Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef Herman, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -5 hours ago
Sterkte Verskoning Geert -6 hours ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -7 hours ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -7 hours ago

Zaagkuilsdrift - Foto's

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on
Forums

z

Hiermee beloofde foto's van Zaagkuilsdrift netso anderkant Pienaarsrivier in 'n westelike rigting.

z

z

z

z

z

z

z

z

z

z

z

 

z

z

 

video
Centurion

Voortrekker

Tue, 16/03/2021 - 07:41

Ons was die naweek weer bietjie hier.  Saterdagaand 'n boma braai vir gaste gehou.  Die mense stroom in om skaars voël spesies tebsoek.

Daar is nuwe gemeenskaplike ablusies gebou + 4 nuwe boskampe.  Ek sal dit volgende keer gaan toets.

Onderaand is ook 'n video wat Anton jnr gemaak het van die Lodge en hanteer ook 'n slang en Hiëna

video
0

Môre Voortrekker en ander

Die plek lyk al hoe meer aantrekliker, ek gaan beslis tydmaak om daar te gaan staan. Ek gaan waag om daai grondpad te sleep. Dit kan sekerlik nie slegter wees as die grondpad Willemsrus-Dinokeng toe nie.

Ek sien hulle waarsku mense dat die pad eintlik net geskik is vir boswaens, is dit bloot omdat dit 'n grondpad is, of is dit rerig baie sinkplaat?

Ek merk ook dat hulle padkaart op hulle webblad en die aanwysings van google-maps effe verskil. Dis nou mbt die ligging van die plek.

Groete

 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 16/03/2021 - 10:23

Ek gaan waag om daai grondpad te sleep.

Sê die man wat eersdaags Kgalagadi toe gaan. ‘n Kavango is mos nie bang vir bietjie sinkplaat nie.  

0
Worcester

Wildehont

Tue, 16/03/2021 - 10:24

'n video wat Anton jnr gemaak het

Maar die klong se Brits is goed. Gaan hy na ‘n Engelse skool toe? 

0

Middag Chris S

Die Kavango kan dit moontlik hanteer, maar die insittendes se ingewande ensovoorts hou nie meer van skud nie.

Onthou, 'n Hilux is meer stamperig as ander trokkies.

Groete

0
Worcester

Wildehont

Tue, 16/03/2021 - 11:15

Onthou, 'n Hilux is meer stamperig as ander trokkies.

Wessel

Ek stem nie saam met jou stelling nie. Enige bakkie met bladvere ry stamperig. Onthou; my Everest (eintlik maar ‘n vorige generasie Ranger met ‘n permanente kappie en meer beenruimte agter as die Ranger) het ook bladvere. Soos jy tereg uitwys help sagter bande baie om die rit gemakliker te maak. 160 vir jou sleepvoertuig en 200 vir jou karavaan. 
 

My eerste 4x4 was ‘n 2200 Hilux. Die ding het voor ook bladvere gehad. As jy wil skud soos Dolly Parton sonder ‘n bra moet jy daarmee op ‘n grondpad gaan ry. Neem net ‘n tweede verband uit om die petrolrekening te dek. 
 

 

0

Middag Anton

Jis baie dankie man. 

Daai staanplekke lyk heel gerieflik. Ek sien daar is genoeg son naby vir die sonpanele.

Ek maak nou reg vir Kalahari, dan 'n maand breek om aftrede te reel, en dan klaar bespreek in KNP-Balule. Daarna kan ek nuwe plekke besoek. 

Tussen in moet nuwe trokkie ook nog sy opwagting maak. 

Groete 

0

Anton

Met so 'n uitlokkende tuitbekkie uitnodiging soos op vorige foto, hoe kan 'n man dan nou nee sê?

Ek wil net bevestig---jou staanplek is sonder elektrisiteit ? Ek sien geen sonpanele op 1ste foto nie, maar wel 'n boksie teen die paal op die voorgrond.

Groete 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus