Miskien 'n nare onderwerp, maar slaan liewer oor as dit jou dalk afsit.
Ek is mos Kruger Wildtuin -mal en lees nog heerlik en rustig aan die boek "Shaping Kruger" wat Neef Herman vir my gegee het. Maggies, maar dis 'n interessante boek wat 'n mens nie sommer kan deurdraf nie - baie hoofstukke lees ek meer as eenkeer oor want daar is soveel feitelike inligting wat ek graag wil indrink.
Ek lees tans die jag-gedrag van leeus en hul voorkeur prooi, en moenie dink dis so eenvoudig soos wat die meeste mense dink nie. Wat ook interessant is, is die jag-gedrag wissel van trop tot trop en ook van wildtuin tot wildtuin.
Wild liefhebbers word dikwels met wrewel vervul wanneer leeus wat mense gedood het geskiet word want jarelange ervaring en navorsing het getoon dat wanneer 'n leeu eenkeer 'n mens as prooi aangeval het, dit altyd daarna weer sal doen as die geleentheid hom voordoen. Daarom word sulke diere vernietig as hulle gevind sou word. Oor die algemeen sien leeus in 'n wildtuin nie mense as prooi nie omdat hulle meestal in voertuie is en die voertuie geen bedreiging vir hulle inhou nie.
Die verre noord-ooste van die Kruger Wildtuin, noord van Shingwedzi het geen toeriste-paaie nie en die wild daar sien amper nooit mense of voertuie nie, behalwe so dan en wan Wildtuin-personeel of Eskom werkers wat aan die Cahora Bassa kraglyne werk. Hierdie gebied grens aan Zimbabwe en Mozambiek en veral vlugtelinge en onwettige immigrante het Suid-Afrika probeer bereik deur die Kruger Wildtuin. Geen amptelike statistiek bestaan van slagoffers deur wild in hierdie gebied nie, maar die beraming is dat voor die huidige Regering ons landsgrense geopen het, daar 'n geskatte 1,7 miljoen mense per jaar die prooi van veral leeus geword het. Uit die aard van die saak kon die skuldige jagters nooit opgespoor om vernietig te word nie. In 2003 is 'n trop leeus wat in die omgewing van Klopperfontein-watergat noord-oos van Punda Maria aktief was, uitgeroei omdat bewyse gevind is wat daarop dui dat die hele trop mense (Wildtuin-personeel) met reëlmaat as prooi aanval.
Nouja, ek het gedink om hierdie inligting met julle te deel.
Ek stem saam, 1.7 miljoen…
Ek stem saam, 1.7 miljoen klink onmoontlik. Ek het weer gaan lees en ek vermoed daar is 'n drukfout, daar staan beslis "....an estimated 1.7 milion a year...". Dit word vermeld dat geen statistiek van die dood van mense deur leeus in Kruger bestaan nie, maar in 1993 is daar beraam dat tot (vermoed ek) 1.7 miljoen mense in die Kruger-wildernis hul lewens deur leeus verloor het. Die artikel verwys na een aangetekende geval in 1903 en dit mag wees dat die 1.7 miljoen 'n raming is van sederdien tot 1993 en nie per jaar nie.
Ek sal 'n bietjie verder navraag doen oor hierdie inligting.
Jammer mense, ek was…
Jammer mense, ek was verkeerd. Die syfer 1,7 miloen per jaar is die geskatte hoeveelheid onwettige immigrante en/of vlugtelinge uit ons twee buurlande wat voor 1994 deur die Kruger Wildtuin beweeg het. Van hierdie syfer het talle (maar die spesifieke getal is onbekend) die prooi van leeus geword soos wat Wildtuinpersoneel op menslike oorblyfsels, bebloede kledingstukke en persoonlike besittings afgekom het.
Steeds vandag vind die dood van mense deur leeus plaas. Die jongste geval is waar die oorblyfsels van klere en besittings van ' n veldwagter na maande eers in die Stolsnek omgewing (tussen Pretoriuskop en Malelane) gevind is.
Wat ek baie interessant vind is dat verskillende troppe leeus verskillende prooi-voorkeure het en ook op verskillende voorkeur-metodes het om wild plat te trek. Soos byvoorbeeld in 2003 moes 'n hele trop leeus naby die Klopperfontein-watergat (naby Punda Maria) uitgewis word want hulle het male sonder tal begin toeslaan op Wildtuin-personeel.
Ek sal by 'n volgende keer vertel wat ek geleer het van die jagmetodes van leeus in die Kruger Wildtuin.
“Mensvreter” leeus
Weer eens my pennie in die …
Weer eens my pennie in die blikkie, wat se mense word prooi, is dit groepe wat deur 'n gewapende gids begelei word, of is dit mense wat onnodige kanse vat?
Roofdiere sien nie 'n mens of 'n dier nie, hulle sien 'n bord kos wat geeet moet word.
Ter aansluiting / stawing…
Ter aansluiting / stawing van my stelling hierbo:
As 'n spoedvraat deur 'n spoed lokval jaag, wie moet die boete betaal, die oortreder, of die beampte wat die lokval gestel het?
Kom dit by die mens geld een stel reels, by diere maak ons reels om ons te pas, nie die dier nie.
Praat so van mensvreterleeus...
... en die vermelding van mense wat deur die wildtuin stap om die land onwettig in te kom.
Toe ons in 2017 in Punda Maria was, het ons eeb vroegoggend na Klopperfontein gery. Pas nadat ons afgedraai het op die S60, het ons vars voetspore van 3 mense in die pad opgelet. Volgens die grootte was dit 'n volwasse man en hetsy twee kinders of twee vroue. Twee pare van die voetspore was aansienlik kleiner. Die spore was duidelik in die pad te sien. 'n Paar kilometer verder het 'n verflenterde rugsak ook langs die pad gelê. Ons het die spore opgelet tot by een van die kremetarte 'n entjie voor Klopperfontein. Daar was dit duidelik dat hulle deur 'n voertuig daar afgelaai was. Daar het ook 'n vroueskoen in die pad gelê.
Ek het vir Ralie gesê dat jy moet of baie braaf, of onnosel, of gedetermineerd wees om só 'n staptog aan te pak in leeu- en olifantwêreld.
Goed gestel
wie moet die boete betaal, die oortreder, of die beampte wat die lokval gestel het
Moenie met die leeu se bal speel nie
Môre Chris, nee maar soms is…
Môre Chris, nee maar soms is 'n lekker warm debat tog lekker, solank ons koel bly![]()
Moenie met die leeu se bal speel nie
Gevaarliker
En as dit 'n leeuwyfie is???
Die Engelse stelling is vir seker op leeus ook van toepassing; The female of the species is more deadly than the male
Ja word n leeu
Ek glo as n leeu honger is en jy is n maklike teiken is dit nag nella nag en jy word gesoek waar jy is![]()
Moenie weghardloop nie
Amper enige leeu kan weggejaag word. Ek het dit ‘n paar keer te voet gedoen in Botswana toe ek staptoere gelei het en kampe bestuur het. Skree net voetsek en neem sommer ‘n paar tree in die leeu se rigting. Dan draai dit vinnig stert tussen die bene en sluip weg. Alle diere is bang vir mense, want ons is die een dier wat alles doodmaak en hulle word met die instinktiewe vrees gebore. Moet egter nie jou rug op Ta draai of weghardloop nie want dan word jy prooi en gaan nie wegkom nie.
Die uitsondering is ‘n wyfie met klein welpies. Dan tree moederinstink in en kan sy jou probeer wegjaag. Sy wil egter liewer nie regtig fisies baklei nie want as sy seerkry is die welpies kwesbaar. Staan stil en kyk vir haar as sy jou bestorm. Wanneer sy terugdraai welpies toe neem jy stadig ‘n paar tree agteruit. Sy sal jou dan dalk weer bestorm en dan moet jy maar weer jou man staan. So hou dit aan tot jy ver genoeg is en sy by die welpies sal bly.
Soos jy daar sê
Môre Willem en ander
Ek stem 100% saam. Ek is doodtevrede om na enige dier te kyk vanuit my voertuig, of deur draad/heining.
Laat my dink aan die grappie:
man stap in wildtuin, kom om 'n bos en daar staan 'n leeu. Die ou besef hy het moeilikheid, en bid dat dit tog maar 'n christelike leeu is. Toe hy sy oë oopmaak, sit leeu op sy blaker, voorpote bymekaar en grom-- for what I am to receive....
Groete
Nie ‘n cowboy nie
Ek het nie die indruk probeer skep dat ek Steve Irwin was nie. Toe ek nou weer my laaste inset lees sien ek dit kon dalk so oorgekom het. Wat ek probeer sê het, is dat dit nie nodig is om deur ‘n leeu gevreet te raak as jy een teekom te voet nie. Moenie jou rug op een draai nie en moenie weghardloop nie. Skree, maak of jy dit wil bestorm of gooi dit met klippe. Dit sal weghardloop. Diere het net twee opsies; veg of vlug. Hulle sal altyd eerder vlug as die opsie beskikbaar is, want veg hou die risiko van besering in en dis nadelig vir oorlewing.
Ek het ‘n hele paar keer leeus te voet teegekom toe ek staptoere gelei het, en het net een keer nodig gehad om een te verjaag, want toe ons hom sien was hy net 20m van ons af. Die ander kere het ons ‘n veilige afstand gehandhaaf en die ervaring geniet. Ek glo nie daaraan om onnodige stress te veroorsaak vir mens of dier nie. Ek het selfs een keer ‘n wyfie met klein welpies te voet gesien, en sy het ons nie gejaag nie want ons het in haar gemaksone (ver genoeg) gebly.
Ek moes eenkeer ‘n paar leeus wegjaag van ons kamp af, omdat dit nie omhein was nie. Ons het biltong gemaak en hulle was agter die vleis aan. Ek kon nie toelaat dat hulle naby ons woonplek rondhang nie, hulle moet die gesonde (vir ons albei) vrees vir mense behou en wegbly. Dit was maklik om hulle te verjaag, ons het net geskree en op hulle af gestap. Ek het twee manne saam met my gevat, elkeen met ‘n paar klippe en ek het die .458 gehad vir ingeval. Dit was egter nie eers nodig om ‘n klip te gooi nie. Hulle het soos bang honde hulself uit die voete gemaak. Hulle is net so bang vir ons as wat ons vir hulle is.
Dit geld vir wildbesigtiging in ‘n voertuig ook. Al is hulle meestal gewoond aan voertuie geniet hulle dit nie as jy te naby aan hulle ry of stilhou of hulle weg toe parkeer nie. Dit irriteer my altyd grensloos as mens bv leeus sien stap in die pad (iets wat hulle baie doen vir dieselfde rede as ons - die pad is ‘n gerieflike en vinnige manier om iewers te kom, eerder as om deur die bos te sukkel) en een of ander idioot ry tot teenaan die leeus en hulle vererg hulle en stap in die bos in.
Jou skuilnaam.....
….spreek skielik boekdele.![]()
Ek stem saam met jou, ek vervies my ook as mense altyd probeer om so na as moontlik aan die katte te kom, en hulle vat die veld.
Ek moes eenkeer maar by leeus in pad verby kruip, want ek moes nog Satara toe, en gaan wa staanmaak. Ongelukkig gaan horlosies mos nie staan nie.
Groete
Bang ...
Ek verstaan wat jy gesê het Wildehont, maar bly steed bang. Ons was een keer by 'n plek met Surette se destydse QVC punte, daar het gereeld 'n jong Olifant bul in gekom en die werkers het hom altyd met asblik deksels soos simbale geraas weer by die hek uit gejaag.
Die knaap was altyd besig om die huisies se asblikke te deur soek vir iets, binne die kombuis was net 'n deksel wat jy lig en van buite kon die werkers die asblik uit haal en leeg maak. Die knaap het gereeld sy slurp by daai gat ingedruk. Een aand hoor ek 'n geskarrel by die kombuis, met die wegtrek van die gordyn kyk in daai knaap se gesig vas, so 1m van my gesig af.
Die knaap het my eendag toe ek by die kar was en hom nie gesien kom het nie gejaag om die plek, nogals groot al was hy nog jonk.
Len, jou skryfstuk is…
Len, jou skryfstuk is bevestig in die boek van "Game Ranger remember" geskryf deur die ontslape Bruce Bryden wat jare in die wildtuin as groentjie begin het en sy pad oopgewerk het tot bo-aan die lys van vername veldwagters en bestuur van die park.
As jy nog nie die boek gelees het nie, skaf hom aan.





Skatting korrek???
Middag Len
Dit is werklik insiggewend. Ek twyfel of die syfer van 1.7 miljoen per jaar korrek kan wees. Dalk is dit eerder "oor die jare".
Gestel dit het teen daai tempo vir net 10 jaar aangegaan, dan beteken dit dat 17miljoen mense opgevreet is. Wat is/was die bevolking syfer van Mosambiek.
Groete