Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -8 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -18 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -18 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -22 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 day ago

Nee wraggies ?

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Nee wraggies mense, ons as gesoute kampeerders kan baie beter doen hier op die forum as om net soggens te groet en oor die weer te praat.  Ek vind dit maar werklik "boring" om elke dag die moeite te doen om Kampforum oop te maak en dan net die ou vervelige gegroetery raak te loop (wat verdedig word deur ons ouers het ons grootgemaak met goeie maniere).  Hier is net 'n paar ouens wat werklik probeer om interessante gesprekke te voer.

As die oer-oue argument dat "daar is tog net een manier hoe om 'n tentpen in te slaan" geldig sou wees, dan is daar geen doel om 'n forum-lid te wees nie.  Ons sit hier met 'n foutlose, gebruikersvriendelike forum en gebruik dit nie as 'n platform om oor kampervaringe en kampeerplanne te gesels nie.  En voor iemand nou die skuld gee vir Covid-19, dit behoort nie ons geesdrif vir die kamplewe in die wiele te ry nie.

As ek so om my kyk is daar soveel dinge om oor dankbaar te wees, die begroting was nie te "bad" nie, dit lyk of die virus vir die huidige onder beheer begin kom (ja goed ek weet daar is nog 'n golf of twee wat gaan kom), daar is nie beperkings op reis en kampering nie en so kan 'n mens die lys van positiewes nog langer maak.

Ek self het 'n jaar laas my wa gehaak, maar daar is tog die vooruitsig dat dit binnekort weer gaan gebeur.  Kom ons gesels 'n bietjie daaroor of oor vorige kampervarings  -  kyk hoe lekker het ons gelees aan die twee Chrisse se vertellings !  Daar moet mos nog baie sulke gevalle wees.

Asseblief !

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 28/02/2021 - 21:55

Wow, daardie Shingwedzirivier moet 'n belewenis wees !  Gewoonlik in Meimaand as ons daar kom, is dit maar 'n flou riviertjie wat daar by die akmp verby vloei.  Maar tydens groot vloede soos 'n paar jaar terug, oorspoel hy maklik die kamp tot by dakhoogte.

Dankie vir die plasing Willem.

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 01/03/2021 - 06:45

Len jy slaan die spyker presies op sy kop met die "vervelige" forum!

Ek loer so nou en dan hier in om te kyk of daar al iets gebeur het ... maar nee. Elke oggend is dit net ń oor en weer gegroetery en ń gekla oor koffie by die werk wat nie op standaard is nie. Ek sou al lankal vir my self ordentlike koffie gekooo het en werk toe geneem het.

As daar so nou en dan iets anders as ń gegroet en ń gekla oor koffie is, dan is dit negatiewe goed oor die stand van ons ekonomie en politek.

Nee wat vir my persoonlik masr baie vervelig, maar ja dis net ek. Ek gun die mense wat dit geniet om aanmekaar mekaar more te sê hul plesiertjie. Ons kan immers nie almal dieselfde wees nie! Ek kan ook nie sê hulle is verkeerd nie, elke mens het sy eie behoeftes, en wat reg is in myoë is heel waarskynlik verkeers in 100 de ander oë.

Die behoefte pak my so nou en dan om weer so ietsie te skryf, ek het oor Des vir 5 weke in die Weskaap getoer, heel op my eie en alleen. Nou wel nie gekamp nie, maar meestal in hotelle gebly en so nou en dan in gastehuise. Maar ek jan net nie oogewonde raak om dit hier te deel nie.

Ek het ook intussen so jong dametjie (58) aangetree om die lewe saam met my te geniet. Sy is ook mal oor kamp.

Ons gaan 8-3-2021 Mabalingwe toe vir ń tyd. Beplan om die winter so twee, dalk drie maande Moreson toe te gasn. Ook besig om te beplan virń trippie Mana Pools toe in Augustes die jaar. Tussen in sal ons maar so paar kort wegbrekies maak!

0
Worcester

Wildehont

Mon, 01/03/2021 - 08:14

Dit is vir my interessant hoe mense (let wel ek noem geen name en sonder niemand uit nie) van tyd tot tyd kla dat hier niks aangaan op die forum nie. Dis ‘n forum, nie ‘n aanlyn koerant nie. Hier is nie joernaliste of ‘n paneel wat interessante inhoud soek of skep en dit plaas vir almal se gebruik nie. Google gee die definisie vir ‘n forum: a meeting or medium where ideas and views on a particular issue can be exchanged. 
 

Dit hang dus af van deelnemers aan die forum om idees en oogpunte oor die spesifieke kwessie (kampeer) uit te ruil. Die koffiekroeg drade maak ek 99,9% van die tyd nie oop nie, tensy daar ‘n opskrif is wat interessant klink. Dis so maklik soos dit. As iets jou verveel/grief, vermy dit eenvoudig. En as iets jou interesseer of jy wonder oor iets; begin ‘n draad daaroor. Indien dit voorheen bespreek is sal die ou hande jou vriendelik in die regte rigting stuur, sonder om jou “dom” te laat voel. 
 

Wat die lede wat gereeld bydra betref; as jy ophou insette lewer of drade begin, kan jy nie kla dat hier niks aangaan nie. In enige gesprek is daar mense wat eerder luister as praat. Hier is die oorgrootte meerderheid lede duidelik lesers en nie skrywers nie. Om iemand te vra om by te dra is tydmors. Prikkel hulle belangstelling eerder deur jou eie insette. Dis my bydra oor die onderwerp. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 01/03/2021 - 10:56

Miskien is daar so min mense wat kamp dat die deelname maar skraps is. Ek meen Len, Willem, myself  en ek glo daar is redelik baie ander, wat lanklaas gekamp het. Miskien moet ons so opname doen. 

So van my kant af is daar niks om te raporteer tov kampaktiwiteite nie. En die ander nuus is dat geen beplanning op die stadium gedoen word nie.  Hopelik sal ons April vir kleinkinders gaan kuier, en so paar aande in huisies slaap om dit ietwat van n wegbreek te maak.

Wat ek wel kan raporteer is dat ek besig is om n 9x6m stuk skuur te bou van herwinde telefoonpale en ou sinkplate wat oor die jare bekom is. Die gaan meestal gebruik word om voer, bale, in te berg vir die droeë tye. Het n verwaarloosde John Deere 5510N bekom. Regtig n gawe 4x4 model, en werk daaraan waneer dit buite te warm raak. Die een gaan ek verkoop, hopelik met n winsie, en die geldjies bêre vir nog n projek.  Daar verveel ek weer die kampers met nuttelose inligting, maar als genoem, sonder om te kla.

0

Môre Arie

Goed om van jou te hoor.

Klink my of jy 'n besige kampeer tyd aan die beplan is. Ek is bly om te hoor van die dametjie wat haar oor jou ontferm.

Gaan die Fiat daai trip Mana Pools toe kan maak, of gaan jy 'n Ford of Toyota aanskaflaugh 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 01/03/2021 - 11:25

Arie :- Baie lekker om weer jou "stem" te hoor.  Kamp is nou al vir 'n tydjie weer moontlik en hopelik gaan die kampverwante geselsies hier op die forum weer toeneem.  Interessante "ander nuus" wat jy hierbo met ons gedeel het en ons sal geduldig wag om meer inligting oor die Mabalingwe-oefening te verneem.  Miskien is sy handiger met 'n kamera as jy en dalk netso handig om fotos te plaas waarmee jy nog altyd gesukkel het.

Chris WH :-

a meeting or medium where ideas and views on a particular issue can be exchanged. 

Hierdie definisie is absoluut in my kraal (en as ek hierbo reg lees ook in die kraal van Arie, ChrisB en ChrisWH)

Maar nouja, kom ons hou duimvas dat Kampforum oorval word met kamp- ervarings en beplannings.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 01/03/2021 - 11:28

neef, jy is 100% reg.

Het meet as 'n jaar laas gekamp, hoop om die winter vakansie en Oktober vakansie darem uit te kom.

Hierdie verdomde Laptop se "j & h" sleutels hak vas en soms vergeet ek om te kyk en dit nou dat sy kop weer werk sad  weet nie of mens die plat goed kan oop maak nie, te bang.

0

Middag my vriend Len

As ek so kyk na die afgelope week se insette op die forum, behoort jy mos nou hopeloos tevrede te wees.

Tot Arie begin ook weer deelneem, en ons dog die reën is weens die weerstelsel!!

Groete 

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 01/03/2021 - 21:05

Dankie vir die her- verwelkoming.

Die Fiat verbaas my baie, maar ek kon dit seker verwag. Sy is immers op ń Mitsibushi onderstel gebou en het die Mitsibushi enjin in!

Len ja die jong dametjie, Alta sal ek masr mooi moet inbreek. Ek sal nou in Mabalingwe sien of sy darem so op hawr eie kan die kamp opsit, en opk so tussen in vir my Rum en coke aandra waar ek onder die boom sit en toesig hou.

Kyk sy het omtrent my lewe omgedraai, ek was regtig in ń diep swart put op ń stadium. Glad nie geweet hoe om vorentoe aan te gaan nie. 

Ek het dawr in die Kaap ampertjies heel kop verloor, wou net net ń hotel koop wat in die mark was. Gelukug die boek deur gegaan en gou gesien die koopprys maak glad nie sin teenoor die inkomste en uitgawe nie.

Toe maar vir my nog ń huis gekoop in Pta. Lyk of ek daar beter ROI kan kry as op my bellegings. My ander eiendom gee my ń goeie return.

Ek kan nou weer lig sien vorentoe, begin weer opgewonde raak oor die toekoms en ksn weer lekker beplan vir trips vorentoe.

Alta hetnog nooit gevlieg nie(ja ek kon dit ook nie glo nie!) So ek het gedink om in Aug Harare toe te vlieg. Ek het daar ń L Rover met daktent en volle kamp toerusting. Staan by my swaer se huis. Hy kan haar gebruik as ek nie daar is nie met die voorwaarde dat hy al die nodihe instandhouding op haar doen! So san spring ek die gemors by Beitbrug vry en kan nog steeds lekker Mana gaan deurtoer. Beplan om van Mana af Kariba toe te gasn en dan langs Kariba af deur ry Vic Falls toe. Dan Bulawayo, tyd spandeer by Matopos en dan weer Harare. Op pad Mana toe sal ons ook tyd by Chinoye Caves deurbring.

Aangesien sy ook nog nie oorsee was wi ek kyk of ek dalk volgende jaar haar aan my familie in Nedetland kan gaan voorstel. Dan sommer vinnig bietjie, Belgie, Vriesland, Duitsland en dalk Switserland besoek. Dit sal uiteraard nie ń kamp trip wees nie!

Maar ja sal maar sien wat die toekoms inhou, ten minste begin ek weer vorentoe dink.

Ek sal julle ophoogte hou. Nie gereeld nie, kyk so jong meisie hou ń ou man besog en op sy tone. Tyd vir gesels hier is maar min!!

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 01/03/2021 - 22:14

Dankie Arie vir die laat weet van al die beplande reise, al is alles nou nie kampeertoere nie. Hou ons tog maar mettertyd op die hoogte van jou (of sal ek sê julle) doen en late.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 02/03/2021 - 05:45

Ja nee. Mens kan sien Arie se handbriek is nou weer mooi opgetrek.  As die manne so vol muisneste raak dan maak hulle ou vriende mos nie meer saak nie.

 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 02/03/2021 - 08:03

Ja, dit kan lol as jy wil wegtrek maar kan groot skade voorkom ook. Ek sê altyd Salomien is my kompas, nie my handrem nie. Sy dui die regte rigting aan en hou my op die pad. Dis wonderlik dat oom Arie iemand nuut in sy span het. Ons kan hulle sommer die AA (Arie en Alta) noem.
 

Ek is darem nou groen van jaloesie oor daardie toer Mana poele toe. Ek was al meer as 50 keer in Zimbabwe, maar dis die een plek waarby ek nog nooit uitgekom het nie. Ek was so stuk of 10 keer in die Lower Zambezi National Park aan die Zambië kant van die rivier, oorkant Mana poele. Ses van die besoeke was per kanoe, van die Kafue rivier af tot by die Chongwe rivier al met die Zambesi af. Dit is verskriklik mooi daar. Wanneer my kinders groter is sal ek maar van hulle effektetrusts moet verkoop om te betaal vir ‘n toer Mana poele toe. Hopelik kan Alta foto’s neem en vir oom Arie genoeg van ‘n blaaskans gee om vir ons te vertel van hulle toer. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 02/03/2021 - 08:33

ChrisWH, jy is nie die enigste een wat nie by Mana Pools uitgekom het nie.  Ons het 7 jaar in Zimbabwe gewoon en (seker omdat ek 'n teerpad-karavaan het) ongelukkig nooit daar uitgekom nie.  Maar op die pad Mana Pools toe het ons na die Kariba-meer afgedraai waar ek baie was  want die bank waarvoor ek gewerk het, het 'n huisboot gehad. 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 02/03/2021 - 09:15

Dit was seker ‘n fees! Ek was ‘n paar keer by Kariba, maar het nie die geleentheid gekry om op ‘n huisboot te gaan nie. Ek kon darem op die laer Zambesi oorkant Mana twee tiervisse vang. Ek is nie ‘n groot hengelaar nie, maar dit was nogal opwindend en omdat dit ‘n bewaringsgebied is moet mens hulle weer laat gaan. Ek is nie ‘n trofee mens nie, en omdat niemand visse uithaal nie raak hulle lekker groot daar. 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 02/03/2021 - 09:23

Net so paar drade waar Arie vir ons foto's gewys het, Lake Kariba, Kamba karavaankamp Zimbabwe.

Ek hoop die AA span gaan dit weer vir ons wys as hulle daar bo kuier.

Arie is die enigste bruin mens in die water wink.

kariba

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 02/03/2021 - 09:41

Nee dit wys net hy is die enigste een wat van die son hou (soos ek), dit wys net hy het nie elke dag in 'n kantoor gesit nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus