vir die ander een hol jy weg, vandaar die naam Holslang.
   Hierdie was nie n molslang nie.Die manne wil hom doodmaak,nie Pappie nie.Hy het net gesê "nee, los hom, Pappie sal hom vang" en die slang, niks langer as n voet nie,versigtig genader.
    Soos n wafferse Rambo het hy die slang met die linkerhand gehipnotiseer,of so het ek gedink,en met die regterhand wyd uitgestrek begin nader gaan.
     Kalm en rustig het hy met die slang gepraat."Raak nou net rustig, Pappie sal jou nie seermaak nie,kyk nou net na Pappie se linkerhand, voel jy hoe lomerig raak jy.Daarsy,Pappie belowe hy sal jou nie seermaak nie"
    Die heeltyd maak hy sulke beweginkies met sy linkerhand,net buite rykafstand.Probeer hy pik, pluk hy net sy hand terug.En dan paai hy weer van vooraf.
   Met n "Pappie sê dan vir jou om te fokus en rustig te raak,nou traai jy Pappie pik, hoekom wil jy dit aan Pappie doen,Pappie het n klein babbatjie by die huis en Pappie kan sien jy is ook nog eintlik n baba slangetjie".
    Vir my het dit werklik gelyk of sy taktiek werk,met sy regterhand gryp hy, weet nou nog nie of hy vir agter die kop of die stert gegaan het nie,maar daai slangetjie swaai sy skerpkant en pik vir Pappie aan sy wysvinger.
     Die slang is doodgemaak terwyl die medics met Pappie doenig was en die dooie slang is saam met Pappie afgevoer in n ambulans Rundu toe vir hospitalisasie.
     Ons is uitgeplaas na basisse en Pappie het in die hospitaal agter gebly.

Vreugde en vrede vir julle.
Môre vertel ek verder van Pappie.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 03/10/2019 - 16:00

Môre vriende,
    Voor ek verder vertel van Pappie, kom ek vertel jul eers van wat gister gebeur het.Ek het gister se storie met n ander groep gedeel en hul vind dit nie snaaks nie,hul het dit van hul blad verwyder met n verduideliking hoekom.Maar nou ja, kom ons laat dit daar ek is seker Pappie sal nie kwaad wees vir hulle nie. 
     Pappie kamp voort.
Die terugvoer wat ons gekry het is dat dit een of ander adder was wat Pappie gepik het,ek weet niks van slange af nie,behalwe dat ek bang is vir hulle.Blykbaar het hul gespook dat sy vinger nie afgesit moet word nie.
    Hy was in die hospitaal vir n week of twee en toe op "light duty" in die kamp daar in Rundu vir nog n week of wat voor hy weer by ons in die veld kom aansluit het.
       Pappie was n gevaar vir homself en vir almal rondom hom.Eendag terwyl hul in seksie verband patrollie gestap het, het hul n tydelike basis gestig vir die nag.Die volgende oggend was hy en nog n manskap uit om n 360 om die kamp te doen en te kyk vir spore.
  Terug gekom het hy glo vir sy buddy gesê hy is nou terug,en is met sy geweer en toiletpapier veld in.
     Na n ruk hoor die ouens skote en sien dat hy nog nie terug is nie.Later kom hy daar aan en sy verskoning was dat hy op n bok geskiet het vir vleis.Hy het eers weer straf PT gekry drie dae later toe hul terug was in die basis.
   Hul gaan weer op n patrollie na n rusperiode met die opdrag om n uitkykpos op n sekere  RV te gaan stig waar daar vermoed word die terroriste kruis die rivier om die land binne te kom.
    By die plek op die walle van die Okavangorivier aangekom het sy korporaal n spesifieke boom gekies as uitkykpunt omdat jy die hele gebied vanuit die boom kon bespied.
    Die manne het toe die boom beman en al om die ander uur gewissel.
    Dag een verloop seepglad.Dag twee minder so.
    Pappie bestyg die massiewe boom.Die boom het n baie dik hoofstam met dik sywaartse takke.Volgens sy korporaal was Pappie maklik dertig voet in die boom op toe die tak waarop hy staan breek.
   Sy korporaal sê toe die tak breek en hy kyk op was Pappie so halfpad op pad grond toe met sy rugkant eerste.Gelukkig tref hy n tak wat hom laat omdraai en sy val in n mate breek,hy land op sy knië en elmboë op die grond.
    Onder sy ken het hy n lang wond waar die verkyker hom oopgekloof het.Uit soos n kers het die medic daar langs die boom met hom gespook.
    Weereens is Pappie met n ambulans gelig en afgevoer Rundu toe waar hy vir die res van die kamp gebly het.Bene gebreek, ribbes af,dit wat kan breek was omtrent gebreek.
     Pappie het toe saam ons terug gevlieg States toe na ons kamp,maar op n stretcher.Toe ons daar afklim en ek hom sterkte toewens het hy net gesê, "Thanks Sarge, Pappie is tuff,Pappie sal weer regkom"
    Ons het uitgeklaar en Pappie is 1 Mil hospitaal toe.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 04/10/2019 - 08:35

Môre vriende,
Vanoggend wil ek met jul gesels oor n baie sensitiewe saak.
Ek besef dat ek dit met baie oorleg, simpatie en empatie sal moet doen.
Jy kry mos ouens wat permanent met n dikbek rondloop, ander kan met moeite net n greinslag op hul gesigte forseer,so asof hul bekke onder verdowing is.
Ja, vanoggend praat ons tandarts sake.Nou ek dink nie daar was n ou wat dit beter kon vertel as ou Tolla nie,maar ek gaan probeer.
Onlang het ek n nuwe bril gekry.n Week daana swel my wang op,die bril druk my aan daai kant.Dit raak net erger.Naderhand hang die ou brilletjie so skuins oor my gesig.Sommer die dinges in oor die bril wat my nou tandpyn gegee het.
By my brilmaker gekom verseker hy my dit is nie sy bril se fout nie maar verstel nogtans die bril. Nou lê hy net so windskeef oor my gesig,maar ek kan darem nou beter sien.Hy was eers so dat ek met die een oog kan lees en die ander een kon ek mee ver kyk.
Ek was maar nog altyd vrek bang vir n tandarts en diep binne my het ek geweet dit is die tand en nie die bril nie.
Ek wil die mannetjie betaal maar sê hy,"nee oom dit is verniet" en ek is toe daar weg.Stap kar toe en wonder so by my selfders hoekom n mechanic n ou dan charge as hy jou kar se enjin verstel.Die ou het my bril verstel en niks gevra nie.
Ek maak toe n afspraak by n nuwe tandarts.Ek was al by almal.Ek werk hul almal deur in my soeke na een wat my nie seermaak nie.Skielik dink ek dat hul my nooit eendag aan my tande sal kan identifiseer sou dit nodig wees nie.Niemand het eintlik rekords van my gebid nie.
Die dame wat antwoord kan my die volgende dag help,kwansuis kan sy hoor ek het pyn.
Daar aangekom die volgende oggend is dit n bejaarde dame by ontvangs.Haar bolla op haar agterkop is so styf getrek dat sy met sulke groot oë na jou kyk.Die haartjies wat hier by die ore verby gaan bolla toe, asook die van agter die ore af boontoe,trek n permanente smile op haar gesig.Dadelik gewonder hoekom hul nie n bolla vir n facelift gebruik nie.Dit is seker baie goedkoper.
Ek wil eers vir haar tannie sê maar sy vat die wind uit my seile met haar "was Meneer al by ons" Nee nig sê ek.Sy pak n hele pak papiere voor my uit.Glo om n nuwe leêr oop te maak.
Daar vra hul nou wragties alles, sê ek naderhand vir haar ek doen nie aansoek vir n huislening nie,ek is net hier vir n tand wat my opkeil.Nee sê sy met haar alewige smile, dit is maar net om dokter te vrywaar teen eise sou hy n glipsie maak.
Met my en my vrou se glipsie sit ons nou met n pensioenvretertjie in standerd tien,so ek ken van glipsies.
So is ek toe naderhand daar in.So n jong mannetjie, lyk nie veel ouer as onse glipsie nie.
Sit maar oom sê hy met my nuwe leêr so oop in sy hand.Sien oom is nuut hier,wat is fout?
Intussen sit hy so n maskertjie op, sit n bril op en trek sulke rubber handskoentjies aan, vra ek nou waarvoor die goed? Maar net vir veiligheid vir as die bloed spat,sê hy.
Was nog besig om iets te protesteer, toe sê hy, maak oop.Nou grawe hy hier in my bo tande met so n blink ding met n skerpkant
My boude loop nou met my hele liggaam teen die ruglening uit.Karring hy aan die onderste tande dan loop hul af teen die stoel deur se kant toe.
Reken hy my, oom moet stilsit.Hy haak en steek met daai tool en kap so teen die tand en met my wat nou deur die dak wil klim gee hy so n fluit agter die masker en sê net, "dit is erger as wat ek gedink het"
Oom lyk angstig, reken hy, toemaar ek ook,ek kon nooit meer as 30% op universiteit kry nie en hul het my altyd op diere se tande laat werk, oom is nou my eerste menslike pasiënt.
Nou druk ek daai armleningtjies dat hul lyk soos daai lang maer balonne waarmee hansworse mee speel.
Hy haal die tool uit my mond uit,sê net, ek gaan oom nou spuit.Hy werskaf daar met n spuit en smeer met so n lappietjie gedoente op die plek waar hy wil spuit.
Met n maak wyd oop en sit stil druk hy die naald in, voel vir my of hy tot in my tone gaan.Wonder toe of ons nie sommer my GP kan laat kom nie, dan kan hy sommer my ingroei toonael ook doen met dieselfde verdowing.
Met n, kom ons wag net n bietjie dat die verdowing sy werk doen is hy daar uit.
Môre vertel ek verder toe daai goed inskop.

Vreugde en vrede vir almal.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 05/10/2019 - 14:39

Hallo vriende,
    Nou,die ou doktertjie het toe nou sy ou muti-tjies daar ingespuit en gesê ek moet wag dat dit inskop.
    Nou daai wag opsigselwers is al erg genoeg.Jy sit mos net daar en rondkyk en wonder waarvoor alles werk.
     Switch ek die spotlight hier bokant my kop so aan en af,en verbeel ek myself ek is Mick Jagger op n stage.Net onder die lig hier bo my kop,is daar nogal n klein spieëltjie en waaragtig daar sit MickJagger met sy omkrul lippe in my plek.Hy pruil sy lippe so. 
    Hier langs my is so n skinkbordjie met sulke goed,ek neem aan dit is bore,hul hang so aan n skinkbord in sulke gleuwe.Ek gryp die grootste een, lyk net soos n mikrofoon.
   Al leênde,met die mikrofoon voor my mond, met my Mick Jagger lippe sing ek "I can't get no satisfaction, and i try, and i try" terwyl ek dink aan al die tandartse waarby ek al was sonder sukses. 
   Stap daai doktertjie en sy assistentjie daar in met hul bekke wat oophang, en vra is oom oraait?
    Ek vergeet van my stage personality en val so terug in die stoel.
   Kan daai meneertjie sy pose hou, sê so ewe,raak oom nou net rustig, ons is nou nou klaar.
     Maak oop,sê hy, en hy begin daar werskaf aan n bek wat niks voel nie.Begin die jongeling my mos so terwyl hy werk,n storie vertel.
     Hy vertel.
  Sit daar mos eendag n kleurling hier in my stoel en sê, doktor moet eers maar check.Die tand.... ,wat ga doktor my vra om ho te treê.
   Sê ek toe hoeveel dit gaan kos,reageer hy met n blikslater, e het nie gedink dit ga so baie weees nie.Sê my doktortjie,as jy nou nie spuie nie, hoeveel gan dit dan wies? Uitdagend sê ek,dan is dit heeltemal verniet.
   Vlieg hy op en sê, sien doktor dan môre, ek ga net eers courage bymekar mak.
    Maak nogal dadelik n afspraak by ontvangs, net gehoor hy sê,julle moet my môre hier infit, die doktor sê so.
   Die volgende dag is daai man op tyd.
    Ek stel die stoel terug, en sê maak oop.Verniet kan darem ook nie verniet wees nie, dan moet dit darem met pyn gepaard gaan.Ek roer hom,ek draai daai tang, as ek sien hy wil loskom uit sy kas, druk ek hom terug.
   Daai ou sit daar,hy knip nie n oog nie.Dit is wragties die ou met die hoogste pyndrempel wat ek nog gesien het.
    Hy sê nie boe of ba nie, en ek het hom regtig geroer.Met die geklingel van die tand in die bakkie skaars weg,is hy toe daar uit, heelemal verniet. 
     Vertel ek die volgende dag vir n kollega van my (eintlik opposisie) in dieselfde mediese sentrum van hierdie ou met die hoë pyndrempel.
   Vra hy so ewe hoe laat was dit en hoe lyk die ou.
    Ek vertel hom.Hy vertel toe van dieselfde kleurling wat by hom was die vorige dag,vir die tand om te trek.Hy het hom dood gespuit en toe hy terugkom om die tand te trek het die pasiënt spoorloos verdwyn.
    Daai ou het doodeenvoudig van die een praktyk na die ander toe oor geloop,en sy tand kosteloos en pynloos by my laat trek.
   Daarsy,sê die doktertjie vir my,nou is oom weer reg.Daai mannetjie het my so geboei met sy storie,ek het niks gevoel nie. 
   Ek sal nogals terug gaan na hom toe, al is dit net vir sy stories.
 
Vreugde en vrede vir julle almal.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 07/10/2019 - 17:20

Môre vriende,
      Sowat n jaar gelede gaan kamp ons by Drakensville vanaf die Woensdag tot die Sondag.Dit is nogal vol, dit was in die skool vakansie.
     Normaalweg sou ons dit nie doen nie maar ons skoondogter is n fotograaf en sy moet n troue daar gaan afneem die Saterdag.Ons gaan babysit.
      Hoekom sou hul dit babysit noem weet net hulle.Jy sit in elk geval nooit.Nie met twee woelwaters en n baba in doeke nie.
     Hulle gaan eers die vrydag arriveer,ons gaan maar so n bietjie vroeër.
    Deesdae se mense wat trou,en hul fotograwe, spandeer mos die hele dag saam.Ons seun gaan die bruidegom afneem terwyl sy die bruid afneem.So,
dit is die heel dag se storie.
    Maar dit nou daar gelaat.
    Kom ons die dag daar aan, stap daar drie groterige seuns vanaf twee karavane langs ons nader en bied hulp aan.
      Baie dankbaar sê ek as hul my net kan help afhaak en die wa op sy plek instoot tussen die bure se waens in,sal ek bly wees,van daar af sal ons self reg kan kom. 
    In n japtrap staan hy opgelevel,jacks uit op sy plek.
    Ek bedank hul en sê ek en die vrou sal nou verder kan opslaan.
    Dit blyk toe te wees dat dit drie families is wat saam vakansie hou.Vreeslike gawe mense.Hulle kuier heerlik saam. Dit lag en gesels die heel tyd.
    Die Vrydag vertrek hulle egter en ons groet.Laat middag trek daar weer twee waens in met natal registrasies.
    Slaan hul goedjies op.By die een karavaan, pa, ma en dogter.Sy seker so 17 jaar oud.Die ander wa. Pa, ma en twee seuns, een so 17 of 18 die ander een seker so 14.
     Met die opslaanslag al gemerk daar word nie baie gepraat nie.
     As my direkte bure, langs my en een skuins voor my kan dit seker nie anders dat mens baie bewus is van mekaar nie.
   Hoe daai groepie bymekaar uitgekom het weet ek nie.Die dogter en die groot seun,was lyk my n item.Sou hul wegstap swembad toe het hul handjies vas gehou.
   Die vier grootmense het saam gekuier, as n ou saamsit,kuier kan noem.
    Die jonger seun was die heeltyd op sy laptop, selfoon of in n boek.Dink hulle,dit is nou die jongklomp,sou hom n nerd noem.
      Sou jy enige een van hulle in die oggend groet het jy nie meer as n Hi of n kopknik gekry nie.
    As jy wonder,hulle was afrikaans sprekend.Probeer jy n geselsie aanknoop,bly dit net by probeer,hul praat skaars terug.
    Geslote boeke.Die hele lot van hulle.Selfs die outjie en sy girl.Glo nie iemand het iemand gevra om uit te gaan nie, hulle praat dan skaars met mekaar.
      As ek nou moes sê, dink ek ek en my vrou praat voor tien in die oggend meer met mekaar as wat hul die heel dag met mekaar gepraat het.
     Almal, pa's, ma's en kinders is semi permanent op hul selfone of laptops besig gewees.
    Ons het heerlik met die kinders en kleinkinders gekuier.Die twee woelwaters het vinnig pêlle gemaak,en die wêreld vol gespeel.
    Ek glo elke ou kamp soos hy wil en soos wat dit vir hom lekker is,maar ek glo ook die bure se gemoedstoestande het weens die spasie tussen ons,n effek op my en my gesin. 
    Maar daai glo ek nie is lekker nie.
Watter kampeerder is jy? 
 😁   Of    😖
    
Vreugde en vrede vir julle elkeen en onthou om te 😁

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 08/10/2019 - 06:56

Môre vriende.
      Die volgende storie gaan ook oor nors en ongeskikte ouens.
     Die een dag sit ek in my kantoor en skakel n kollega van my, ook in Pretoria,noem hom nou maar,Christo i.v.b.met besigheid.
   n Nors stem antwoord, Jaaaa.., ek hoor dit is nie Christo nie en ek vra, kan ek asseblief met Christo praat.
   Bel die regte nommer jou xxxxx idioot sê hy en sit die foon in my oor neer.Ek gaan die nommer na en sien dat ek per ongeluk die laaste twee nommers van die Pretoria nommer omgeruil het.
    Bel toe die regte nommer, gesels besigheid en lui af.Met die nors man steeds in my gedagte, kry ek n plan en maak n aantekening in my dagboek van Idioot  se telefoon nommer in my dagboek.
   Ek skakel die nommer, hy antwoord en ek sê net, jou idioot en sit die foon neer.
    Sou ek n slegte dag hê,het ek Idioot  gebel en net gesê jou idioot en neergesit.
    Dit het groot terapeutiese waarde vir my gehad.
    n Week of wat daarna is ek by Makro en wag dat iemand uittrek uit n parkering.Wragties trek daar n ou met n BMW in terwyl ek eerste daar was.
   Hy klim uit, ek haal my skouers so op in n,wat nou?Hy kyk my net so aan en wys vir my n middel vinger en stap weg.
   Agter in die BMW se venster is daar n "Te Koop" bordjie en n telefoon nommer. Ek teken dit aan en kry n ander parkering.
  Terug op kantoor skryf ek by Idioot n 1 in,en ek skryf Idioot no 2 met die parkeer dief se telefoon nommer neer.
   Die volgende dag skakel ek Idioot no 2 se nommer.
  Hy antwoord en ek vra met wie praat ek,Frikkie sê hy.Ek sê dat ek gesien het hy wil sy BMW verkoop en dat ek sy nommer daar gekry het.Ek stel baie belang in sy motor en vra, waar kan ek na hom kom kyk.
  Hy sê,ek bly in,sê nou maar,Daggaboomstraat 398 in Pretoria Oos.Ek sê weet jy wat Frikkie,wat,sê hy.Ek sê,jy is n idioot en n parkeer dief,en ek sit die foon neer.
   So het ek Frikkie bly skakel, omdat hy my parkering gesteel het.Nou het ek twee ouens om te bel as ek af voel die dag.So het ek daai manne besig gehou vir n week.
    Toe kry ek n brainwave.Ek skakel Idioot 1 en toe hy antwoord se ek,Ja jou Idioot,maar ek sit nie die foon soos gewoonlik neer nie, hy hoor ek sit nie neer nie en vra,is jy nog daar?
   Ja sê ek en hy vra, hoekom treiter jy my so met jou oproepe.Ek sal egter nie al sy woorde noem wat hy gesê het nie.
   Want jy is n idioot en n vark sê ek,nou is hierdie outjie witwarm en skreeu, wie is jy en waar bly jy.
    Man jou idioot,dit is jou lucky day,sê ek,ek is Frikkie en ek bly in Pretoria Oos Daggaboomstraat 398.
    Kom pappie, ek skrik jou nie, ek gaan jou oë so toeslaan jy gaan vir weke nie deur hul kan sien nie, jou idioot, sê ek,en ek sit die foon neer.
   Ek bel ook gou die BMW man, idioot, jy het my parking gesteel nou die  dag en vir my tekens gewys,en sê ek,ek kom dadelik oor.Ook vir hom sê ek,ek gaan jou oë so toeslaan, jy gaan vir weke nie deur hul kan sien nie.    
    Kom,sê hy, ek wag vir jou,al swetsende.Ek sê net ek is oppad.Nou weet ek verseker dit gaan uitwerk.
      Met die manne nou mooi opgeline, bel ek die polisie en sê ek is gay en ek is oppad om "my lover" te gaan skiet en hy bly in Daggaboomstraat 398 Pretoria Oos, as hul n moord wil keer beter hul kom en ek sit neer. 
      Ek jaag ook na die adres.Saam daar aangekom met vier polisie voertuie met loeiende sirenes,n klomp poliesiebeamptes spring uit en spook om twee wildvreemde manne uitmekaar te maak.Hulle is besig om die wit waks uitmekaar te slaan.
  So ruk gesit en kyk en toe met n groot smile weg gery.

I love it when a plan comes together! 

Vreugde en vrede vir elk van julle.
 NS. Storie verskaf deur n anonieme lid van ons.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 09/10/2019 - 08:54

Môre vriende,
Vanoggend kom praat ek weer n slag oor ou goed.Julle het seker al agter gekom dat ek lief is vir dit.
Wys my enige iets wat al n klompie jare agter die blad het dan prikkel jy my belangstelling.Ek wonder altyd as die ou motor kon praat,of as die ou Lister enjin kon vertel waar hy al gewerk het.
Met murasies,dink ek weer,wat het alles daar gebeur,vanaf hy gebou is tot sy huidige toestand.
Ek het nou so n jeukerigheid in my vir n ou karavaan.Ek wil graag een koop en regmaak.Dit is n moeilike storie,hy moet nie uitmekaar val nie, ek het nie die nodige kennis om hom boude en blaaie uitmekaar te haal en op te bou nie.Hy hoef nie eers n tent te hê nie, net n canopy.Hy moet klein en lig wees,n weekender.nTall order,nê?
Dink nou net hoe sal so n wa my storiegedagtes in overdrive sit,ek sal net moet keer of dit sal wil weghardloop met my.
n "Caravan Hunter" is mos n snaakse ding.Jou oë is die heeltyd soekend. Sou jy ry van een plek na n ander,soek hulle.
Kom jy in n ander dorp, soek hulle.Vind hulle iets dan moet daar uitgevind word of daai karavaantjie wat so staan en verniel nie te koop is nie.Jul moet nou net onthou, hierdie is met die deur in die huis val koop pogings van my.
Hier kry jy nou uiteenlopende eienaars.Die een wil met alle mag verkoop sodra jy aandui jy stel belang.
Sjoe,en jy sal nooit weer so een kry nie,sê hul nogal oortuigend.Met so n eienaar weet jy sommer jy moet versigtig wees.
Klim jy in die wa,neuk jy al met die eerste trap deur die vloer.Hy het nie wiele nie en jy glo ook nie hulle gaan ooit weer kan draai nie.Hulle vertel jou ook hoe maklik is dit om te fix.Veral water skade, jy seël hom net weer met sealer.
Dan kom jy by n ander wa se eienaar. Om die dood wil hy niks weet van verkoop nie. Jy kan sien as jy hom wil red moet dit nou wees.Oor n jaar of ses sal sy wiele ook nie meer kan draai nie.Hy jaag jou ook omtrent weg.By hulle moet jy ook versigtig wees,veral vir aanranding of dat hul jou laat vang vir trespassing.
Nou kom jy by die ou waarvoor jy die versigtigste moet wees.Dit is die ou wat n redelike wa het,maar die wa het toegevoegde waarde wat net hy kan sien.Dit is nou die ou wat by malligheid verby is met sy prys.
Het eendag na een gekyk,sy chassis is R18,000 werd as jy n trailer van hom sou maak reken die eienaar.Hy staan nou nog daar in die wind en weer.Hy is ook nog nie n trailer nie.
Dan kry jy die verkopers wat in die mark is om te verkoop.Hierdie is nou heeltemal n ander game.
Almal is bargains,daar is nie so n ding soos n karavaan wat nie n bargain is nie.
Ek dink ons almal het al duisende kilometers agter sulke waens aangery, net om maar druipstert met leë hande terug te keer.
Sjoe,en foto's.Kan n foto uit n regte hoek nou met jou kop smokkel.As jy daar kom,lyk alles heeltemal anders.Al gesien hoe neem iemand die kas af dan vergeet hul van die spieël wat aan die agterkant wys hoe lyk die skade aan banke.Op enige van die ander foto's was dit ook nie gewys nie.
n Moeilike ding ou swaer, n moelike ding om te kry, sê ek jou.

Vreugde en vrede vir almal.

Jors se Kampstories. se foto.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 11/10/2019 - 17:41

Dagsê vriende, 
    Ek groet jul hier vanuit n winderige Natal.
    Die witperde dans die hele see vol.Vanoggend vroeg weg uit Bethlehem, karavaanloos.Ons gaan vanmiddag familie optel by die lughawe en dan saam hul vakansie hou in n vakansieplek. 
    Nou,Rosé en Michael is jong oumense,maar ek sal jul later van hulle vertel.
    Ons het n vriendin saamgebring van Bethlehem af.Kan die vrou vir jou lag, kom ons noem haar maar net C. 
  Ek sê netnou vir hulle ek weet nie hoekom gebeur dit wat snaaks is altyd met my of in die nabye omgewing van my nie.
  Stop ons halfpad Durban toe,by die Shell Ultra City vir ontbyt.Die vrouens gaan eers badkamers toe.
    Ek sien die 70 plus tannietjie daar rondstaan.Sy lyk eintlik half verdwaal.Die heel tyd loop sy daar op en af.Sy het nie n handsak of niks by haar nie.
    Die wind is geniepsig koud en soos die mense stop en uitklim sien jy die ouens warmer aantrek by hul voertuie.
    Sy het n dunnerige truitjie aan.Die vrouens kom terug en ons wil bestel.Die vriendin sien die vrou en neem n fototjie van haar,sommer so deur die ruit vanwaar ons is.
    Ek spot en vra,hou jy van haar hare of haar klere?Sy lag net en sê, nee sy wil die fototjie vir haar sus in Limpopo stuur.Sy is seker dit is n vorige kêrel van haar geskeide sus,se ma.Sy het blykbaar sewe of agt jaar met die man uitgegaan. 
  Sy doen dit toe ook.Ons is toe naderhand daar weg met die vrou wat nog steeds daar rond dwaal.
   Intussen het sy vertel dat die tannie n moeilike vrou was.Na haar man se dood het sy daai plaas met haar regterhand regeer.Alles moet net haar way gaan.
      Net n ent verder bel haar sus en sê dit is die tannie en vra waar het jul haar gesien.C verduidelik toe,en ek spot,na aanleiding van wat ek gehoor het dat sy moeilik is,dat haar mense haar seker net daar gelos het.
    Die sus probeer toe glo die ou boyfriend bel maar hy antwoord nie,sy los net n boodskap dat hy haar moet terugbel,dit is ivm sy ma.
    n Rukkie later bel hy en sy verduidelik dat C haar daar gesien het.Ja sê hy,sy en haar boyfriend is oppad suidkus toe.
    Hy het later terug gebel om te verduidelik wat gebeur het.
    Hy het sy ma probeer bel,haar foon was in die kar in haar handsak.Toe hy haar nie in die hande kry nie bel hy die boyfriend, hy is oppad see toe sonder die tannie.
    Dit nogal met die tannie se kar.Die omie en die tannie het oppad see toe baklei,daar by Ultra City vir n badkamer breek gestop.
    Toe besluit daai oom hy het genoeg gehad van haar gesanik en los haar net daar,en ry vir haar weg.
     Die seun het die oom laat omdraai om sy ma te gaan haal. After all, is dit haar kar.
    Ek wonder nou net of daar veel gaan kom van hierdie vakansie romanse.Ek dink nie daai bootjie gaan seil nie. 

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 12/10/2019 - 08:54

Môre vriende,
     Ai,ek weet nie hoekom nie, maar seelug,die gedruis van die see en sommer net die gevoel van die oomblik laat my soos n klip slaap.
    Raak dit opstaantyd word jy wakker en word maar net weer aan die slaap gesus met die klanke van die golwe wat met reëlmaat breek.
   Om maar net weer n bietjie later wakker te word en weer dieselfde te doen.
    Ek het jul gister vertel van my,vroulief en n vriendin se reis af see toe en die ondervinding met die ouerige dame by Ultra City.Die oom het mos vir haar weggery.
     Nou wil ek jul vertel van twee waarvoor die liefde werklik uitgewerk het. 
    Ons het toe hier aangekom en die engelse, Michael en Rosé by die lughawe gaan optel. 
     Laas Sondag was mos n dag vir ons senior burgers.Volgens die predikant kwalifiseer jy eers van 75 daarvoor.Was ek nou bly om dit te hoor.
    Ek het gister gesê ek sal jul van Rosé en Michael vertel.Hul is nou n jong 76 jare jonk.
   Michael,n lang en maer ou met n hartomleiding of twee agter die blad.Rosé, korterig,so bietjie meer geset met ook n paar operasies en met nog op die horison.Die dokter reken sy moet eers n bietjie gewig verloor voor hul n knievervanging kan doen.
    Sou jy Rosé sien stap lyk sy kompleet  soos n pikkewyntjie wat so aagewaggel kom.
   Met die wat Rosé maar moeilik stap moet n ou maar n bietjie "Travelling Time" byreken sou jy n uitstappie beplan.
   Twee vrolik en laggende mense.
   Ons het nou al n paar keer saam hul vakansie gehou.Jy lag jouself skoon uit asem uit.
   Kuier kan ons kuier, en nou bedoel ek nie soos in, met drank nie.
  Jy gaan met aandete vir Michael n halwe glasie wyn ingooi en half twaalf, nog steeds om die eetkamertafel,wens jy,hy wil nou sy laaste happie kos vat en die laaste wyn drink van daaiselfde glasie wyn. 
    Teen daai tyd het ek al n paar maal opgestaan net om my rug en bene te rek en weer reguit te kry.
    Vandag gaan ek sy glasie wyn met middag ete vir hom ingooi.
    Ons het iets om te vier,hul is vandag 51 jaar getroud en Ann my vrou was hul blommemeisie op hul troue.

Vreugde en vrede vir elkeen van julle.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 14/10/2019 - 12:15

Môre vriende,
     Vanoggend is daar oorlog. 
     Ek moet jul egter eers gou gerus stel.Dit is nou nie dat ek met die verkeerde voet uit die bed uit opgestaan het nie.
         A Losing Battle.
    Ek draai die jare terug op die jarehorlosie na die jaar 1975.Die dorp, Oudshoorn,tydelike weermagkamp Cansas City,tentbasis buite die dorp.Infanterie skool, offisiers opleiding.Mondvol nê?
      Vroegoggend vertrek ons op n roetemars, rigting Swartberg skietbaan,drag,vol kid.
   Dit is nou volle uitrusting,alles wat jy nodig het vir oorlogvoering is nou op of aan jou.Nogal n gewig.
     Op n sekere bestemming aangekom word die peletonne teen die koppe weerskante van die vallei uitgeplaas.      
       Vandaar het almal nou n mooi uitsig op die vallei wat geskei word deur n diep erosiesloot tussen die koppies deur.
        Dit is n lewendige ammunisie oefening.Elke peleton gaan n kans kry en dan ge-evalueer word.
     Die bevelvoerder moet die terrein evalueer en sy formasies daarvolgens aanpas soos wat hul patrollie stap in n sekere rigting.Daarna gaan hul kamstig vuur trek vanaf n sekere kop waarna hul dan n aanval moet loods met hul skerppunt ammunisie op die genoemde teiken.
   Een van die peletonne begin met die opdrag.Hier teen die derde peleton weet die manne nou mooi wat hul moet doen en wat van hul verwag word.
    Hul word opgestel en begin in n V formasie. Twee verkenners vooruit, weerskante van die sloot. Die res in die bene van die V met die Brenn groep op die hoër grond van die koppies uitgeplaas.
   Jul moet weet dat dit n gevaarlike oefening is, alles is lewendig.
    Net voor hul die teken sou kry om aan te val, trap die een verkenner op die wal van die erosiesloot n byenes oop.
    Die grootste byenes wat ek nog gesien het.Dit is absoluut n wolk bye wat soos n reënbui op daai peleton se manne toesak.
    Die manne spat uitmekaar.Hul gooi gewere weg,trek hul toerusting los en gooi dit weg. Die manne wat in die kern van die aanval is pluk selfs hul klere af.
    Daar is geen orde meer.Die bye jaag die manne uitmekaar.Hulle spat in alle rigtings.
  Naderhand bly daar net een man oor in die oorlog zone,die verkenner wat die nes oopgetrap het.
   Hy strompel waansinnig  en bedwelm daar rond sonder wapen en oorlogsdrag in sy onderbroek,met klappende hande.
   Strompel hy in die rigting van die diep erosiesloot, hardloop stafsersant De Witt al fluitende op sy fluitjie teen die kop af om te keer dat hy in die sloot intuimel.Sodra hy naby kom verjaag die bye hom en storm hy weer teen die koppie uit.
    Naderhand het n troep Symmington gesê hy sal hom gaan haal.Hy het met n Wyllis Jeep tot langs hom gery, hom ingelaai en uitgejaag met minimale bysteke.
    Meer as die helfte van die peleton is gehospitaliseer.
    Na die tyd kon ons daaroor lag.
   Ek sal maar soos John Greenleaf Whittier sê
    "You don't always win your battles,but it's good to know you fought"
 
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 15/10/2019 - 15:45

Môre vriende,
     Vanoggend praat ons sommer net lekker saam oor n snaakse onderwerp.

              Stoele.
     Jy kry mooi stoele,jy kry lelike stoele.Praktiese en onpraktiese stoele.Vaste stoele en oopslaan stoele.
Dan natuurlik kry jy sterk stoele en ook nog swak stoele.
    Jy kry ook gemaklike en ongemaklike stoele.Sagte stoele,harde stoele.
     Kom ons praat oor n sekere stoel wat ek glo jul elkeen gaan ken.Plastiek stoele.
     Meer spesifiek,sulke wittes,alhoewel ek het hul ook al in ander kleure gekry.
     Stap jy graag,sal jy nogal van hul sien wat weggegooi word. Hulle word saam met die vullis buite erwe neergesit op vuilgoed dae.
    By kampeerterreine staan hul dikwels so op drie pote langs die asdromme.
     Dit is ook die stoele wat by piekniek plekke agtergelaat word.Party het slappoot siekte, ander weer elmboog siekte met n af armleuning.
     Laat ek jul nou vertel van wat gister gebeur het. Gaan ons op n uitstappie hier by die see.Hier is mos baie van hierdie sypaadjie koffie winkels en eetplekkies oral waar jy stap.
     Raak ons toe lus vir ietsie ligs en gaan sit ons by n tafeltjie.Ons is vyf so om die tafel.
    Nou kyk ek is seker n bietjie oorgewig, maar daar sit al groter ouens as ek daar rond.Gaan sit ek op my stoel,dan skuif al vier pote so vier duim uitwaards op die gladde teëlvloer.
    Besluit toe om veiligheids onthalwe eerder n ander een te vat en ruil hom by n leë tafel vir n meer stewige een.
    Hy sit toe nogal heel oraait.Toe ons klaar is skuif ek die stoel terug vir meer beenspasie en sê sjoe, dit was nou lekker.
      Wat ek ook nie weet nie is of die agterpote dalk nou vaster gaan staan het of wat nie.Of miskien die ekstra gewig van die koppie koffie en die geroosterde toebroodjie.
     Die ander het maar net vir my vertel hoe hul dit van die ander kant van die tafel af waargeneem het.
     Volgens hulle het die moeilikheid by die voorpote van die stoel begin.Blykbaar het dit kompleet gelyk soos wanneer n kameelperd water wil drink, hulle sprei mos hul voorpote so wyd uitmekaar uit.
     Miskien was dit dat ek dalk met die vorentoe sak geskrik het en my gewig agtertoe verplaas het na die agterste pote toe wat lekker vasskop.
    Die agterste pote besluit toe om agteroor te buig, alles vir my.
    Die ander vertel,my oë was groter as pierings toe ek so in n vinnige slow motion agteroor hel.
    Gelukkig,al wat seergekry het was my ego.Ek kon maar net saam die ander lag.
   Julle ken seker daai verleë saamlag terwyl hul skaterlag.
     Ek het laaste gelag,my toebroodjie en koffie was verniet.Haha
  Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 16/10/2019 - 07:16

Môre vriende,
    Gaan nou vir my koffie maak en n beskuit eet.Dit is darem snaaks hoe so n lus n ou kan oorval.
      Laat my onwillekeurig terugdink aan my grootwordjare.
    Met so n Ellis de Lux  soos onder op die geleende foto groot geword.
   Vroegoggende was dit ons kinders se werk,om vuur te gaan maak.Ons het beurte gemaak.
     Langs die stoof was daar n witgeverfde houtkassie met die hout en koerantpapier.
  Sodra die hout lekker gebrand het,het jy die kole bygevoeg en weer die ronde plaatjie toegemaak.
     Dan het jy die blinkgepoetste ketel vol water gemaak en opgesit om te kook vir koffiewater.
 Sodra hy lekker kook het jy die koffiekan gekry,die moerkoffie ingegooi in die koffieslopie,kookwater bygevoeg en een kant op die stoof gesit om te trek.
    Nou hang daai geure so in die kombuis.Op die kombuistafel staan daar n groot blink skottel met die deeg in, toegemaak met n kombers.
    Jy knie die deeg af,om weer te laat rys met die kombers weer oor die skottel.
    Die koffiereuke hang nou al swaar in die kombuis.
     Almal kry koffie en boerbeskuit of met anysbeskuit.
    Later as die deeg weer gerys het is ma of ouma besig om die beskuit in panne te sit en weer te laat rys.
    Sodra hul weer gerys het is dit oond toe met hulle.
     Nou is dit n koffie en beskuitreuk wat in die hele huis hang.
    Kom jy van die melkstalle af terug gestap tel jy dit al buite die huis op.
     Nou kan jy jou koffie met n vars warm beskuitjie vat.Die blink bruin gebakte bokant van die beskuit met so n lekker soeterige suiker smakie.
   Ou maat,was dit nou vir jou lekker
  
Vreugde en vrede vir julleMôre vriende,
    Gaan nou vir my koffie maak en n beskuit eet.Dit is darem snaaks hoe so n lus n ou kan oorval.
      Laat my onwillekeurig terugdink aan my grootwordjare.
    Met so n Ellis de Lux  soos onder op die geleende foto groot geword.
   Vroegoggende was dit ons kinders se werk,om vuur te gaan maak.Ons het beurte gemaak.
     Langs die stoof was daar n witgeverfde houtkassie met die hout en koerantpapier.
  Sodra die hout lekker gebrand het,het jy die kole bygevoeg en weer die ronde plaatjie toegemaak.
     Dan het jy die blinkgepoetste ketel vol water gemaak en opgesit om te kook vir koffiewater.
 Sodra hy lekker kook het jy die koffiekan gekry,die moerkoffie ingegooi in die koffieslopie,kookwater bygevoeg en een kant op die stoof gesit om te trek.
    Nou hang daai geure so in die kombuis.Op die kombuistafel staan daar n groot blink skottel met die deeg in, toegemaak met n kombers.
    Jy knie die deeg af,om weer te laat rys met die kombers weer oor die skottel.
    Die koffiereuke hang nou al swaar in die kombuis.
     Almal kry koffie en boerbeskuit of met anysbeskuit.
    Later as die deeg weer gerys het is ma of ouma besig om die beskuit in panne te sit en weer te laat rys.
    Sodra hul weer gerys het is dit oond toe met hulle.
     Nou is dit n koffie en beskuitreuk wat in die hele huis hang.
    Kom jy van die melkstalle af terug gestap tel jy dit al buite die huis op.
     Nou kan jy jou koffie met n vars warm beskuitjie vat.Die blink bruin gebakte bokant van die beskuit met so n lekker soeterige suiker smakie.
   Ou maat,was dit nou vir jou lekker
  
Vreugde en vrede vir julle

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 17/10/2019 - 06:39

Môre vriende,
    Hier by die see het ons gisteraand beurtkrag gehad.
      Man was dit nou vir jou lekker.By kerslig n braaivleisie ge-eet en toe so in die donkerte oor die see gesit en uitkyk.
     Laat dit my toe dink aan vergange se dae.Kerse en parafienlampe.
      Die dae toe n vuurhoutjie nog n vuurhoutjie was.Jy kon mos met een vuurhoutjie n hele huis se kerse of lampe opsteek daar op die kombuistafel waar hul gestaan het.
     Nie deesdae se vuurhoutjies nie.Die stokkies is mos nou n bietjie dunner gemaak dat hul makliker moet breek, jy moet meer gebruik. As hy nie breek nie is daar mos so min swael op daai koppie,as jy hom trek maak hy mos net so phoe.... en niks verder nie.
     Dikwels,as jy nou se dae n vuurhoutjie trek steek jy jou buurman se braaivleisvuur of sy huis aan die brand soos wat daai swael eenkant toe skiet.Of miskien het jy nog groter moeilikheid en brand n gat in vroulief se gordyne as hy daaikant toe skiet. 
       Dan het n Lion boksie mos ook baie minder vuurhoutjies in as in vergange se dae.Hulle lê skaars die bodem toe.Die ou boksies was tot bo vol.Jy kon skaars die laaitjie toedruk. 
     Ek dink dit is vir hierdie rede hoekom jy hulle ook nie meer sommer een een boksie kan koop nie.
   Jy koop hul nou paks gewys.
    Dan moet ons seker ook maar bly wees ons vry nie met vandag se kerse nie.Hulle het mos nie meer lewe in hulle nie.
      Hul hou skaars vir n romantiese ete by die huis dan is hul uitgebrand.
      Nee, hul sou nie daai tyd gedeug het nie.Die meisie se pa sou jou sommer vroeg vroeg huistoe gejaag het
   Kan jul ook nog onthou hoe jy by kerslig geleer het.Hoe daar huisgodsdiens by kerslig gehou was.
   Onthou julle hoe ons ouers ons gewys het hoe hul verskillende diere se skaduwees so teen die muur kon laat skyn deur met hul hande voor die kerslig diere koppe te vorm. 
     Hoe hul n perd kon laat praat deur hul vingers te laat beweeg.Dit was amper soos met n poppekas.
    Hoe hul ook met die einste kerse spookstories vertel het,kers so onderkant hul kenne gehou.
    Daai aande sien jy allerhande goed teen die mure as jy kamer toe stap.
     Ek ruik weer die kers as ek hom uitblaas en ek lê en dink,wanneer ons kersies ook eendag uitgeblaas gaan word.
    Net voor ek aan die slaap raak dink ek aan Koos du Plessis se liedjie en ek hoor sy woorde, "En die lewe is n skadu teen die muur"

Vreugde en vrede vir julle

.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 18/10/2019 - 06:55

Môre vriende,
      As daar nou een ding is waarvoor ek lief is, dan is dit vlieg.
     Enige iets wat daarmee te doen het is vir my interessant.Is daar iets op TV oor dit, kry jy my moeilik daar weg.
      Van weermagdae af het n chopper se woep....woep....woep....woep klanke net n ander boodskap vir my.Hy roep my nader. 
    Sou ek een hoor hardloop ek vinnig uit die huis uit om te gaan kyk, nes n opgewonde seuntjie. 
    Vanoggend moet ons eers vir Mike en Rosè King Chaka lughawe toe vat voordat ons terug reis Bethlehem toe. 
     Ek wil jul iets vertel van toe die lughawe geskuif het van die oue na die nuwe een.
    Ek het jul al van Arrie vertel.Nou hy vertel van die dag wat hul n vlug moes haal vanaf Durban na Johannesburg.
    Hy en sy gesin kom vroeg by die ou lughawe aan en wag vir hul vlug.Dit is so met die skuif van die lughawe en hy sê die goed was maar lekker deurmekaar by die lughawe.
    Toe hul vlug aangekondig word staan hul heel voor.Hy vertel dat die vertreksaal se deur toe oopgemaak word en hy, vrou en die 2 kinders beweeg na die vliegtuig en klim in en gaan sit.
     Met die vra n lugwaardin waarnatoe gaan hulle.Johannesburg sê Arrie.Nee,sê sy hierdie vliegtuig gaan Kaapstad toe en beduie na die vliegtuig langsaan van dieselfde lugredery wat Jhb toe gaan.
     Met n Sorry het Arrie en sy gesin hul goedjies bymekaar gemaak en uitbeweeg.
     By die deur gekom loop hul hul vas in die Kaapstad passasiers wat nou aan boord wil kom.
    Hulle wil in en Arrie hulle wil uit.Hul is naderhand by die deur uit, en moet nou teen n stroom passasiers af teen die trappe.
    Die ouens moan en een ou vra verergd hoekom nou dit. Arrie sê,ons klim af,het jy hierdie pilot gesien.Ek het hom gesien, ek sal nie eers dat hy my kruiwa in die tuin rondstoot nie.Met n hier vlieg ek nie saam nie beur hul voort af teen die trappe.
    Nou is daar nog ouens by wat ook nie meer wil vlieg nie.Almal praat en beduie en draai om.Hoe verder hul af beweeg hoe meer draai om. 
    Arrie sê hul het al rustig in die regte vliegtuig gesit toe hy by die venster uitkyk en sien hulle spook nog steeds om die mense langsaan te oorreed om aan boord te gaan.
   Lekker vlieg.

Vreugde en vrede vir julle.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus