
Hiermee beloofde foto's van Zaagkuilsdrift netso anderkant Pienaarsrivier in 'n westelike rigting.













Ons was die naweek weer…
Ons was die naweek weer bietjie hier. Saterdagaand 'n boma braai vir gaste gehou. Die mense stroom in om skaars voël spesies tebsoek.
Daar is nuwe gemeenskaplike ablusies gebou + 4 nuwe boskampe. Ek sal dit volgende keer gaan toets.
Onderaand is ook 'n video wat Anton jnr gemaak het van die Lodge en hanteer ook 'n slang en Hiëna
Anton is ek reg
As ek reg is kan jy nie met n wa soentoe gaan nie daai plek is regtig mooi
Baie oulike oord, dankie vir…
Baie oulike oord, dankie vir die deel.
Lyk my iemand gaan eendag in bemarking in gaan![]()
Nee geen gewone padwa word…
Nee geen gewone padwa word aanbeveel nie.
Ek gaan waag....
Môre Voortrekker en ander
Die plek lyk al hoe meer aantrekliker, ek gaan beslis tydmaak om daar te gaan staan. Ek gaan waag om daai grondpad te sleep. Dit kan sekerlik nie slegter wees as die grondpad Willemsrus-Dinokeng toe nie.
Ek sien hulle waarsku mense dat die pad eintlik net geskik is vir boswaens, is dit bloot omdat dit 'n grondpad is, of is dit rerig baie sinkplaat?
Ek merk ook dat hulle padkaart op hulle webblad en die aanwysings van google-maps effe verskil. Dis nou mbt die ligging van die plek.
Groete
Met papperige bande ok ja!!
Middag Chris S
Die Kavango kan dit moontlik hanteer, maar die insittendes se ingewande ensovoorts hou nie meer van skud nie.
Onthou, 'n Hilux is meer stamperig as ander trokkies.
Groete
Bladvere skud jou pere
Onthou, 'n Hilux is meer stamperig as ander trokkies.
Wessel
Ek stem nie saam met jou stelling nie. Enige bakkie met bladvere ry stamperig. Onthou; my Everest (eintlik maar ‘n vorige generasie Ranger met ‘n permanente kappie en meer beenruimte agter as die Ranger) het ook bladvere. Soos jy tereg uitwys help sagter bande baie om die rit gemakliker te maak. 160 vir jou sleepvoertuig en 200 vir jou karavaan.
My eerste 4x4 was ‘n 2200 Hilux. Die ding het voor ook bladvere gehad. As jy wil skud soos Dolly Parton sonder ‘n bra moet jy daarmee op ‘n grondpad gaan ry. Neem net ‘n tweede verband uit om die petrolrekening te dek.
Pad of Pienaarsrivier
Hello Anton
Die navraag was oor die hoof grondpad soheentoe, NIE of die rivier begaanbaar is nie![]()
Groete
Mooi fotos dankie Anton. Is…
Mooi fotos dankie Anton.
Is dit die plek waar die "goggas" julle so gebyt het?
Zaagkuil ...
Middag Anton
Jis baie dankie man.
Daai staanplekke lyk heel gerieflik. Ek sien daar is genoeg son naby vir die sonpanele.
Ek maak nou reg vir Kalahari, dan 'n maand breek om aftrede te reel, en dan klaar bespreek in KNP-Balule. Daarna kan ek nuwe plekke besoek.
Tussen in moet nuwe trokkie ook nog sy opwagting maak.
Groete
Botox tuitbekkie
Anton
Met so 'n uitlokkende tuitbekkie uitnodiging soos op vorige foto, hoe kan 'n man dan nou nee sê?
Ek wil net bevestig---jou staanplek is sonder elektrisiteit ? Ek sien geen sonpanele op 1ste foto nie, maar wel 'n boksie teen die paal op die voorgrond.
Groete






Dusty en Wildehont
Ek stem saam julle twee