Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
GOOGLE Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -54 minutes ago
GOOGLE aanteken Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Hennie... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel, ek kan nie "thumbs… Oktober 2026 saam gesels HennieBo -3 hours ago
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -13 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -13 hours ago

Hoe lyk jou neus kas

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Wil nie Tora se penne kasdraad kaap nie, daarom begin ek liewer 'n nuwe draad om tips te gee hoe om jou neus kas bietjie meer ordelik te hou. 

Ek het vir alles wat ek kon, "tool clips" in gesit, dit werk vir my baie lekker.

Tool clips

Tool clips Tool2

Hose pipe

Vir die tuin slang wat so rond lê sommer 'n verleng koord se tol gebruik om dit netjies in plek te hou.

Vaalpark

Johann L

Sat, 30/11/2019 - 17:15

Somtyds gebeur iets, wat mens se "planne in die wiele ry" tot voordeel van van jouself.

Ek moes onlangs die Penta se wiele af haal, kan nie onthou waarom nie, maar die ratchet met die lang "extention"  kon nie die wiel boute los kry nie,  en ek moes toe 'n kort "extension"  uit die gereedskap "shed" gebruik.

Die lang een werk weer beter vir die movers,  maar nie op die wiele nie, my "tools clips" was te groot vir die kort verleng stuk, die, moes toe maar los in die neuskas rond lê, en dit het my geirriteer. 

Nou ja, vanoggend was ek Vanderbijl toe vir iets vir my bakkie,  en onthou gelukkig om sommer kleiner tool klips te kry. Nou is die verleng stukke albei "vas geklem" .

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 01/12/2019 - 10:28

Gewoonlik maar deurmekaar. Beslis tyd dat ek iets daaromtrent doen as ek sien hoe netjies lyk Johann s'n. Ek behoort as't ware skaam te kry vir myne. Dankie vir die motivering om iets daaraan te doen.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 01/12/2019 - 12:27

My neuskas is n toonbeeld van my persoonlikheid. Elke item op n aangewese plek en silwerskoon. Na elke kamp word alles sorgvuldig uitgepak, geinspekteer , skoon gemaak en op bespreekte posisie gebêre. Meeste items het n klamp of iets soortgelyk wat dit stewig vashou, neef verpes goete wat net los ingestop word en rondval in die ry. Om op te som, ek is so gatvas dat selfs in pikdonker enige item raakgevat kan word.

Ongelukkig is daar nie fotos beskikbaar as bewysstukke nie, dit sal nog kom, maar eers moet ek genoemde neuskas prakseer. Sien, neef het nog nie een nie !!

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 01/12/2019 - 15:06

Intussen het ek daai oranja impak mellet in sy peutjie in geslaan, ek ry nou 'n 4lp hammer saam en moet nog iets uit werk om dit stewig in die neuskas te hou.

Enige voorstelle?

0
Worcester

Wildehont

Sun, 01/12/2019 - 19:21

Gelukkig is die Kavango se neuskas maar klein en met die gasbottel daarin bly net genoeg plek oor vir my braairooster, tuinslang, stortpote, besempie en skoppie, kamptoilet vir mans en paar tentpale en steadies se spanner.

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 01/12/2019 - 20:13

Chris, ek is baie lui, die stutte se slinger, het ek weg geslinger,  gebruik 'n koordlose boor met 'n No. 19 sok. Die sok pas ook op die wiel moere, en daarvoor het ek 'n ratchet met verleng stuk, wat ook weer op die movers pas. 

Nee hel, ek kry skoon skaam vir my luigeit😂

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 01/12/2019 - 20:17

Stoffel, ek het twee van daai mellets stukken geslaan,  en kry nie 'n lekker groot alluminium hammer nie, toe besluit ek maar op die 4Lp hammer, hy gaan nêrens sukkel, of breek nie.😀 

0
Centurion

Dusty

Sun, 01/12/2019 - 20:21

Johann, soos wat ek dit verander het is daar nou geen terug skokke op jou hand nie. Die vesconite wat daar in gepers is keer enige skokke. 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 15/08/2020 - 13:19

Ek sien nou hierdie en die neus kas se laaste inskrywing was "Mon, 02/12/2019 - 07:50"

Populêr vandag views Augustus 2020 met of sonder koffie 17 Karavaan Battery 8 Hoe lyk jou neus kas 8

 

Toe sien ek ek het ook nooit myne gewys nie, maar hier is hy toe hulle die movers geskuif het (tot my bittere spyt want gister weer gehoor hoe hy gly teen die bande) 

.

0

Middag vriende

In my wa se neuskas is, 3kg gasbottel, derde deel van lugreeling, tenttoue, nr 7 penne, tregter en in kasdeur is die byl monteer.

Neef Herman: het jy al gehoor van 'n flits om iets raak te vat in die donker??

Chris WH: blik sement emmer, jou Kavango moet dan 'n grot in plaas van 'n kas hê!!!

Groete

 

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 15/08/2020 - 19:57

My neuskas is my "garage" as ons kamp.  Ek het LED-ligstrook in die neuskas gemonteer sodat ek in die stikdonker lig op die onderwerp kan hê.  My spaarwiel is op sy standaard plek met twee 3kg gasbottels weerskante.  Ek het ook 'n plastiek hark om die terrein se klippies weg te hark voor ons tent opslaan en twee besems, een om blare weg te vee en 'n sagte besem vir binne die wa. Aan die heel linkerkand (buite sig van die foto) is die tentpenne, tenttoue, stormtoue en hammer.  Heel regs (ook buite sig in die fot0) is drie emmers en 'n gieter asook my buitelig. Voor die spaarwiel is my skottelbraai en staalplaat wat ek gebruik om te keer dat die trippelwiel nie vashaak by 'n randsteen nie.  Niks fênsie nie, maar alles byderhand.

.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 16/08/2020 - 07:18

Trippelwiel !!!! Sjees...Ruiterwiel kan seker ook werk, hy stuur mos die perd. Maar ek hou van jou neuskas, lekker ge-organize. Ou Jurgie het ongelukkig nie een nie, gasbottel en Jerrykan staan so in die oopte net agter die Trippelwiel se handle.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus