Kan ek dalk vir iemand 'n heerlike beker tee aanbied? Ek hoor van Augustus af gaan die drink van koffie nou sterk verban word? ![]()
Geniet die Augustus maand - ons het die jaar darem al sovêr oorleef en oor 'maand is dit alweer lente! Dan gaan ons lekker kamp!
Môre môre, geniet jul dag,…
Môre môre, geniet jul dag, en ook die lang naweek, die wat nog lank naweke kry, en uit sien daarna 😁
Hallo mense. Daar is hy nou…
Hallo mense. Daar is hy nou! Ek het darem net 1 vergadering vandag ![]()
More More
Dit is weer vrydag en dus naweek.
Intra Kampers moet dit geniet en veilig sleep.
Volgende naweek en week daarna gaan ek ........................ Sorry, hou die spasie dop.
Ons klient by wie ons getender het op die nuwe hoë en groot brug in die ou Transkei, moet afvlieg Durban toe oor sy tender. 3500 ton se staalwerk op die brug. Klink of hy dit dalk gaan kry. Hy het ons al gevra of ons op eie risiko sal begin planne teken, so positief voel hy.
Daar is 4 mense wat getender het op die bou en ons het pryse in by 2 van hulle. Ek dink die laaste 2 wat oor is, is die 2 by wie ons getender het.
Ons het ons prys tot op die been gesny om te probeer om die tender te kry. Ons Covird prys ![]()
Moet erken as ons die projek land sal dit beslis goed lyk op my besigheid se CV. Die grootste enkel projek tot op datum vir ons. Nie in prys nie, maar in totale gewig.
Geniet julle naweek en wees veilig.
Best of luck Harry...
May it fall into place for you
RGDS
Warren
Môre môre julle, lekker…
Môre môre julle, lekker naweek vir julle en ons duim vas Harry vir daai lekker brug kontrak. Ek sal daarvan gehou hrt om so projek te kon mee maak, van begin tot einde.
Harry ons hou
More almal lekke naweek die wat kamp gaan groot kamp n hond uit n bos en Harry ons hou duim vas vir jou virrie kontrak vrede
Wow Harry !
Wow Harry, dit klink sommer baie opwindend - ek hou saam met jou styf duimvas dat die tender in julle guns val.
Het nog altyd gewonder, wat presies is dit wat julle teken ? Die brug is tog seker reeds deur ingenieurs ontwerp en planne opgetrek om tenders te kan aanvra. Ek raai julle tekeninge het te doen met die gedetaileerde ontwerp van die staalkonstruksie in die brug, maar vanaf wie se instruksies/ontwerp teken julle, die ingenieurs s'n ? Wie teken julle tekeninge af, die ingenieurs ? Wie betaal julle, die ingenieurs of die boukontrakteur ?
Help tog 'n bietjie asb. - baie interessant vir 'n oud "pen-pusher".
Harry, ons hou duim vas dat…
Harry, ons hou duim vas dat jy die tender kry, dinge is styf en elke inkomste is brood nodig👍
Môre sê Kampforum
Sterkte Harry en hoop vir die beste.
Vandag kom die ouens kyk om die sloot in die plaveisel reg te maak waar die nuwe waterpyp gelê is.
Dis koud in Pta. vandag.
Geniet jou dag voluit in vrede.
Len ons doen die tekenige…
Msikaba Bridge in die Transkei.
Len ons doen die tekenige vir die mense wat die bou werk doen. Hulle betaal ons ook. Dit is slegs die staal werk. Werk nou saam met die ontwerpers van die brug en hulle teken dan alles af. Ons maak n prys per ton. So as daar iets is wat herhaal, maak ons geld, want jy teken een ding en jy maal met die aantal. Hierdie die is baie swaar staal so ons tarief per ton sal laag wees.
Ons doen die "detail design" tekenwerk. Elke stukkie staal, boute, moere, plaatjies, ens. Ons gee ook vir die vervaardiger "NC files" van waar hy dan al die staal sny. Ons bou n 3D model op die rekenaar en sê dan vir die rekenaar om planne te teken. Dit is nie meer soos in die ou dae nie. Hy gee gewig tot op die gram. werk ook die verf hoeveelheid uit, ens.
Ons sagteware wat ons gebruik kom van Finland af "Tekla Structures" Kos ongeveer R300k per lisensie en ons het tans 7 lisensies. Jaarlikse opgradering vir al 7 saam is so R360k. Ons het nie die jaar opgradeer nie, maar kan nogsteeds op ouer weergawe werk. Bitter min mense het opgradeer die jaar.
Ons het nou net die oproep…
Ons het nou net die oproep gekry van ons klient. My vernoot moet hom 13h00 kom sien. Wil voorkom of hy die brug gekry het. Finale geld en aflewering moet glo bespreek word.
Ons het al 2 jaar terug, vir die eerste keer op die brug gekwoteer.
Klient wil al 200 ton aflewer oor 3 weke
Sal laat weet wat uitslag van vergaderig was
Baie dankie almal, ek…
Baie dankie almal, ek waardeer julle duime.
As ons order kry, kan ek weer my geld wat ek aan besigheid geleen het vir oorlewing, terug kry en weer op hulle spaar plek plaas. ![]()
Ek's bly vir jou onthalwe…
Ek's bly vir jou onthalwe Harry. Ons vertrou dit is sommer weer die begin van groot dinge na die afgelope maande se "gemors".
Fan.......................
Fan......................tasties Harry - baie geluk !





Groot Gerrit slaan uit
Welkom ou Groot G net soos Harry se die mense sukkel daar buite die somer is oppad slowstrike lekke gatskop dag vir almal vrede