Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -53 minutes ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -1 hour ago
Vordering met die Triber se Kamp-aanpassings Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -1 hour ago
Uit 'n ander hoek Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -1 hour ago
Dis hoe die rallytent twee… Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -1 hour ago
Triber se dakspore is baie swak Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -1 hour ago

Maart 2020 Koffie Kroeg

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre mede forumiete. 

Eerste dag van die derde maand van die jaar.

Dit is alweer die man van die sand wat my staarsiekte veroorsaak. Sit nou in die sitkamer en koffie drink. 

Ek hoor nou 'n persoon iewers ry met sy V8. Seker die mooiste dreuning vir my. Anders is dit doodstil hier. 

Mag elkeen 'n wonderlike Rusdag geniet

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 03/03/2020 - 09:30

Geniet jou Dinsdag voluit in vrede.

 ..... dit vanmiddag op die rolbalbaan geniet. 'n Droomdag hier by Kleinmond teen die see. En ons rolbalbaan het die mooiste uitsig oor ons hoofstrand.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 03/03/2020 - 09:40

rolbalbaan

Geniet dit Chris en plaas vir ons hier bo so mooi foto van die "mooiste uitsig oor ons hoofstrand" asb.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Tue, 03/03/2020 - 10:56

Hi Johann L, jong dit sou lekker gewees het om daar 'n draai te kon gaan maak, maar ons ry in 'n groepie af Kaap toe en is reeds bespreek en betaal in Bloubergstrand vir die tydperk. Ons tyd is ook 'n bietjie beperk met die ryery en die werk roep kliphard. Een mater se fietsry was amper gekanseleer deur sy bestuurder en toe hy hoor wat hy sal moet terug betaal toe wens hy ons sterkte toe vir die rit. Dalk op 'n volgende keer dankie.

0
Waar my wa staan

Arie

Wed, 04/03/2020 - 07:21

Frik as ek reg onthou gaan julle Drie Berge toe?

Stuur groete vir Bessie die kantoor dame. 

Ek weet die seuns gaan rugby speel maar as julle tyd het, neem fietse saam, daar is ń pragtige fietsry baan.

Dit is een van my gunstelling oorde! Kan ook lekker roei op die dam.

0

Môre Stoffel

So breek daai dag vir ons almal aan. Ek het ook nog net 18 salarisstrokies voordat ek klaar geboer is op die "plaas".

Staal jouself, die laaste 12 maande gaan soos blits verby. Die tyd sal leer -- moenie angstig rondkyk nie.

Groete   

 

0
Centurion

Dusty

Wed, 04/03/2020 - 09:36

Wessel, ek wag nie vir die tyd om verby te gaan nie. ek vat dit maar dag vir dag. Hopelik word ek steeds benodig op kontrak. Danie Muller maak hierdie jaar klaar einde Augustus. die maand wat jy verjaar is jou laaste werksmaand as permanent wanneer jy moet aftree.

0

Hello Stoffel

Dra my groete oor aan Danie Muller. Vir een of ander rede kan ek hom nog voor my sien. Wel soos hy daai dae gelyk het in A-gebou.

Groete

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 04/03/2020 - 11:11

A-nee-a potensiële afgetredenes, dis nie 'n saak om met vrees te benader nie  -  dit behoort 'n heuglike gebeurtenis te wees om die tuig te kan neerlê na jare se swoeg en sweet.

My laaste vlug huis toe in die Kaap,  na my laaste twee jaar van werk in Angola, was die wonderlikste gevoel onder die son en daarna (nou 12 jaar later) het ek nog nooit na my loopbaan terug verlang nie, ten spyte daarvan dat ek 'n fantastiese loopbaan van 43 jaar geniet het.

Ek beveel aftrede ten sterkste aan, dis heerlik bevrydend !

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus