Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -5 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -6 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -6 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago

Augustus 2020 met of sonder koffie

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Kan ek dalk vir iemand 'n heerlike beker tee aanbied?  Ek hoor van Augustus af gaan die drink van koffie nou sterk verban word? wink

Geniet die Augustus maand - ons het die jaar darem al sovêr oorleef en oor 'maand is dit alweer lente!   Dan gaan ons lekker kamp! 

Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 04/08/2020 - 07:03

Dit voel darem warmer die laaste 2 dae.

Hier by my is daar niks nuus nie. 

Julle moet n wonderlike dag hê en wees veilig

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 04/08/2020 - 10:44

Nee, ek is gewoonlik eers besig voor ek hier kom sit maar die ouens is hier vandag om die nuwe water lyn in te sit en ek moes nog plan maak om die karavaan uit te skuif.  wink

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 05/08/2020 - 07:26

More Shawn en ander wat dalk opdaag.

Sien hier lê klomp vuil Blou Bul koffie bekers rond. Wonder wie son is dit smiley

Dit was darem n moerse ontplofing in Beirut Lebanon gister. Kan nie glo hulle stoor sulke plofbare goed in n hawe.

Geniet julle dag en wees veilig

 

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 05/08/2020 - 07:29

Nee gooi weg daai blou bul bekers hoe se jy altyd Harry ( koets) ja dit was een groot ontploffing gewees gesien op Face se boek

0
Pretoria

Slowstrike

Wed, 05/08/2020 - 08:22

Môre almal

Na drie dae wat amper soos somer gevoel het is hier vanoggend weer ryp op die gras. Ek dink ek het te vroeg dit in die tanne afgesny en kunsmis en water gegee. Sal maar wag en kyk

Harry ek lees ook elke dag Maroela media en het gesien van die ontploffing. Dit gebeur orals ter wereld in China was daar al `n plofstof/vuurwerk fabriek in die middestad wat ontplof het. Selfs hier by ons by Modderfontein was daar al `n voorval

As alles mooi loop kry ek vandag my nuwe bakkie..... Aftree ryding wat vir ewig sal moet hou

 

Groetnis

0

Môre Slowstrike

Baie geluk met nuwe ryding. Ek sal graag wil hoor, en sien, wat jy gekoop het, veral omdat jy oortuig is  dat dit "vir ewig" moet hou.

Ek hinkepink ook met daardie besluit, want ek het dieselfde spesifikasie betreffende tydsduur na verval.

Groete

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 05/08/2020 - 09:51

Moet sê, ek sien die Forum lewe weer yes

Die nuwe water pyp is in en nou staan die meter stil as als toe is, hoop om nou minder water voor te betaal as wat ons gebruik het.

Harry, ek het plek vir daai blou bekers wat daar rond lê.

Ja daai ontploffing was erg gewees.

Sal ook wil weet wat is daai "Aftree ryding"

Geniet jou dag voluit.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Thu, 06/08/2020 - 06:09

More mense, of is dit nou mens smiley

Gister was weer n lekker warm dag en ek moes later my langmou hemp ruil vir n kortmou hemp.

Ek kan nie glo,hoe die tyd vlieg nie.

Ek sien elke dag hoe baie mense sukkel om te oorleef. Die koop en verkoop groepe is baie aktief, soos mense hulle besittings probeer verkoop.

Geniet julle dag en wees veilig.

0
Pretoria

Slowstrike

Thu, 06/08/2020 - 07:44

Môre almal

Harry ek kon gister in die tuin werk sonder `n hemp. Vanoggend effe koeler en daar is blykbaar koue oppad vir die naweek. 

Ek kan nie wag om te begin groente plant nie maar die grond temp is nog effe laag. Nog `n projek om aan te dink `n groente tonnel .........

Mooi en geseënde dag vir almal

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 06/08/2020 - 08:20

Goeie môre kampforum, lekker om te ontwaak en te weet, die lente is om die draai.

Harry, baie mense trek swaar, en as ek sulke dinge hoor of sien,  dan kan ek net sê, Dankie, ek is so bevooreg, ons het kos, 'n dak oor ons koppe, betroubare vervoer, en so kan ek aan hou en aan hou,  niks om oor te kla nie.

Groot G welkom terug, was jy oorsee in gehok😂

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus