Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -55 minutes ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -3 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago

Mensvreter leeus

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Miskien 'n nare onderwerp, maar slaan liewer oor as dit jou dalk afsit.

Ek is mos Kruger Wildtuin -mal en lees nog heerlik en rustig aan die boek "Shaping Kruger" wat Neef Herman vir my gegee het.  Maggies, maar dis 'n interessante boek wat 'n mens nie sommer kan deurdraf nie  -  baie hoofstukke lees ek meer as eenkeer oor want daar is soveel feitelike inligting wat ek graag wil indrink.

Ek lees tans die jag-gedrag van leeus en hul voorkeur prooi, en moenie dink dis so eenvoudig soos wat die meeste mense dink nie.  Wat ook interessant is, is die jag-gedrag wissel van trop tot trop en ook van wildtuin tot wildtuin.

Wild liefhebbers word dikwels met wrewel vervul wanneer leeus wat mense gedood het geskiet word want jarelange ervaring en navorsing het getoon dat wanneer 'n leeu eenkeer 'n mens as prooi aangeval het, dit altyd daarna weer sal doen as die geleentheid hom voordoen. Daarom word sulke diere vernietig as hulle gevind sou word.  Oor die algemeen sien leeus in 'n wildtuin nie mense as prooi nie omdat hulle meestal in voertuie is en die voertuie geen bedreiging vir hulle inhou nie.

Die verre noord-ooste van die Kruger Wildtuin, noord van Shingwedzi het geen toeriste-paaie nie en die wild daar sien amper nooit mense of voertuie nie, behalwe so dan en wan Wildtuin-personeel of Eskom werkers wat aan die Cahora Bassa kraglyne werk.  Hierdie gebied grens aan Zimbabwe en Mozambiek en veral vlugtelinge en onwettige immigrante het Suid-Afrika probeer bereik deur die Kruger Wildtuin.  Geen amptelike statistiek bestaan van slagoffers deur wild in hierdie gebied nie, maar die beraming is dat voor die huidige Regering ons landsgrense geopen het, daar 'n geskatte 1,7 miljoen mense per jaar die prooi van veral leeus geword het.  Uit die aard van die saak kon die skuldige jagters nooit opgespoor om vernietig te word nie.  In 2003 is 'n trop leeus wat in die omgewing van Klopperfontein-watergat noord-oos van Punda Maria aktief was, uitgeroei omdat bewyse gevind is wat daarop dui dat die hele trop mense  (Wildtuin-personeel) met reëlmaat as prooi aanval.

Nouja, ek het gedink om hierdie inligting met julle te deel.

Middag Len 

Dit is werklik insiggewend. Ek twyfel of die syfer van 1.7 miljoen per jaar korrek kan wees. Dalk is dit eerder "oor die jare". 

Gestel dit het teen daai tempo vir net 10 jaar aangegaan, dan beteken dit dat 17miljoen mense opgevreet is. Wat is/was die bevolking syfer van Mosambiek.

Groete 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 14/03/2021 - 17:45

.... ek besef jy gee feitelike inligting, wat jy in genoemde boek gelees het, hierso - maar 1,7 miljoen mense per jaar wat grootliks deur leeus gedood is?? Klink amper vergesog. Is die geskatte syfer slegs op die wikdtuin van toepassing?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 14/03/2021 - 18:54

Ek stem saam, 1.7 miljoen klink onmoontlik.  Ek het weer gaan lees en ek vermoed daar is 'n drukfout, daar staan beslis "....an estimated 1.7 milion a year...".  Dit word vermeld dat geen statistiek van die dood van mense deur leeus in Kruger bestaan nie, maar in 1993 is daar beraam dat tot (vermoed ek) 1.7 miljoen mense in die Kruger-wildernis  hul lewens deur leeus verloor het. Die artikel verwys na een aangetekende geval in 1903 en dit mag wees dat die 1.7 miljoen 'n raming is van sederdien tot 1993 en nie per jaar nie.

Ek sal 'n bietjie verder navraag doen oor hierdie inligting.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 14/03/2021 - 21:23

Jammer mense, ek was verkeerd.  Die syfer 1,7 miloen per jaar is die geskatte hoeveelheid onwettige immigrante en/of vlugtelinge uit ons twee buurlande wat voor 1994 deur die Kruger Wildtuin beweeg het.  Van hierdie syfer het talle (maar die spesifieke getal is onbekend) die prooi van leeus geword soos wat Wildtuinpersoneel op menslike oorblyfsels, bebloede kledingstukke en persoonlike besittings afgekom het.

Steeds vandag vind die dood van mense deur leeus plaas.  Die jongste geval is waar die oorblyfsels van klere en besittings van ' n veldwagter na maande eers in die Stolsnek omgewing (tussen Pretoriuskop en Malelane) gevind is.

Wat ek baie interessant vind is dat verskillende troppe leeus verskillende prooi-voorkeure het en ook op verskillende voorkeur-metodes het om wild plat te trek.  Soos byvoorbeeld in 2003 moes 'n hele trop leeus naby die Klopperfontein-watergat (naby Punda Maria) uitgewis word want hulle het male sonder tal begin toeslaan op Wildtuin-personeel.

Ek sal by 'n volgende keer vertel wat ek geleer het van die jagmetodes van leeus in die Kruger Wildtuin.

0
Worcester

Wildehont

Sun, 14/03/2021 - 22:34

Van wat ek geleer het van leeus uit my jare (so 12) as gids in SA, Botswana, Zimbabwe, Zambië, Namibië, Malawi, Tanzanië en Kenia hoofsaaklik - het leeus geen voorkeur prooi nie. Jag is harde werk, en in Chobe het leeus maar 40% van hulle kos self gedood. Die res het hulle ge-aas. Hiënas in Chobe het in teenstelling 60% van hulle kos self gedood. Daar is leeus dus statisties eerder aasdiere as roofdiere en hiënas die omgekeerde. Hoe dit ookal sy; leeus is groot, swaar diere en gebruik baie energie om te jag. Wat verloor word deur te jag moet weer ingewin word deur te vreet, en daarom is beskikbaarheid en bekombaarheid van prooi ‘n baie groter oorweging as hoe dit smaak. Dis wel waar dat troppe begin spesialiseer in prooispesies omdat dit hulle meer suksesvol maak. So was daar in Selinda, naby Linyanti in Botswana waar ek vir twee jaar gebly het, ‘n trop van 22 leeus wat gereeld ‘n seekoei gevang het. Hulle het die seekoei genader wanneer dit snags wei, en as dit water toe hardloop het twee wyfies dit ingewag en bespring. So het die groot trop gereeld ‘n goeie ete gekry sonder om energie te vermors op mislukte jagtogte. Leeus vreet oor die algemeen 40% van hulle liggaamsgewig in een sitting, en rus dan vir vier dae. Nou my punt; vir ‘n leeu of leeu trop om “mensvreters” te raak, sou daar ‘n gereelde deurloop van mense moes wees. Dit gebeur wel langs kaplyne soos bv waar Masbiekers langs Eskom kraglyne stap om deur die wildtuin in SA te kom, maar ek twyfel sterk of dit met wildtuin personeel sal gebeur.
0
Vaalpark

Johann L

Mon, 15/03/2021 - 06:41

Weer eens my pennie in die  blikkie, wat se mense word prooi, is dit groepe wat deur 'n gewapende gids begelei word, of is dit mense wat  onnodige kanse vat?

Roofdiere sien nie 'n mens of 'n dier nie, hulle sien 'n bord kos wat geeet moet word.

 

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 15/03/2021 - 06:52

Ter aansluiting / stawing van my stelling hierbo:

As 'n spoedvraat deur 'n spoed lokval jaag, wie moet die boete betaal, die oortreder, of die beampte wat die lokval gestel het?

Kom dit by die mens geld een stel reels, by diere maak ons reels om ons te pas, nie die dier nie.

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 15/03/2021 - 07:48

... en die vermelding van mense wat deur die wildtuin stap om die land onwettig in te kom.

Toe ons in 2017 in Punda Maria was, het ons eeb vroegoggend na Klopperfontein gery. Pas nadat ons afgedraai het op die S60, het ons vars voetspore van 3 mense in die pad opgelet. Volgens die grootte was dit 'n volwasse man en hetsy twee kinders of twee vroue. Twee pare van die voetspore was aansienlik kleiner. Die spore was duidelik in die pad te sien. 'n Paar kilometer verder het 'n verflenterde rugsak ook langs die pad gelê. Ons het die spore opgelet tot by een van die kremetarte 'n entjie voor Klopperfontein. Daar was dit duidelik dat hulle deur 'n voertuig daar afgelaai was. Daar het ook 'n vroueskoen in die pad gelê.

Ek het vir Ralie gesê dat jy moet of baie braaf, of onnosel, of gedetermineerd wees om só 'n staptog aan te pak in leeu- en olifantwêreld.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 15/03/2021 - 07:50

wie moet die boete betaal, die oortreder, of die beampte wat die lokval gestel het 

Moenie met die leeu se bal speel nie 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 15/03/2021 - 08:02

En as dit 'n leeuwyfie is???

Die Engelse stelling is vir seker op leeus ook van toepassing; The female of the species is more deadly than the male 

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 15/03/2021 - 12:52

Ek glo as n leeu honger is en jy is n maklike teiken is dit nag nella nag en jy word gesoek waar jy issmiley

0
Worcester

Wildehont

Mon, 15/03/2021 - 13:09

Amper enige leeu kan weggejaag word. Ek het dit ‘n paar keer te voet gedoen in Botswana toe ek staptoere gelei het en kampe bestuur het. Skree net voetsek en neem sommer ‘n paar tree in die leeu se rigting. Dan draai dit vinnig stert tussen die bene en sluip weg. Alle diere is bang vir mense, want ons is die een dier wat alles doodmaak en hulle word met die instinktiewe vrees gebore. Moet egter nie jou rug op Ta draai of weghardloop nie want dan word jy prooi en gaan nie wegkom nie. 

Die uitsondering is ‘n wyfie met klein welpies. Dan tree moederinstink in en kan sy jou probeer wegjaag. Sy wil egter liewer nie regtig fisies baklei nie want as sy seerkry is die welpies kwesbaar. Staan stil en kyk vir haar as sy jou bestorm. Wanneer sy terugdraai welpies toe neem jy stadig ‘n paar tree agteruit. Sy sal jou  dan dalk weer bestorm en dan moet jy maar weer jou man staan. So hou dit aan tot jy ver genoeg is en sy by die welpies sal bly. 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 16/03/2021 - 08:44

So hou dit aan tot jy ver genoeg is en sy by die welpies sal bly.

Ek is te k@k bang.

0

Môre Willem en ander

Ek stem 100% saam. Ek is doodtevrede om na enige dier te kyk vanuit my voertuig, of deur draad/heining.

Laat my dink aan die grappie:

man stap in wildtuin, kom om 'n bos en daar staan 'n leeu. Die ou besef hy het moeilikheid, en bid dat dit tog maar 'n christelike leeu is. Toe hy sy oë oopmaak, sit leeu op sy blaker, voorpote bymekaar en grom-- for what I am to receive....

Groete

0
Worcester

Wildehont

Tue, 16/03/2021 - 09:46

Ek het nie die indruk probeer skep dat ek Steve Irwin was nie. Toe ek nou weer my laaste inset lees sien ek dit kon dalk so oorgekom het. Wat ek probeer sê het, is dat dit nie nodig is om deur ‘n leeu gevreet te raak as jy een teekom te voet nie. Moenie jou rug op een draai nie en moenie weghardloop nie. Skree, maak of jy dit wil bestorm of gooi dit met klippe. Dit sal weghardloop. Diere het net twee opsies; veg of vlug. Hulle sal altyd eerder vlug as die opsie beskikbaar is, want veg hou die risiko van besering in en dis nadelig vir oorlewing. 
 

Ek het ‘n hele paar keer leeus te voet teegekom toe ek staptoere gelei het, en het net een keer nodig gehad om een te verjaag, want toe ons hom sien was hy net 20m van ons af. Die ander kere het ons ‘n veilige afstand gehandhaaf en die ervaring geniet. Ek glo nie daaraan om onnodige stress te veroorsaak vir mens of dier nie. Ek het selfs een keer ‘n wyfie met klein welpies te voet gesien, en sy het ons nie gejaag nie want ons het in haar gemaksone (ver genoeg) gebly.
 

Ek moes eenkeer ‘n paar leeus wegjaag van ons kamp af, omdat dit nie omhein was nie. Ons het biltong gemaak en hulle was agter die vleis aan. Ek kon nie toelaat dat hulle naby ons woonplek rondhang nie, hulle moet die gesonde (vir ons albei) vrees vir mense behou en wegbly. Dit was maklik om hulle te verjaag, ons het net geskree en op hulle af gestap. Ek het twee manne saam met my gevat, elkeen met ‘n paar klippe en ek het die .458 gehad vir ingeval. Dit was egter nie eers nodig om ‘n klip te gooi nie. Hulle het soos bang honde hulself uit die voete gemaak. Hulle is net so bang vir ons as wat ons vir hulle is.

Dit geld vir wildbesigtiging in ‘n voertuig ook. Al is hulle meestal gewoond aan voertuie geniet hulle dit nie as jy te naby aan hulle ry of stilhou of hulle weg toe parkeer nie. Dit irriteer my altyd grensloos as mens bv leeus sien stap in die pad (iets wat hulle baie doen vir dieselfde rede as ons - die pad is ‘n gerieflike en vinnige manier om iewers te kom, eerder as om deur die bos te sukkel) en een of ander idioot ry tot teenaan die leeus en hulle vererg hulle en stap in die bos in. 

0

….spreek skielik boekdele.laugh

Ek stem saam met jou, ek vervies my ook as mense altyd probeer om so na as moontlik aan die katte te kom, en hulle vat die veld.

Ek moes eenkeer maar by leeus in pad verby kruip, want ek moes nog Satara toe, en gaan wa staanmaak. Ongelukkig gaan horlosies mos nie staan nie.

Groete 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 16/03/2021 - 12:32

Ek verstaan wat jy gesê het Wildehont, maar bly steed bang.  Ons was een keer by 'n plek met Surette se destydse QVC punte, daar het gereeld 'n jong Olifant bul in gekom en die werkers het hom altyd met asblik deksels soos simbale geraas weer by die hek uit gejaag.  

Die knaap was altyd besig om die huisies se asblikke te deur soek vir iets, binne die kombuis was net 'n deksel wat jy lig en van buite kon die werkers die asblik uit haal en leeg maak.  Die knaap het gereeld sy slurp by daai gat ingedruk.  Een aand hoor ek 'n geskarrel by die kombuis, met die wegtrek van die gordyn kyk in daai knaap se gesig vas, so 1m van my gesig af.

Die knaap het my eendag toe ek by die kar was en hom nie gesien kom het nie gejaag om die plek, nogals groot al was hy nog jonk.

0

Len, jou skryfstuk is bevestig in die boek van "Game Ranger remember" geskryf deur die ontslape Bruce Bryden wat jare in die wildtuin as groentjie begin het en sy pad oopgewerk het tot bo-aan die lys van vername veldwagters en bestuur van die park.

As jy nog nie die boek gelees het nie, skaf hom aan.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus