Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel... Kruger 2026 Rona du Plessis -39 minutes ago
Wessel... Kruger 2026 Rona du Plessis -42 minutes ago
heersende wind in ons kompleks.... Kruger 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Jy sien, Kruger 2026 Johann L -1 hour ago
Raai wat's vir aandete vanaand. Nog lekker hoender resepte Rona du Plessis -1 hour ago
baie roete opsies... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago

Wie is jy?

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Die gereelde geselsers kan mens soort van aflei, maar dit sal vir my interessant wees om meer uit te vind van wie en wat al die forumlede is. Ek sal begin...

Gebore in die Moedersbond in Pretoria om 06:00 op ‘n Saterdag in Januarie 1972. Grootgeword teen die Noordelike hange van die Magaliesberg Oos van die Wonderboom. Besoek die Kruger wildtuin saam met my ouers elke Julie vakansie sedert ek gebore is. Daar slaap ek eers in ons VW Kombi wat net vir die wildtuin toer gebruik en ingerig is. Later in my eenman tent. Swot Stadsbeplanning by Tukkies van 1990 tot 1993.

Gaan werk in Randburg en toe Sandton as ‘n stadsbeplanner net toe die politiek verander in SA. Geniet dit glad nie. Te veel politiek, en dit voel of ek die belastingbetaler se geld mors want die politici luister nie na my aanbevelings nie. Hulle neem politieke besluite. In 1997 doen ek ‘n gidskursus, bedank my veilige stadsraad pos, en gaan werk vir minder as ‘n kwart van die salaris en sonder voordele as ‘n veldgids. 
 

Van einde 1997 tot 1999 lei ek kampeertoere in Suidelike - en Oos-Afrika. Onder andere ses toere van Johannesburg na Nairobi via Zimbabwe, Zambië, Malawi, Tanzanië, Zanzibar en die Serengeti en agt twee-week toere in Botswana. Daarna begin ek mekoro toere op die kanaal wat die St Lucia meer met die see verbind (estuary), bestuur ‘n wildplaas buite Hoedspruit, werk by ‘n lodge daar naby en doen vryskut gidswerk in die wildtuin. Toe trek ek Botswana toe vir 2,5 jaar; bestuur lodges, lei vir ‘n jaar 33 drie dag staptoere in Groot Vier gebied (die renosters was uitgeskiet) en werk met opgeleide Afrika olifante waar ek onder andere self as mahout die een koei kon ry maar meestal op die grond gestap het om wilde olifante weg te hou wanneer toeriste op ons olifante ry in die bos. 
 

Toe gaan ek terug stadsbeplanning toe in 2005 vir ‘n jaar, maar die bos roep te hard en ek aanvaar ‘n posisie as streeksbestuurder vir ‘n Amerikaanse toeroperateur. Daar ontwikkel ek opvoedkundige toere en lei self toere in SA, Botswana, Namibië, Zimbabwe, Zambië, Madagaskar, Gaboen, Kameroen en Sentraal-Afrika Republiek. Ek het dit baie geniet, maar ontmoet my vrou in 2007. In 2008/9 kan die maatskappy nie bekostig om my permanent aangestel te hou nie weens die wereldwye resessie, en ek moet ‘n regte werk soek. 
 

Ek gaan werk vir 5,5 jaar as projekbestuurder vir een van die groot siviele kontrakteurs in SA, meestal in myne en by SASOL in Secunda. Dis ‘n moeilike aanpassing na 12 jaar in die natuur, maar hou die pot aan die kook. In 2014 kry ek werk as projekbestuurder in Worcester by die plaaslike munisipaliteit, waar ek nog werksaam is. Uiteindelik laat my leefstyl toe vir ‘n gesin en ons kinders is beide hier gebore.
 

Voordat hulle gekom het, het ek en my vrou lekker gereis in SA, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek en oorsee. Vandat hulle groot genoeg is (toe die jongste twee geword het) kampeer ons weer, en in 2019 koop ek ‘n 2008 Echo Kavango. Ons skuur elke moontlike geleentheid gat in die Wes-Kaap en wildtuin toe. 2020 was die eerste jaar van my lewe wat ek weens die inperking nie wildtuin toe kon gaan nie. 

Hier is ‘n foto van ‘n jaar gelede.

A

Wie is jy?

 

 

Centurion

Voortrekker

Sun, 21/02/2021 - 17:35

Gebore in Worcester op 'n koue wintersoggend op 27 Junie 1974.   Daarna my ma en pa hel gegee totdat ek weermag toe is in 1993.   Ek het darem ook skool gegaan en geleer om te lees en tel , eerste op laerskool Somerset Wes en toe op 11 jr na De Hoop laerskool.l toe, ook in Somerset Wes.  Omdat ek altyd ou tv's en wasmasjiene uitmekaar gehaal het, het my pa dit goed gedink om my na Hoër Tegniese skool Belville toebte stuur vir die jare wat my stem breek en ek hare op snaakse plekke kry......

 

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 21/02/2021 - 17:53

....weermag te 3 Elektriese werksplaas in wonderboom en het ek sommer as staandemag lid ingeklaar in Jan 1993 met my nat matriek ore.  Na amper 2 jaar en baie opleiding in Elektronika, het ek besluit die k@fplaas is nie vir my nie en dat ek eerder bietjie wil toer. So het ek toe vir 2 jaar rond getoer in SA en gewerk van trekker drywer op 'n appel plaas in Grabow tot kuns verkoper in Durban.  

1996 skryf ek in by Bybel Instituut van Suid Afrika vir my graad in Teologie -  hier het my liefde vir mense, ander lande en kulture ontwikkel.....  

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 22/02/2021 - 10:47

Ek is Sleep nou gebore innie Kaap 1967/07/28  my naam is Shaun Moller sy ma se oudste en lelike seun groot geword in Phalaborwa gewoond aan daai 40 - 52 grade innie dag na skool vir twee jaar weermag toe in Potchefstroom 3SAI - en toe onderhouseenheid ook in Potch na weermag in 1990 by Sasol begin werk en is nou 31 jaar by die groep baie dankbaar getroud met Berdien en al drie ons meisiekinders uit skool getroud en saam hulle ses geseende klein kinders wat hou ek van eerlikheid opregheid ek is n ou vir die bos maar ook so nou en dan die see besig om alles agter mekaar te kry vir wanneer ons op pension is wil ons vir lank gaan kamp ja ek is n ou wat daar innie bos, woestyn sal sit en alles om my invat en geniet n paar toere in beginsel op papier klaar beplan en sal hulle doen sodra lank kamp begin van die toere sluit in (1 n maand toer op wynroete 2 n maand toer deur die noordkaap en weskus 3 maand toer in die wiltuin sal van Noord begin en deur werk na onder kon nog nooit die wildehond sien nie dalk dan sien ek homwink 4 n maand kamp op suidkus 5 twee weke of so die Namaqua 4x4 roete doen en so dan die Richtersveld doen waar ek dan die half mens kan sien ons wil ook so n toer maak net ander kant Pretoria hulle noem die plek Denokeng area waar verskilde oorde is ek sal fotos plaas hier op van my gein kleinkinders en groot liefde en dan like ek ook die forum baie

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 22/02/2021 - 12:06

Ek is 'n gebore Pretorianer wat my laer- en hoërskoolloopbaan ook daar voltooi het.  Ek het bankwese as 'n loopbban gekies en by Volkskas in Silverton, Pretoria begin werk, maar na drie maande moes ek eers my militêre diensplig by die militêre polisie voltooi.  Aanvanklik was dit by Voortrekkehoogte en later in Potchefstroom.

Ek kon toe my loopbaan by Volkskas in Silverton hervat en is na 3 jaar na die bank se hoofkantoor in die middestad verplaas.  Ek is intussen getroud en was deel van die destydse bank-inspeksie personeel .  Ons het vir langer as 3 jaar die hele Suid-Afrika en die destyse Suidwes-Afrika deurreis met ons karavaan om inspeksies/oudits by Volkskas takke te doen.

Ons eersteling was oppad en ek word toe as rekenmeester na Memel, 'n klein dorpie in die oos-Vrystaat verplaas.  Daar het ons vir 3 jaar gebly waarna ek weer na die bank se hoofkantoor in Pretoria verplaas is.  Ek was 7 jaar daar betrokke en word toe Kaapstad toe verplaas na die bank se streekhoofkantoor.  Na 4 jaar word ek na die bank se streekhoofkantoor in Johannesburg verplaas en na nog 4 jaar terug Kaapstad toe waar ek betrokke was by die stigting van ABSA uit Volkskas, United Bouvereniging, Allied Bouvereniging en Trust Bank.  Na 6 jaar word ek gesekondeer na 'n bank waar ABSA 'n belang in gekoop het, Commercial Bank of Zimbabwe en ons verhuis na Harare. Ek was 7 jaar daar betrokke en word toe gesekondeer na Banco Comercial Angolano waar ek betrokke was vir 2 jaar tot my aftrede.  Omdat my aftrede voor die deur was, het ons vanaf Harare direk na ons aftreehuis in Brackenfell getrek en ek het maar in Luanda in hotelle gebly.

Vandat ons getroud is in 1969 tot nou toe was daar nog altyd 'n karavaan op my werf.  Ek is absoluut versot op die karavaanlewe en my voorkeur kampplekke is die Kruger Wildtuin en Hartenbos.  Hier rondom ons kom talle karavaanparke voor waar ons graag vir langnaweke (of gemaakte langnweke !) ook kuier.

Ons is geseënd met twee seuns, 'n dogter en drie keinkinders en hulle bly almal binne 5km van ons af  -  almal is gek oor die kampeerlewe.

 

0

Unfortunately, unlike most, mine is not a pleasant tale.

Born into reasonably wealthy circumstances, and spent a happy early childhood living in Randburg.

When I was about 8 I discovered my brother’s body suspended from the top door of our shared wardrobe, and between my mother & I we tried unsuccessfully to revive him.

Unfortunately, he was gone.

A year later, almost to the day, when I returned home from school.... Discovered my mother’s body hanging in the shower  

During the period where only me & my father where around, He tried to sexually molest me in the kitchen, Thankfully, I managed to push him off.

Shortly after that, he met a woman who already had 2 children of her own, and when she was showing, (pregnant) they got married in court.

My life descended into a living hell of abuse

I was sent off to boarding school, (Settlers) and suffered many beatings & being kicked around on the floor during school holidays...

After primary school I was again sent off to boarding school (Randfontein) and suffered the same treatment until half way through STD 8, when during one of these impending attacks, on the day before school started I ran away to school to the words “*#k-off and never come back ringing in my ears....

I never did.

Found out he was molesting my brother (16 at the time , and when my brother told my mother she disbelieved him, and, due to the magnitude of his problem...... He committed suicide.

My guilt-ridden mother killed herself a year later......

Not content with that he had tried me....

The Abuse????  As I was the only living witness to what had really happened, (he hid under a fabricated lie) I was literally thrown out the house at 15, with only my dead brother’s clothing on my back..

 This is not a pity-party, it is, simply, what it is.

But let me speed things up a bit....

I managed to get myself indentured into South African Airways as a turner – machinist,

Was the first apprentice to successfully complete NTC1, NTC2 & my interim  practical’s and end of year practical exam

Went off to 2 years national Service, First at 4 SAI Middelberg (TVL),  then @ 7SAI at Burks luck

Came out of that, got into the repair and manufacture of mining equipment, that was a dad end, got out of that, went into the Electronic component manufacturing & when that went insolvent joined this company.

Along the way, I fostered a 14 Year old troubled boy from welfare, who, later married & has got 2 wonderful kids, A girl of 10 and a boy of 11

And So I come to the present...

Me with my story.... My son out of welfare, and my Daughter-in-law, who, when her mother’s husband abandoned them, was left to sleep under the benches on the local school field with her 3 daughters........

And that gentle folk is me...

0

Hello Warren

I actually decided not to comment on any one's input on this "draad", but reading your history, I can only salute you.

Regards

0
Worcester

Wildehont

Mon, 22/02/2021 - 20:40

Warren, that is true courage. First of all to share all the crap that rained on you at such a vulnerable stage of your childhood and even more commendable to rise above it. Good on you!
 

Dankie vir die ander wat ook meer oor julleself vertel het. Komaan, laat loop sodat ons mekaar beter kan leer ken. 

0

Morning all...

Your responses are, indeed, appreciated.

Ag, you know what? Telling? That’s being clever! All the years I’ve lived under a blanket, side slipping when questions were raised...  I’m sick of it.... Life is what life is...

Nope.... Found out, a couple of years ago, I’ve nothing to “keep a secret” ... Learnt to be comfortable telling things as they are.

But, believe it or not, there is a good side to all of that.

Lessons that, and a living example to successfully drag my son through “welfare – to – caring and capable parent & father of two wonderful kids”....

Let me explain...

See When Chris was 14.... From his perspective, the world owed him something... That because life had dealt him cards, the world was duty-bound to feel sorry for him.

That if he screwed up, it was because of “the world”.....

But now (after 3............ Yip 3 broken-down placments before me), he was living with someone who had gone through “stuff” it was a living example of.............

Life is, what YOU make of it. The world, sonny, owes you nothing....ZIP.... HABBA.... boggerall....

WITHOUT ANY DOUBT, I know, in my-self that, between Chris / me & those early days, had I not been able to be a living example of “Yeah, that’s tough... But it’s your responsibility to get on and do something about it...

And if you do THAT.....

No matter where you finally land up in life.....  No matter HOW wealthy anyone else may be..... With all the luxuries and niceities in the world..

You will be able to look everybody 4- square in the eyes and, without any shame, say to them....

Bully for you... You can say something they can't..........

"I started my race by having to run in the OPPOSITE direction.... where would you have gotten to then"!

You can truly, be proud... You did it on your own back...

THAT’s what pulled him through the eye of the needle.... A mentor that had “lived” the road, not “walkie-talkied”the road.....

And for that?..... I’m grateful...

I would be happy to re-post the tale of fostering Chris, If anyone is interested.... It’s quite a tale, and is a GOOD closing –chapter of that part of my life...

Anyhow, again... Thanks for you kind support

Regards

Warren

 

MOM & DAD

RFGR

JUST BE HAPPY..... CAYLIN (6 MONTHS)

DFF

AIDEN (ONE YEAR)

ERF

 

STEALING GARLIC SAUCE FROM DAD

REWGF

 

TWEE STOUTE KABOUTERS VERJAARSDAG BY STEERS

dc

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 23/02/2021 - 21:06

Nou ja. Huidiglik is ek werkloos en nie juis "employable" nie, effe lank in die tand, en ook nie in die mark vir werk nie. 

Vir die groter tydperk in my lewe was ek self employed,  en vanaf 24 jarige ouderdom eie pot gekrap, in konstruksie. My agtergrond was mynbou, het immers in Witbank groot geword. Konstruksie en bestuur en mynbou en bestuur is baie dieselfde.

Het heelpaar ongelooflike projekte gedoen, en so 20 jaar gelede die wêreld se " Top Resort" op n afgeleë eiland help bou. Die was n groot spanpoging. Na die was ek redelik in aanvraag, en aftrede net voor 50 jaar was moontlik. Daarna het ek nog projekte gedoen as dit stimulerend was. So week gelede het n klieënt van jare gelede my gekontak om renovasies en veranderinge aan sy Lodge te bestuur. Laat mens goed voel, as jy onthou word.

Verder dink ek julle weet van my ou restorasies en alkerhande aanjaag om onder ouma se voete te bly. O ja, ons het 2 dogters,  2 kleindogters, 7 katte , een brakkie, 2 perde en n klompie wild wat pragtig is om elke dag op my stap te bekyk.Foto

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 24/02/2021 - 09:02

Aitsa, dis darem 'n interessante kêrel hierdie wat voor 50 kon aftree !

Herman, vertel ons 'n bietjie meer van daardie "Top resort" en op watter afgeleë eiland dit geleë is ?  (Ek aanvaar ek sal nie met my Exclusive daar kan uitkom nie).

0

Dit is ń lekker fred!

69'ner, gebore in Lichtenburg, baie rondgetrek en van die balju gevlug in my prille jeug. Settle toe in Delmas van alke plekke toe ek in standerd 4 was tot matriek.

Hier het ek ook vir Tannie Poppie gekys in standerd 6...

Weermag toe in 1988, SA Inligtingskool en word ń instrukteur, lekker gewees.

Moes toe maar gaan swot (nie ń clue wat nie..), vyf van my mede instrukteurs noem toe prokureur, toe is dit maar so, by die gebrek aan enige ander keuses.

Lang storie kort, ons almal maak klaar, drie word prokureurs en 2 advokate (albei SC vandag). Beste pêlle tot vandag!

Ek en die tannie trou in 1996, sy apteker en ek n prokurower (ons albei het op Pukke geswot).

Een meisiekind, nou klaargemaak met matriek in Covid jaar (7 onderskeidings) en sy gaan die jaar Tandheelkunde swot op TUKS.

Tweeluing latte is nou standerd 8 en ry bike saam pa as hulle nie rugby speel nie.

Vandag is ek ń senior regs spesialis en die tannie ń hospitaal bestuurder by ń groot hospitaal groep.

Gaan Pretoria toe trek as die seuns klaar is met skool en as ek aftree sal dit wees by die hoof huis en Keurboomstrand.

Ek like my scooter en die bosveld kwaai, maar hou van trippies na Plet se kant toe. Ook gek na die Karoo in al sy vorme.

Hier is ek, die kinders en tannie Poppie

 

 

 

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 24/02/2021 - 18:59

... Na my tydjie in die wit toring waar ons al die wêreld se probleme bestudeer en bespreek het, het  ek die begeerte gekry om my eie probleme te gaan ontwikkel sodat ek dit wat ek geleer het toe kon pas devil

Ek was maar altyd 'n bietjie van 'n nerd gewees en het baie gemaklik gevoel agter 'n ossiloskoop, pc borde en multi-meters.  Op hoërskool het ek ook 'n neiging gehad om al my spaargeld te spandeer op resistors, kapasitors, ic's en transistors -    met my geluk d.m.v 'n vriend was dit toe in Jan 1999 wat 'n electro-chemiese-reactor  die eerste keer op my skoot beland het.  Ek was assistent van 'n elektroniese engineer wat die beheer kragbron vir die reactor ontwerp het, maar in praktyk kon hulle nie die stroombane soos beplan laat werk nie -   

Nou-Ja-Toe -   my praktiese ondervinding met stroombane ontwerp en bou het tot die redding gekom en ek kon die projek red en die reaktor laat werk.   Na dit het die maatskappy vir wie die ontwikkeling gedoen was my 'n werksaanbod gemaak -   Gauteng toe -  Bosveld toe!

Sedertdien was ek vir die afgelop 22 jaar betrokke by die ontwikkeling van die electrogemiese tegnologie en om dit te vestig as 'n Internasionale tegnologie.  Ek doen dit tot vandag toe en is tans besig om die tegnologie te bevorder in brouerye.

Ek het al die hele wêreld rondgereis en vele internasionale projekte voltooi.

Dit was ook by hierdie maatskappy waar ek vir Lolla ontmoet het en tien jaar later is ons getroud met 2 laaities.

Tydens Covid in 2020 het die tegnologie in groot aanvraag gekom tot die punt waar my vrou (Lolla) en haar partner hulle eie electrogemiese reactor aangekoop het - hulle is tans besig om dit verder te ontwikkel vir mediese gebruik.

Maar nou wil ek gaan boer met Beeste langs die Limpop.  Ek hoop om hierdie jaar my eerste beeste te laat begin loop (-:

eca

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 24/02/2021 - 19:26

Beesboer langs die Limpopo !! Demm, dit is n goeie idee.

Op Lennie se vraag. Google  "north-island seychelles" kyk vir hulle site met videos en fotos.  Mense sê altyd dat ek dit vreeslik moes geniet om daar te werk, nee, dit is een van die moeilikste plekke om n projek te doen. Nuff said.

Dan my vroeë aftrede is nie heeltemal korrek nie. Het my aandeel verkoop in maatskskappy op 48, ek was morsdood gewerk op die stadium. Het n beperking onderteken. Daarna projekte bestuur, en konsultasiewerk. Doen dit steeds op n baie informele basis waneer iets opduik.

0

Jan se storie.

Op die plaas Rivulets net buite Nelspruit gebore en het op 4 jarige ouderdom skool toe gegaan om aantal leerling getalle aan te pas sodat plaas skool kon oopbly. Laaste Laerskool jare op Machadodorp en toe Tegniese hoërskool Middelburg waar ek matriek voltooi het. 

Na skool elektriese vakleerling by Spoorweë in Pretoria begin in 1966. In April weermag toe vir nege maande en ambag toets geslaag in 1968. Terug Nelspruit toe en opleiding in verkoeling gekry om yskas trein trokke wat vrugte na JHB vervoer het instand te hou. 

Terwyl ek in Pretoria was so 4 wedstryde vir Noord Transvaal gespeel. In 1971 getroud met twee kinders en vrou verloor in 1992 weens kanker.

Was baie gelukkig om by maatskappy te werk wat my oorsee  gestuur het vir opleiding en selfs herstelwerk op oliebore gaan doen naby die kus van Angola. Na 4 jaar in Johannesburg na Durban verplaas in 1994 waar ek nog steeds is. 

Vir my wonderlike maat Elmarie ontmoet en getroud in 2011. Tussen dit alles 20 Comrades, 8 Argus fiets toere en 15 Dusi kanoe marathons voltooi.

Seun en dogter in eerste huwelik en twee dogters en seun bygekry.  Nog altyd 'n natuur mens wat ook gereeld oefen en aan sport deelneem. Elmarie het op 60 begin saam oefen en ons wag net dat sy aftree na 36 jaar by Absa (na die saamesmelting van die 4 banke) dan vat ons die pad na Serengeti en daarna die hele Suiderlike Afrika.

 

 

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 24/02/2021 - 20:33

My maggies, maar ons het darem 'n klompie, interessante, slim mense hier onder ons !

Dankie vir al die vertellinge  -  hoop daar kom nog !

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus