Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel, ek kan nie "thumbs… Oktober 2026 saam gesels HennieBo -1 hour ago
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -10 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -12 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -13 hours ago

Gas / Hout braai.

Tussen hemel en hêl
Submitted by GeesWatWandel on
Forums

Soos gebruiklik op n Saterdag gaan ek netnou n lekker vleisie braai en n paar biere afwerk. Vandag is dit n skaaprib, wors en steak. 

 

Ek is eintlik te skaam om te se maar die afgelope paar maande steek daar n lelike ding sy kop uit hier by  my. 

Ek braai sommer op die gas braaier.  Iets wat nooit gebeur het nie. Die vuur is so lekker om na te kyk en laat mens dink. 

LOL, miskien raak ek oud en lui, maar fear not, sal dit nie waag as ek gaan kamp nie. ?

gees
Centurion

Voortrekker

Sun, 15/04/2018 - 19:50

Nee Johan. 'n antieke foto. Die gasbottel bestaan lankal nie meer nie. Ek het maar net die foto geplaas om te bewys dat die Voortrekkers al daai tyd op gas gekook het.  Dit is mos waar die sê ding "cooking on Gas" vandaan kom?   

0
Pretoria

Slowstrike

Mon, 16/04/2018 - 11:58

Ek verkies hout of houtskool .

Maar.........Daai gasbraai maak `n soetmiele en knoffelbrood darm mooi gaar.

Potjie maak ek net op gas anders drink ek blykbaar te veel (volgens my vrou)

Groetnis

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 16/04/2018 - 12:03

Ek verkies hout, maar as ek nie goeie hout kry nie gebruik ek maar houtskool.

Gas, is ek nie so seker van nie, dan kan mens maar netsowel op die stoof gaarmaak, daai rook smaak is mos juis wat die vleis lekker maak/

Potjie sal ek nie weet nie, ek is baie gesondheids bewus en potjie kry groente in, dus laat ek dit nie toe in my huis nie!

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 19/04/2018 - 08:03

Ou gesie n vuur bring mense saam almal praat jou taal en dis kamp en braai en soms hoe swak my WPPPP span vaar ek sien net weer hier waar ons nou amper 2 weke kamp met al drie word daar gebraai maar mederheid braai met houd en gooi n houdskool later by maar braai word daar gebraai

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 19/04/2018 - 08:41

Vuur is gesellig en die braaivleis smaak kan op geen ander manier gekry word nie.  Maar gas is tog gerieflik en vinnig as jy haastig is.   Steak maak baie lekker gaar op gas.

0
Waar my wa staan

Arie

Sun, 22/04/2018 - 15:52

bliksemstrale en donderweer ..................... en hier het nog altyd net die hoogste agting vir die Skim gehad, A Nee A Man!!! klaar gebraaide vleis, verbeel jou, dit is so oneerbaarlik as kan kom.

ek hoop die sooibrand looi jou vannag!

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 03/08/2020 - 14:08

Ek het weer n paar keer met gasbraai gebraai niks fout daarmee maar aai tog die vleis / wors proe tog net soveel lekkerder vir my en die atmosfeer (bos tv) bly maar n wenner stem jullesmiley

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 03/08/2020 - 17:03

'n Houtvuur skep 'n atmosfeer wat onontbeerlik is wanneer jy kamp. Maar 'n ou wat vir my vertel dat vleisbraai op 'n Weber (ek praat nie van "indirect cooking" nie - alhoewel dit ook sy plek het) is nie braai nie - vir hom ek sê sommer sy gat. As ek kamp, maak ek 'n houtvuur wat die hele tyd brand. Maar ek maak my brikette-vuurtjie neffens die houtvuur in my mini-Weber (Smokey Joe). En ek braai my vleis in die Weber - direk op die kole. Die lekkerte daarvan is dat jy jou temperatuur kan beheer soos dit jou pas. Vlam die kole, plaas jy net die deksel op vir 'n paar oomblikke. En jy kan dit ophou vir 'n tydjie om die vleis 'n besonderse rookgeur te gee.

Ek gebruik die groter Weber baie selde. Gister was weer die eerste keer in etlike maande wat ek dit gebruik het toe my seun en sy gesin hier gekuier het. Ek het twee ontbeende hoenders, gestop met 'bacon', feta en pynappel, gaargemaak. Dit was 'n uur op indirekte hitte totdat die hoenders deurgaar was. Toe's die brikette ingekrap en die hoenders is brosbruin aan die buitekante gebraai. Dit was byna soos om jou vingers af te eet.

Dit was juis 'n ontbeende hoenderresep wat ek jare gelede vir 'n Colman's Mosterd-kompetisie ingeskryf het wat aan my een van die troospryse (my eerste Smokey Joe Weber) besorg het. Ek is tans op Smokey Joe nommer 3 en wil nooit weer sonder een wees nie. Daar by Eiland Spa brand ons mopanie-vuur aand na aand - maar die braai geskied op die Smokey Joe. Daar is kere wat die houtvuur noodwendig gebruik moet word. Jy't nie 'n ander keuse met 'n staanrib nie. Of wanneer daar 'n snoek gebraai word (want dit pas nie op 'n Weber nie - en jy sny nie 'n snoek middeldeur nie)

Ralie het 19 jaar gelede by die Kaapse Home Makers Expo 'n groot gasbraai gewen. Ek was aanvanklik baie in my noppies oor die groot prys. Maar ek kon maar net nie die gasbraaiery onder die knie kry nie. Dieselfde geld tot vandag toe nog vir 'n skottelkaar ook. Ek kom nie reg met die goed nie. Die groot gasbraai het ek later vir my seun gegee, want dit was 'n wit olifant by ons. My skottelskaar het ek sommer vir die tuin-ingenieur gegee. Om die lank en die kort op te som - ek is klaarblyklik te "stupid" om met 'n gasbraaier of skottelskaar te werk. Maar 'n ou wat vir my vertel dat braai op 'n Weber is nie braai nie - ek herhaal: "Sy gat!"

In die wildtuin ry ek my klein gasstofie saam. Daardie enetjie wat in die klein plastiektassie kom en met die gas "cannisters" werk. By die piekniekplekke maak ek maar my brekfis daarop.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 03/08/2020 - 18:29

Ek sukkel my gat af om met gas te braai, dit bly flamme maak, en verskroei dan die vleis, ek hou van "charcoal" maar meer van goeie hardekool hout. Hoe dit ook al sy,  die bos tv moet op kanaal vuur en vlam wees.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Mon, 03/08/2020 - 18:52

Ek het die winter in my ingeboude braaier gebraai. Meeste wat ek hom nog gebruik het.

Ek het sommer met enige hout gebraai, tot bloekom. Maak vuur in die middel en dan krap ek kole na links of regs uit soos ek kole benodig.

Moet erken ek het Sekelbos gekoop, wat glo droog was, maar sukkel my gat af, omdat hulle vêr van droog is.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 03/08/2020 - 19:05

Het op n stadium ñ Chaddo Chef ingeboude gasbraai gehad. Die een het so klomp klippertjies  wat bo-op angle irons lê met die gasvlam onder. Ook n deksel wat kan opkom met termometer etc vir roast. Daai het lekker gebraai, veral op die stadium in die lewe waar tyd maar toegewyd was, en n lank vuurmaak op n weeksaand nie gewerk het nie.

Deesdae brand ek n sak Wattle op vir n stukkie wors, het die tyd vir stilsit.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 04/08/2020 - 10:38

n sak Wattle op vir n stukkie wors

Ja Neef, ek brand soms twee sakke sekelbos vir 'n stukkie wors.

Ek het na my groot gas braaier se "defuse" (is dit reg ?) plate weg gebrand het vir my 'n "grid" ingesit en hom vol van daai vuurvaste klonte wat jy te koop kry by BWH gegooi nou braai hy ietswat beter, maar gebruik hom gewoonlik net as hier baie mense en kinders in sodat die ouers vinnig vir die kinders iets kan braai.

0

Jip, ek like ook my gasbraaier se nou en dan.

Hy braai die heerlikste varktjops...

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus