6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -4 hours ago

Oor ditjies en datjies

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Dikwels is daar iets wat 'n ou wil sê, maar dit verg nie eintlik die opening van 'n afsonderlike gespreksdraad nie.  Ek het gedink om so 'n plek te skep en hier gaan ons met my eerste "ditjie".

Die Kaapse Vlakte : Dit is maar niks anders nie as verskeie townships hier in Kaapstad.  Ons kry daaglikse terugvoer van ons ou jarelange, getroue huishulp wat in een van hierdie gebiede (Delft) saam met haar gesin in 'n HOP-huis woon (waarvoor haar naam 25 jaar lank op 'n waglys was).  Volgens haar kan niemand dit na donker buite waag nie, die skote klap dan daagliks en maklik sommer deur die res van die nag.  Sy word gereeld beroof tussen die "taxi rank" en haar huis.  Om hierdie rede betaal ons haar weekliks op verskillende dae en nooit op 'n Vrydag of maandeinde nie.  Sy verkies weeklikse kontantbetalings want dan is die bedrae kleiner en daar is geen sprake daarvan om geld by 'n OTM te probeer trek nie.

Die DA-regering vra al vir jare dat die Weermag ontplooi moet word om die daaglikse moorde, bendegeweld, dwelmhandel, dwelmgebruik en ander misdade onder beheer te bring, maar dit word telke male afgewys.  Gister het Bheki Cele, minister van Polisie, na 15 moorde die naweek, aangekondig dat die Weermag van vanoggend 2vm in die Kaapse Vlakte saam met die polisie ontplooi word. Maar foeitog, die oubaas sê hulle het nie na die DA geluister nie, maar na die gemeenskap ! (Moenie vergeet nie, hier in Kaapstad ondersteun die meerderheid van die "gemeenskap" die DA !)

Wil jy nou meer !

Centurion

Voortrekker

Sun, 29/12/2019 - 17:02

Ek dink Sanparke sal moet bordjies opsit om mense te waarsku dat as hulle sonder permitte in die park fietsry hulle arms gebreek gaan word. 

Inelkgeval, ek probeer nog vasstel of Dlamini wel sonder permit was?  Weet iemand?

as Dlamini eerbaar opgetree het, vir sy toegang betaal het en 'n permit bekom het sou hy nie nou met 'n gebreekte arm gesit het nie.

 Len,  as die Sanparke rangers bevoegd was om die situasie te hanteer sou Nic nie met 'n gebreekte arm gesit het nie.   Wat Nic wel toegekom het indien hy nie 'n permit kon toon nie was 'n boete of waarskuwing of watookal Sanparke se reëlings met betrekking tot die oortreding is.   

Die saak handel glad nie oor die nagevolge van sonder permit ry nie, dit handel oor die manier waarop Sanparke die situasie hanteer het en oor die feit dat hulle 'n mens fisies so hanteer het.

As Nic hulle met 'n vuurwapen of mes gedreig het sou ek sulke optrede verstaan het.  

Daar is wel ook ander fietrryers wat getuig dat dieselfde spul rangers hulle al in die verlede fisiese skade probeer aandoen het, so asof die park aan die rangers behoort en hulle vrye mag het om te maak soos hulle wil?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 29/12/2019 - 18:27

Voorie, lyk my ek moet maar aanvaar daar skort iets met my vermoë om 'n punt oor te dra.  Ek gaan een laaste keer probeer om my standpunt te stel.

Dit gaan nie vir my oor :-

  • Sanparke se onvergeeflike, onmenslike optrede nie
  • Dlamini se onwettige toegang tot 'n nasionale park nie

 

Dit gaan wel vir my oor :

  • Eensydige beriggewing deur die openbare media en sosiale media : alleenlik is SanParke die skuldige en Dlamini se oortreding word heeltemal verswyg.

 

Dit help ook nie om te bespiegel of Dlamini wel of nie 'n toegangspermit gehad het nie en hoe daar veronderstel was om op te tree nie  -  dis die taak van 'n onafhanlike ondersoeker om die detail vas te stel.

Ongebalanseerde, eensydige verslaglewering/lug van 'n opinie is wat my dwars in die krop steek.

Waar my wa staan

Arie

Sun, 29/12/2019 - 18:34

Len ek verstaan jou punt en voel net soos jy.

Meeste van die stories op sosiale media is baie eensydig, dit is asof mense reageer en dan skryf sonder om te dink. Van die man op straat kan mens dalk so iets aanvaar, maar die opgeleide (hopenlik) verslaggewers verwag mens darem ń meer gebalenseerde verslag.

Centurion

Voortrekker

Sun, 29/12/2019 - 18:57

  • Eensydige beriggewing deur die openbare media en sosiale media : alleenlik is SanParke die skuldige en Dlamini se oortreding word heeltemal verswyg.

Dit gaan nie oor Nic se oortreding nie.  Dit gaan oor die manier waarop Sanparke die situasie hanteer het.    Sy oortreding verdien glad nie hoe hy behandel was nie.   Al het hy moontlik hardegat geraak met hulle nadat hulle hom van sy fiets afgestamp het, gee dit Sanparke geen reg om hom fisies so te hanteer nie?    En dit is waaroor die storie gaan en wat aandag geniet.  Dit is waaroor mense gatvol is, dat beamptes hulle mag misbruik , hetsy polisie, metro polisie of Sanparke rangers, deur die publiek te intimideer en onprofessioneel op te tree - dit is mos aan die orde van die dag in SA

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 29/12/2019 - 19:15

Stem ook saam met dat die eensydigheid nie reg is nie. Hier op my stoep sit ek en dink, die Nic, nou almal se pêl. Klink my hy het die veldwagter se moermeter te vêr getoets. Gevolg is daar kom hy tweede, met n heel mond, maar gebreekte arm. Dalk was soos ek aflei aan ñ oortreding skuldig, maar te slim om jammer te sê. Probeer nou dieselfde truuk volgende keer as jy gevang word vir spoed, raak windgat, kyk wat gebeur, jy sit met jou gat in die tronk.  Neef is n rustige mens, maar raak ook ongeduldig vir fietsryers wat dink hulle "besit" die pad. Hier bly ond  op ñ toeriste roete,  en ñ algemene verskynsel dat so trop die hele baan beset, lyk my hulle dink dat n fiets meer reg het as as n ou bakkie met slegte remme.... En dan nou die nuutste gier hier. Mamma ry voor, aan die regterkant, maw teenoor die verkeer, op die teer, dan volg die kindertjies so 20 meter agter haar, langs mekaar, en pappa kom al swetend so ent agter die kinders. Soos die Ingelse sê, I rest my case.... groete.

Centurion

Voortrekker

Sun, 29/12/2019 - 19:46

Neef dit klink dan nou vir my dat jy dink fietryers het nie 'n reg tot die pad nie?    Ek lees en kry baie hiermee te doen omdat ek self al vir baie jare fietsry en dit in my belange is om te verstaan wat die beste manier is hoe om myself te gedra wanneer ek op my fiets is, maar meer belangrik om te verstaan hoe die algemene publiek en motorvoertuig bestuurders die fietsryer sien.   Sodat ek veilig kan wees.

Dit kom dan so tot my insig dat menige voertuigbestuurders glad nie die wet verstaan en ook nie weet dat volgens die Suid Afrikaanse verkeers wette, fietse geag word as wettige voertuie en net soveel reg het tot paaie soos motorvoertuie nie. (behalwe Nasionale paaie).    Fietsryers moet ook aan dieselfde wette voldoen as motorvoertuig bestuurders.   Een plek waar fietsryers wel gereeld oortree is om 2 of meer langs mekaar te ry.    

Een ding wat ek geleer het en iets waarvolgens ek besluite neem oor hoe om op paaie te ry, is die feit dat motorvoertuig bestuurders oor die algemeen geen respek het vir fietryers nie en glo dat die pad slegs aan hulle behoort en dat die fietsryer eenvoudig moet afskuif en geen reg het om die pad te gebruik nie.  Ja ek weet dat ek net soveel reg het om in die pad te ry en dat 'n motorvoertuig agter my moet bly totdat dit veilig is en toegelaat word om my verby te steek,  maar die relaitiet is dat motorvoertuig bestuurders nie hierdie reg van fietsryers verstaan of enigsins bewus is daarvan nie - daarom neem ek altyd die motorvoertuig bestuurder se ongeduld en gebrek aan kennis in ag om sodoende my eie veiligheid te verseker.

Ek kan onthou tot redelik onlangs dat motorfiets ryers maar dieselfde uitdagings gehad het en sekerlik nogsteeds, maar danksy  bewusmakings veldtogte soos bv "thinkbike"  het daar tot 'n mate meer bewustheid ingesink en word motorfiets ryers deesdae meer gerespekteer op die paaie.  

 'n Fiets het net soveel reg as 'n motorfiets en 'n motorvoertuig en in Suid Afrika moet mense en veral motorvoertuig bestuurders dit besef en aanvaar, of hulle nou daarvan hou of nie.   3 Van die wêreld se grootste fietstydrenne geskied in Suid Afrika.  Die Cape Epic, Argus en Ride Joburg is die grootste van hulle soort in die wêreld, wat aandui dat Suid Afrika 'n baie groot fietsry land is.  

So wanneer jy volgende keer met jou voertuig op 'n plaaslike pad ry en daar is 'n fietsryer of paar voor jou , onthou dat daardie fietse net so wettiglik soos enige ander motorvoertuig op die pad is en met dieselfde respek gehanteer moet word, al beweeg hulle stadiger. smiley

 

 

Centurion

Voortrekker

Sun, 29/12/2019 - 20:05

"CyclingSA is concerned that there are a number of unofficial reports and social media posts indicative that this was not an isolated case and that there is a bigger problem that needs to be addressed.  “ The way Nic had been treated cannot be justified - permit or not.  We need to be more tolerant towards each other. South-Africa is a popular destination for cycling tourism and with this video of Nic going viral globally, South-Africa as a safe cycling destination is being questioned.  Especially with mountain biking numbers increasing, more people are using trails and our National Parks and it is necessary that we find a solution with government and SANParks moving forward ”, says Austin.

CyclingSA are requesting meetings for the early part of January with the different ministries of government as well as SANParks and other relevant parties to discuss and determine a national solution."

CYCLINGSA.COM

Waar my wa staan

Arie

Sun, 29/12/2019 - 20:55

Ek glo ons dwaal nou baie af van Len se punt wat hy gemaak het. Hy het nooit gepraat oor wie die rwg op die pad het of nie, maar oor eensydige verslaggewing?

Terloops ek het altyd geleer dat geen mens die reg het om ń pad te gebruik nie, maar wel die voorreg om dit te gebruik?

Maar terwyl ons nou stry oor wie wat reg was of nie, as doe fietsryer die reels gehoorsaam het en maar sy toegang permit gekoop het dan was sy arm nie nou gebreek nie?

Niemand gaan my vertel dat toe hulle hom gestop het en gevra het vir sy permit, en hy dit kon toon hulle hom van sy fiets af sou stamp en sy arm breek nie?

Nee wat as mens skelm en oneerlik is moet jy verwag om probleme te kry, vat dit dan soos ń man en hou op kerm hoe swaar die arme fietsryertjies kry.

Ja ek weet en ek respekteer enige ordentlike fietsryer se reg om die pad te gebruik. MAAR dan moet die arme bloeidjie ook die wette leer en nie twee, twee of soms sommer drie, drie langs mekaar ry nie.

En soos iemand hierbo genoem het, sou jy waag om vir hul te toet, dan word jy gevloek en alerande vingers gewys.

Nee wat te veel van die fietsryers glo hulle is klein godjies omdat hulle fietsry, dit is glad nie so groot prestasie nie, tot klein kindertjies kan fiets ry.

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 29/12/2019 - 20:59

Voorie, neef ry ook bergfiets, en motorfiets, en motorkar. Nou, om in kort te antwoord, die wet, en jou reg wat toegang gee om dieselfde pad te gebruik , moet die fietsryer asb verstaan hy is die kwesbaarste op die pad, en asb tog besef.   

Kan ek vra waar die ketting reaksie begin het na die berig. Nic het besluit hy is bokant die wet, en nou is die resultaat dat hy flenters is, sy volgende wedloop is afgelas, maar 5 families kan dalk sonder inkomste te sit. 

Ja, stem saam dat nie nodig is om ñ man se arm te breek nie, maar soos my oorle pa gesê het, ñ stil bek, is ñ heel bek, praat nou van Nic.

 

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 29/12/2019 - 21:30

Nou wonder ek, wanneer is iets n reg en wanneer n voorreg?

Ek verstaan dat dit n baie goeie gesindheid in mense sal instel om die pad byvoorbeeld as n voorreg te beskou.

Maar se nou n goewerment vat so iets kop toe. Meneer dit is nie jou reg om paaie te gebruik nie, jy kan maar net te bly wees ons laat jou toe, dit is eintlik n voorreg en jy moet weet as jy nie vanaand tien uur in die bed is nie, vat ons daai voorreg weg.

?

Centurion

Dusty

Mon, 30/12/2019 - 04:59

Ek lees nou almal se kommentare. Wat ek egter nie raak lees nie is dat niemand bespiegel oor Dlamini se reaksie/houding teenoor Sanparke se veldwagters nie. Was hy rustig of was hy aggressief. Ek weet nie want ek was nie daar nie. Maar soos genoem was die berig baie eensydig. Het die media net met hom gesels of net die veldwagters ook. Klink vir my hulle het kant gekies. Elke saak het 2 kante maar dit is deesdae die tendens om maar net na een kant te luister. 

Dit gaan nie oor fiets ry of kar ry nie maar dit gaan oor die reg of verkeerd. 

Vaalpark

Johann L

Mon, 30/12/2019 - 06:34

Stoffel, dit is presies wat Len probeer uit wys. (Volgens wat ek hier lees)

Wat ek egter nie raak lees nie is dat niemand bespiegel oor Dlamini se reaksie/houding teenoor Sanparke se veldwagters nie. Was hy rustig of was hy aggressief

Die berig  gaan oor die "arme slagoffer", en is een "oogig" gestel.

Ek kan self hoogs de meor in raak as ek op 'n pad is en daar ry 4+ ryers langs mekaar, of selfs groter bondels mense die hele baan vol,  nou moet jy teen 20kpu agter hulle sit tot waar jy kan verby steek.

En, dit is meestal ook NIE 'n georganiseerde rit nie, maar 'n klomp wat saam oefen,  ek het dit baie tussen Parys en Potch gekry.

Ek glo vir geen oomblik dat 'n rustige persoon,  'n harde gat houding sou uit lok nie? 

Centurion

Dusty

Mon, 30/12/2019 - 07:06

Johann, ek glo dat indien jy iemand agressief benader moet jy verwag dat hy ook agressief sal wees. Maar wanneer jy hom rustig benader sal hy ook rustig wees. Ek is op skool geleer: "met jou hoed in jou hand kom jy ver in die land "

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Mon, 30/12/2019 - 07:15

'n Sagte antwoord laat woede bedaar; 'n krenkende woord laat woede ontvlam, het oom Salamo gese. S15:1

`n Stuitige oom gewees as ek Hooglied so kyk.

Môre alle fietsryers en normale padgebruikers

Ek het 'n broertjie dood aan ge-organiseerde fietsrenne en -draf/stap op openbare paaie. Daar is 'n groot verskil tussen 'n persoon wat met 'n fiets pendel, en die bondels fietsryers wat 'n pad in beslagneem. 

Ek beoefen NIE my sport waar dit ander mense pla of benadeel nie, dus moet ook nie jou sport beoefen waar dit my vryheid van beweging strem nie.

Ek is verdraagsaam teenoor 'n fietsryer, maar kan gladnie die arrogansie van 'n groep fietsryers hanteer nie.

Groete

Anton: Geniet jou vakansie by TO-strand, en ry sommer op die strand lang ente, dis baie veiliger as op die paaie.laugh

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Mon, 30/12/2019 - 10:12

en -draf/stap op openbare paaie.

The wicked run when no one is chasing them, Proverbs 28:1  devil

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus