6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -8 minutes ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -28 minutes ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -1 hour ago
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -2 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -3 hours ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

Oor ditjies en datjies

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Dikwels is daar iets wat 'n ou wil sê, maar dit verg nie eintlik die opening van 'n afsonderlike gespreksdraad nie.  Ek het gedink om so 'n plek te skep en hier gaan ons met my eerste "ditjie".

Die Kaapse Vlakte : Dit is maar niks anders nie as verskeie townships hier in Kaapstad.  Ons kry daaglikse terugvoer van ons ou jarelange, getroue huishulp wat in een van hierdie gebiede (Delft) saam met haar gesin in 'n HOP-huis woon (waarvoor haar naam 25 jaar lank op 'n waglys was).  Volgens haar kan niemand dit na donker buite waag nie, die skote klap dan daagliks en maklik sommer deur die res van die nag.  Sy word gereeld beroof tussen die "taxi rank" en haar huis.  Om hierdie rede betaal ons haar weekliks op verskillende dae en nooit op 'n Vrydag of maandeinde nie.  Sy verkies weeklikse kontantbetalings want dan is die bedrae kleiner en daar is geen sprake daarvan om geld by 'n OTM te probeer trek nie.

Die DA-regering vra al vir jare dat die Weermag ontplooi moet word om die daaglikse moorde, bendegeweld, dwelmhandel, dwelmgebruik en ander misdade onder beheer te bring, maar dit word telke male afgewys.  Gister het Bheki Cele, minister van Polisie, na 15 moorde die naweek, aangekondig dat die Weermag van vanoggend 2vm in die Kaapse Vlakte saam met die polisie ontplooi word. Maar foeitog, die oubaas sê hulle het nie na die DA geluister nie, maar na die gemeenskap ! (Moenie vergeet nie, hier in Kaapstad ondersteun die meerderheid van die "gemeenskap" die DA !)

Wil jy nou meer !

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 30/12/2019 - 12:34

Net gou nog enetjie oor eensydige optrede, beriggewing of opinie lug :

Ons geagte minister van Omgewingsake, Barbara Creesy het ook vergeet om gebalanseerd en nie eensydig nie, op te tree soos soveel politici nou al die afgelope tyd gedoen het. (Onthou die Schweizer Reneke geval toe die onskuldige onderwyseres geskors is ?).  Sy het SANParke se personeel onmiddellik geskors voordat 'n onpartydige kommissie kon ondersoek instel. 

Eensydige optrede of beriggewing is 'n euwel wat daagliks voorkom en uitgeroei moet word.

Secunda

Sleep nou

Mon, 30/12/2019 - 14:32

Skyf emosie eenkant voor jy n besluit maak is dit maklik nee n reel wat ek van harte neem is Dink voor jy praat 

Centurion

Voortrekker

Mon, 30/12/2019 - 15:02

Sy het SANParke se personeel onmiddellik geskors voordat 'n onpartydige kommissie kon ondersoek instel. 

 Lyk vir my sy het by die SANParke rangers geleer?  Neem sommer die gereg en vonnis in haar einde hande sonder om die regte prosedures na te volg?  

Centurion

Voortrekker

Mon, 30/12/2019 - 15:37

Die hele Nic vs SANParke storie laat my ook nogal dink aan 'n onlangse gebeurtenis waar 'n vrou geteister was deur polisie in Pretoria omdat sy blykbaar haarself ook bo die wet geplaas het en nie gestop het toe hulle haar wou aftrek nie.  As ek reg onthou het sy ook nie by 'n rooi lig gestop nie?    Volgens van die redenasies wat ek hier op die forum lees het dit seker die vrou toegekom en sou dit nie gebeur het as sy nie daardie tyd van die aand met haar voertuig gery het nie?  Of was dit in haar geval anders omdat sy 'n motorvoertuig bestuurder was en nie 'n "arrogante" fietsry godjie nie?   Youtube video van die geval hieronder.

 

video
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 30/12/2019 - 17:05

Daar is 'n hemelsbreë verskil in die vrou ter sprake, se optrede :- 

  • Sy wou nie by 'n blokkade stop nie omdat dit laat in die nag was en sy alleen in haar motor was  -  ook omdat daar talle sulke vals blokkades, blouligte en al, is waar mense beroof word.  Sy het gemik om by 'n polisiestasie te gaan stil te hou. Trouens, selfs trokke het kennisgewings agterop dat hulle nie by padblokkades na sononder sal stilhou nie, maar sal na 'n polisiestasie beweeg.  Sy het op die ingewing van die oomblik 'n besluit geneem in 'n poging om van moontlike gevaar weg te kom
  • In Dlamini se geval het hy vooraf 'n berekende besluit geneem om 'n nasionale park onwettig te betree

 In beide gevalle is die SANparke-personeel en die polisie se optrede verfoeilik en nie ter sprake nie

Ag wat, ek is moeg vir hierdie gesprek  .. (wat ek nogal begin het !)

Centurion

Voortrekker

Tue, 31/12/2019 - 06:54

Ok, Appels met appels.   In beide situasies het groepe persone in magsposisies se ego's hand uitgeruk want hulle het nie daarvan gehou dat gewone mense nie onmiddelik vir hulle wou stop en hulle gehoorsaam nie.   Dit is wat in elke situasie gebeur het, watookal die redes hoekom die vrou in die voertuig nie onmiddelik wou stop nie en ook hoekom die man op die fiets nie onmiddelik wou stop nie.    Ons neem aan dat die persone in mag moontlik beide se ry permitte wou ondersoek?

So omdat die fiets en voertuig bestuurders nie hulself wou onderwerp aan die "outoriteit" van die mense in uniform nie en nie onmiddelik wou stop nie, het hulle dit binne hulle reg gevind om die fietsryer en motovoertuig bestuurder te volg totdat sy stop of om die fietsryer van sy fiets af te ruk terwyl hy ry en hulle dan fisies aan te vat?

Beide situasies weerspieël 'n soortgelyke tendens wat al hoe meer kop uitsteek waar persone in magsposies hulle mag misbruik en dink dat hulle kan maak en intimideer soos hulle wil?

Het Nic 'n permit om by silvermine te ry?  Het hy een op hom gehad of het hy dalk sy jaarlikse permit by die huis vergeet?  Ons weet nie want hierdie inligting is nog nie bekend nie - maar daar word wel al baie gevolgtrekkings hieroor gemaak.    

Appels met appels?  Ek sien 2 groepe vrot appels in elke video.  2 Groepe in magsposisies wat vrot is en weerspieël wat aan die orde van die dag is.     

So wat?   Moet ons dit maar net aanvaar dat dit in orde is vir hulle om so op te tree?  En as ons dit nie aanvaar nie moet ons maar eenvoudig die gevolge dra en moontlik in 'n polisie sel gegooi word of fisies aangerand word.  Nee, die optrede van beide SANParke rangers en Pretoria Metro polisie is in beide gevalle verkeerd en dit is waaroor die bohaai gaan!  

'n Groot gedeelte van ons land se mislukkings sit in die verkeerde optrede, onbevoegdheid en korrupsie wat onder lede heers wat as staatsamptenare aangestel is.   In daardie en soortgelyke semi- staats instansies is daar baie min wet en riglyne en maak wernemers maar meestal net soos hulle wil.   Hierdie instansies is veronderstel om die publiek te dien, maar inteendeel dien en voel hulle net hulself en hulle eie ego's.  Dit is wat in beide gevalle uitgebeeld word en die publiek raak gatval daarvoor !    Die publiek, na aanleiding van die korrupsie en intimiderende natuur van persone in magsposisies in Suid Afrika, het al lankal respek verloor vir mense in uniform en sien hulle nie meer as dienaars nie, maar as boewe en boelies!

Secunda

Sleep nou

Mon, 03/02/2020 - 18:02

Na die polonie ding wonder ek hoe gereed hierdie mediesie is vir so uit breek in SA 

Centurion

Voortrekker

Tue, 04/02/2020 - 13:03

Hier is 'n youtube video van die Nic Dlamini saga op Carte Blanche

video
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus