Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Maer Leeu? Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -29 minutes ago
Kieterkatte Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -45 minutes ago
Slange Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -47 minutes ago
12 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Betaal vir entertainment Dinokeng Camp and Leisure… Geert -3 hours ago
Geert, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -3 hours ago

Waar is .......

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Verbeel ek my of was Len lanklaas hier?

Mens raak bekomerd as mense so wegraak!

Secunda

Sleep nou

Thu, 07/05/2020 - 07:53

Hier is so baie ander wat jy min van hoor en dan baie wat aangesluit het maar ja ek ook moeg gevra gesels tog saam

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 07/05/2020 - 09:22

Sien die Ou Baas is aangeteken, hoop hy gaan iets sê ?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 07/05/2020 - 09:55

Ek is nog hier rond  -  net stokflou van Covid-19 praatjies, veral in die lig daarvan dat ek vandag my 3de dag in Tsendze moes gewees het en danksy Covid-19, sit ek nou nog in Brackenfell.

Maar tog, daar kom interessante dinge navore wat veroorsaak is deur die Covid-virus, byvoorbeeld : 'n bejaarde familielid in Pretoria is 'n paar dae gelede oorlede. Sy seun woon ook in Pretoria, een dogter in Australië en 'n ander dogter in Oostenryk. Sy kleinkinders is versprei oor die wêreld, een in Venisië en ek weet nie eers waar in die wêreld is die res nie. Die oorledene se skoonseun, 'n Afrikaanse predikant, woon in Oostenryk,  gaan die begrafnisdiens lei oor Zoom en dit is dus moontlik vir alle belangstellende, waar ookal in die wêreld, om deel te hê aan die erediens.

Sou dit nie vir Covid-19 gewees het nie, sou bitter min mense van Zoom bewus gewees het en min mense verspreid oor die wêreld sou deel aan die erediens kon gehad het.

Darem iets goeds wat uit die virus voortgevloei het.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 07/05/2020 - 11:11

veral in die lig daarvan dat ek vandag my 3de dag in Tsendze moes gewees het

Vertel ons maar so 'n bietjie meer oor waar jy 2 0f 3 jaar gelde was - met 'n ou fototjie of twee.

Ekself was 'n jaar gelede in Punda. Watter lekker herinnering as ek daaraan dink.

Punda

Ons het vandag, presies 'n jaar gelede, nie 'n juis 'n vrugbare dag gehad wat wild aanbetref nie (as ek gou-gou na my rekords loer), maar hierdie foto is verlede jaar op 7 Mei geneem. Ek onthou dat jy (Len) ook by geleentheid 'n foto van dieselfde maroelaboom op die S99 (Mahonie-ompad), geplaas het. Ons het darem die vorige middag 7 wildehonde baie naby aan dié boom gekry.

Punda

Punda

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 07/05/2020 - 13:19

Ek kan nie die stert se punt sien nie. Dus nie kan ek nie uitmaak of dit 'n grootkol- of kleinkolmuskeljaatkat was nie. Maar pragtig!!!

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 07/05/2020 - 13:39

Dit is een wat mak is, hulle het hom glo in die bos gekry en groot gemaak, maar steeds wat hy nie mak soos 'n huis kat nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 07/05/2020 - 20:00

Daardie begrafnis storie wat ek hierbo van vertel het :-

Dit was tog 'n baie interessante geleentheid -  al die "begrafnisgangers" oor die hele wêreld kon vooraf en na die diens lekker gesels soos wat dit maar altyd destyds was by so 'n geleentheid.  Dit het gevoel of almal saam in dieselfde kerk sit, maar in der waarheid tog derduisende kilometers uitmekaar.

In die toekoms sal dit ook nie meer nodig wees om van ver af te reis om begrafnisse/troosdienste fisies by te woon nie, dit kan sommer aanlyn gedoen word.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus