Soos almal weet dit is ons kombinasie en dat die Ford letterlik 'n "tap on te back" gekry het laasweek die aand voor ons by die Phalaborwa hek in gegaan het Letaba kamp toe.

Die was in Hartenbos Feb. 2013

Ford Territory ST
Die Ford is terug by die huis en blink mooi.

Nou moet die dak "lining" gedoen word want hy het orals al los gekom. Daar is Leather Tek in Pta. Noord, hulle vra my R2,800.


Die hele dak "lining" het gesak.
Ek het ook Froggy se 3 way…
Ek het ook Froggy se 3 way split aircon laat doen waar Willem syne laat doen het.
Dink dit is al 9 jaar terug en hy loop nog soos stroop
Willem is dit jou fiets daar…
Willem is dit jou fiets daar bo op die Territory se dak? ![]()
Willem is dit jou fiets daar…
Ja daar is 2 van hulle en ek het plek gemaak vir Wijan sin ook maar hy het besluit hy trap nie fiets nie.
Ford Territory ST
Die dak "lining" is gedoen. Die kleur is so effe donkerder as die oorspronklike maar ek is tevrede.

Grobbies het my na Collin verwys naby Eugene Marais Hosp. en hy het my R 1,200 gevra. Gister oggend so by 08:30 na hom gevat en 12:00 het hulle my laat weet ek kan hom kom haal.
Dakvoering
Middag Willem
Dit lyk netjies.
Deel asb die Collin se kontakbesonderhede, mens mag dit dalk net nodig kry.
Groete
Wessel
Roof Lining
Collin - Roof Lining
072 639 0603
661 Mortimer Street
Mayville
Pretoria
Gauteng
South Africa
Dakvoering
Hello Willem
Dankie vir die detail.
Julle ouens ken ook al die regte mense, so bly ek ken julle.
Groete
Ford Territory ST
En daar sit ek in ? (bollie) straat, Woensdag toe ek Wijan by die skool kry na hy in is sit ek die Ford in "R" en hoor iets is nie lekker nie, merk ook die tru kamera kom nie aan nie en die PRND op die "dash" bly flikker.
Kry verwysing na Koops in Gezina, hy sê hy gaan nie diagnostic doen nie want hy werk nie op daai auto ratkas te nie en verwys my toe na Auto Box in Koedoespoort. Hulle doen toe gratis die diagnostic en bevestig wat en die Workshop Manual raak gelees het. Dit is een van die Solinoids van die ratkas en die flikker van PRND beteken hy is in limp mode.
Kontak toe vir Eddie van Botswana vir nog raad, hy stem saam want hulle stuur ook die Territory's se ratkaste na Mayfair Gearbox in Pta. Het reeds verwysing gekry na hulle. Bel toe, die Diens afdeling sê hulle moet eers die diagnostic doen teen R980 om te sien wat sê die rekenaar. Ek sê maar Auto Box het dit verniet gedoen, toe sê sy dat hulle gereeld werk vir hulledoen en sal hulle kontak om die verslag te kry en my dan terug skakel.
Nou wag ek vir haar oproep ☹.
Ford Territory ST
Het vandag Aurinia Ford in Silverton waar ek al gediens het geskakel, Chantelle (diens afdeling) sê hulle maak nie ratkaste oop nie. As hy nog onder waarborg is stuur hulle dit na Mayfair anders na RDG in Pritoria, Riaan.
Ek skakel hom, hy sê hy sal die diagnostic doen sonder koste en dan vir my geraamde koste gee.
So môre vat ek die Ford na hom toe en hoop vir die beste.
Jammer om van jou probleem…
Jammer om van jou probleem te hoor Willem. As ek reg onthou het die ST 'n ander ratkas in as wat my destydse TX gehad het, ZF of Getrag? Beide is onder die beste outo ratkaste wat bestaan. Een van die redes hoekom ek my TX laat gaan het was moontlike probleme met onderdeel beskikbaarheid toe Ford die Territory (wat ten volle ingevoer was) van die mark afgehaal het. Hoop jy kom reg.
Grootwind ...
Ja myne het die 6 spoed kas in.
Sal hoor wat RDG vandag sê.
Sterkte Willem, heng mens…
Sterkte Willem, heng mens het nie groot uitgawes nodig nie maar, dit bly altyd minder as 'n nuwe ryding.
RDG Pretoria ...
Ek was by Riaan gewees en ek dink ek is in 💩 straat.
Hy het die dignostic gedoen, ge-reset, hy sal kyk wat hy kan uitvind en my laatweet.
Toe het hy dit ge-reset.
Nou wag ek.





Ai tog...
Ai tog, ek is baie teleurgesteld met PowrTouch in Villiers as ek so na jou drama luister.