Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -4 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -5 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -5 hours ago

Die kuns van tentpenne inslaan

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

So oor die jare is daar al heelwat besprekings gewees oor hoe om 'n tentpen in te slaan. En let wel asb, 'n tentpen word ingeslaan en nie gekap nie. Kap doen mens met 'n byl, voorhamer of pik en so aan. slaan is 'n baie meer presiese aksie wat slegs met 'n hamer uitgevoer word. Ja orraait soms ook met 'n vuis, belt of lat!

Daar was al baie beweer dat daar slegs soveel maniere is om 'n pen in te slaan, ek verskil daar is slegs een manier, die regte manier!

Nou kyk soos met alles in die lewe is voorbereiding natuurlik van die allergrootste belang;

Eerstens moet jou pen in 'n baie goeie kondisie wees, geen roeskolletjies of sulke goed nie, natuurlik moet die pen silver skoon wees, geen mens hou van vuil penne nie!

Bekyk jou pen mooi, dit is uiters belangrik dat jou pen mooi reguit is en baie styf, 'n slap pen gaan jy nie in die grond inkry nie, dit sal buig of dubbelvou met rampspoedige gevolge. So pen het ek net een raad voor, gooi weg!! Pen wat eenmaal gebuig was, kan jy maar met moeite probeer reguit kry, maar hy het klaar 'n swak plek en sy selfvetroue is weg, nee wat hy gaan jou op die mees kritiese tyd in die steek laat, wonder nou of daai woord mag gebruik?

Nou ja as jy besluit het jou pen is opgewasse vir die taak wat voorle, moet jy nou besluit wat om te gebruik as drywer, maw die slaan ding, sou jy verkies om jou pen in te kap, kan jy maar ophou lees - jy gaan nie wen nie!

Baie mans sal jou vertel om 'n 'n 9 duim pen, [persoonlik verkies ek so 10,5 duim pen] in te slaan moet jy 'n gewigtige hamer he. Moenie luister na sulke twak nie, hulle probeer kompenseer vir die gewig van hul drywers! As 'n man weet wat hy doen kan hy selfs 'n 10,5 duim pen met gemak die pen tot sy volle lengte inkry. Dit is hier waar tegniek, finesse, styl en geduld 'n groot rol, eintlik die belangrikste rol speel. Kry vir jou so 28 ons hammer, en mense dit is belangrik om 'n goeie hammer te gebruik, ook moet so hammer mooi skoon en netjies vertoon.

Jy dryf die pen stadig met tussen poses in, moenie geweld gebruik nie, tik die pen liggies, die trilling in die pen wat veroorsaak word deur ligte tikkies sal die rond saggies laat meegee, en die pen kan dan so met baie geduld en met liefdevolle tikkies tot sy volle lente ingaan.

Man moet natuurlik onthou dat nie alle grond toestende dieselfde is nie, julle sal grond teekom wat uiters droog, hard en ongenaakbaar is. Waar ek so iets teekom, hou ek daarvan om maar so bietjie lubrikasie aan die pen te smeer. Met sulke grond toestande moet man selfs nog meer liefde en geduld aan die dag le! Kyk as jy hier haastig raak is jou pen beslis in sy peetjie in, en dit gaan net jou skuld wees g'n ander mens nie net JY!! As daai pen so 20 mm in is en dit steek vas, is dit uiterste belang dat daar vog by die saak betrokke raak. Al het jy jou pen hoe goed ingesmeer, trek hom uit en gooi bietjie vloeistof in die gaaitjie, wag dat wegsak en herhaal die proses, kan selfs nodig wees om dit heelwat kere te herhaal. Toets so elke nou en dan die gaaitjie deur die pen weer liggies te tik, jy sal vind dat hy tog geleidelik al dieper gaan, tot almal se vreugde en satisfaksie. Hier moet met groot liefde vir die gat, die pen en drywer gewerk word, onthou altyd, die ontvanger is eintlik belangriker as die gewer. Wat ek bedoel is dat die grond hier meer van belang as die pen is. Ek weet dit klink verkeerd, maar onthou dit is die grond wat op die einde van die dag jou pen diep binne in haar gaan hou, met liefde en tere krag sodat die sterkste wind dit nie sal uitpluk nie.

So nou en dan kry mens wel 'n obstruksie in die gat wat jy met geen geduld of liefde sal oorwin nie. 

Hier kan ek net voorstel dat jy maar moet aanvaar dat jy met die verkeerde gat besig is, probeer net so paar mm skuif en dit sal dalk baie beter gaan. Moenie sleg voel nie selfs die mees ervare van ons pen slaners kry tog soms dat ons wel met die verkeerde gat sukkel. As jy so effens die pen geskuif het en dit wil nog nie werk nie moet jy maar dalk aanvaar dat nie vir jou beskore is of was om jou pen daar in te slaan nie. Aanvaar die nederlaag en beweeg aan na 'n volgende gat.

Ek het 'n diepgaande studie gemaak oor verskillende tipes grond en die beste maniere om 'n pen daar in te slaan sonder probleme. Moet net nooit haastig raak nie, neem jou tyd, ek belowe jou as jy kan geduld aan die dag le, sagkens te werk gaan sal jy ontsetend baie en groot satisfaksie daaruit kry as jou pen mooi netjies reguit, sonder skade of pyn aan die grond en/of pen in die grond staan.

Ek vertrou dat my raad wel van nut kan wees aan die jonger geslag kampeerders en dalk kan selfs van die meer ervare pen slaners ook tog so klein stukkie kennis hier wegneem.

Terloops ek is altyd bereid om 'n praktiese demonstrasie te gee sou iemand belangstel. Ek sal my eie pen, lubrikasie en drywer verskaf [ek gebruik NOOIT 'n ander man se pen nie, heel teen my beginsels] al wat jy moet verskaf is so los stukkie grond. Afhangende van die kwaliteit van die grond wat jy kan verskaf is dalk selfs bereid om kosteloos te reis vir die genoemde demonstrasie!

Vaalpark

Johann L

Sat, 13/03/2021 - 07:19

Sit ek hier en dink presies dieselfde ding Anton, veral siende dat hy  'n tent moes opslaan. 

Klink my Arie het lekker penne ingeslaan daar by Mabalingwe.

 Tente het mos meer touewink

Arie, dankie vir die aanbod om gratis te opleiding te verskaf, maar, ek sal nie van jou aanbod gebruik maak nie, om persoonlike voorkeure (tegniek van pen inslaan) natuurlik, niks teen jou bedoel nie.

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 13/03/2021 - 07:47

Nee maar dit is reg so Johann. Ek is bereid om te help waar ek kan, maar is bly dat ek nie praktiese opleiding hief te gee nie!

Die ouderdom begin my rugbesering van jare terug in ń boot ongeluk vang!

En soos ń man van jou ervaring sal weet, die pen inslanery kan hel op ń ou se rug wees!

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 13/03/2021 - 08:25

Arie ek het agter gekom dat dit beter is om te lê as jy pen in slaan, dan kan jy die hoek, die gat, die pen en die hammer beter beheer, en dit is baie beter op die rug natuurlik. Vat natuurlik oefening om eers die regte taktiek te bemeester, jare se oefening en opofferings.

Soos jy sê, dit is alles in die tegniek, ek is natuurlik nog geneig om in te kap.

0
Worcester

Wildehont

Sat, 13/03/2021 - 08:38

Onthou net dis baie belangrik om in die regte volgorde te werk. Jy moet eers tent opslaan voor jy jou pen kan inslaan. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 13/03/2021 - 11:23

Bekyk jou pen mooi, dit is uiters belangrik

...en as jou pens te groot is om jou pen te sien ?........ 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 14/03/2021 - 21:30

Anton, ek het nie 'n probleem met 'n te groot pens nie, danksy my onlangse siekte weeg ek net 79kg !  Ek gesels maar net saam en wonder hoe ouens met stewige pense hul tentpenne inslaan.

 

0

Môre julle klomp onder die maag[belt] vriende

Volgende week is dit weer ekke, die hamerboor en Manyane se harde grond.

Ek het nie 'n maag nie, maar staan op my kniege en swets om penne in te boor en te moker daar.

Dan kry jy mos die stoere kampeerder wat mens wil verkwalik omdat mens nie die penne inslaan nie, en durf waag om te boor. Dan swets ek eers gemaklik.

Groete

 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 15/03/2021 - 07:55

die buurman of ń goeie vriend om te help?

Nee heng, ek raak nie aan ‘n ander man se pen nie! Mens slaan ook nie jou pen in sy grond in nie. 

0
Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Wed, 17/03/2021 - 11:06

Goeie more,

Soos van julle weet,  is ek oor 15 dae van nou af oppad Noord kus, Weskus toe hier van Limpopo af, ek ehet die draad baie goed fyn gekam en en waardeer al die inligting, maar nou wil ek twee dinge weet, hoe lank moet jou tent penne wees, ek het 250mm x 5 m, 300mm x 5 mm en anker penne 300x5mm in my  tent penne kamp sak, hang dit maar af van hoe hard die grond/ sand is op die lengte wat ek gaan gebruik? sagte grond gebruik ek die 300mm en harde grond die 250mm of hou ek net by die 300mm.

Die ander vraag wat ek het, ek hoor van julle praat van die hamer boor, nou as my pen 5 mm dik is, gebruik ek dan n 4 mm boor punt, en boor ek net 100 mm of boor ek die lengte van my tent pen?

Jammer vir die seker dom vrae maar ek het soos jare laas gekamp en wil die ding net reg doen en wil nou nie my naam met n plank gaan wetter dat ander kampeerders vir n mens lag nie.

Dankie weereens vir die raad en draad, 

0

Môre Josef

Om jou vrae te antwoord;

1] jy het seker agtergekom die draad het snert beskryf

2] Boor met punt so dik soos jou penne. Die gaatjie vul gewoonlik op met grond.

3] Gat diepte word bepaal deur hardheid. Ek boor baie keer dieper as halwe pen lengte.

4] As jy sien die pen is te los in gat, dan boor jy maar 'n aangepaste gaatjie langsaan.

Dit is eintlik maar mog en troffe, dit is nie 'n harde wetenskap nie.

Groete 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus