So oor die jare is daar al heelwat besprekings gewees oor hoe om 'n tentpen in te slaan. En let wel asb, 'n tentpen word ingeslaan en nie gekap nie. Kap doen mens met 'n byl, voorhamer of pik en so aan. slaan is 'n baie meer presiese aksie wat slegs met 'n hamer uitgevoer word. Ja orraait soms ook met 'n vuis, belt of lat!
Daar was al baie beweer dat daar slegs soveel maniere is om 'n pen in te slaan, ek verskil daar is slegs een manier, die regte manier!
Nou kyk soos met alles in die lewe is voorbereiding natuurlik van die allergrootste belang;
Eerstens moet jou pen in 'n baie goeie kondisie wees, geen roeskolletjies of sulke goed nie, natuurlik moet die pen silver skoon wees, geen mens hou van vuil penne nie!
Bekyk jou pen mooi, dit is uiters belangrik dat jou pen mooi reguit is en baie styf, 'n slap pen gaan jy nie in die grond inkry nie, dit sal buig of dubbelvou met rampspoedige gevolge. So pen het ek net een raad voor, gooi weg!! Pen wat eenmaal gebuig was, kan jy maar met moeite probeer reguit kry, maar hy het klaar 'n swak plek en sy selfvetroue is weg, nee wat hy gaan jou op die mees kritiese tyd in die steek laat, wonder nou of daai woord mag gebruik?
Nou ja as jy besluit het jou pen is opgewasse vir die taak wat voorle, moet jy nou besluit wat om te gebruik as drywer, maw die slaan ding, sou jy verkies om jou pen in te kap, kan jy maar ophou lees - jy gaan nie wen nie!
Baie mans sal jou vertel om 'n 'n 9 duim pen, [persoonlik verkies ek so 10,5 duim pen] in te slaan moet jy 'n gewigtige hamer he. Moenie luister na sulke twak nie, hulle probeer kompenseer vir die gewig van hul drywers! As 'n man weet wat hy doen kan hy selfs 'n 10,5 duim pen met gemak die pen tot sy volle lengte inkry. Dit is hier waar tegniek, finesse, styl en geduld 'n groot rol, eintlik die belangrikste rol speel. Kry vir jou so 28 ons hammer, en mense dit is belangrik om 'n goeie hammer te gebruik, ook moet so hammer mooi skoon en netjies vertoon.
Jy dryf die pen stadig met tussen poses in, moenie geweld gebruik nie, tik die pen liggies, die trilling in die pen wat veroorsaak word deur ligte tikkies sal die rond saggies laat meegee, en die pen kan dan so met baie geduld en met liefdevolle tikkies tot sy volle lente ingaan.
Man moet natuurlik onthou dat nie alle grond toestende dieselfde is nie, julle sal grond teekom wat uiters droog, hard en ongenaakbaar is. Waar ek so iets teekom, hou ek daarvan om maar so bietjie lubrikasie aan die pen te smeer. Met sulke grond toestande moet man selfs nog meer liefde en geduld aan die dag le! Kyk as jy hier haastig raak is jou pen beslis in sy peetjie in, en dit gaan net jou skuld wees g'n ander mens nie net JY!! As daai pen so 20 mm in is en dit steek vas, is dit uiterste belang dat daar vog by die saak betrokke raak. Al het jy jou pen hoe goed ingesmeer, trek hom uit en gooi bietjie vloeistof in die gaaitjie, wag dat wegsak en herhaal die proses, kan selfs nodig wees om dit heelwat kere te herhaal. Toets so elke nou en dan die gaaitjie deur die pen weer liggies te tik, jy sal vind dat hy tog geleidelik al dieper gaan, tot almal se vreugde en satisfaksie. Hier moet met groot liefde vir die gat, die pen en drywer gewerk word, onthou altyd, die ontvanger is eintlik belangriker as die gewer. Wat ek bedoel is dat die grond hier meer van belang as die pen is. Ek weet dit klink verkeerd, maar onthou dit is die grond wat op die einde van die dag jou pen diep binne in haar gaan hou, met liefde en tere krag sodat die sterkste wind dit nie sal uitpluk nie.
So nou en dan kry mens wel 'n obstruksie in die gat wat jy met geen geduld of liefde sal oorwin nie.
Hier kan ek net voorstel dat jy maar moet aanvaar dat jy met die verkeerde gat besig is, probeer net so paar mm skuif en dit sal dalk baie beter gaan. Moenie sleg voel nie selfs die mees ervare van ons pen slaners kry tog soms dat ons wel met die verkeerde gat sukkel. As jy so effens die pen geskuif het en dit wil nog nie werk nie moet jy maar dalk aanvaar dat nie vir jou beskore is of was om jou pen daar in te slaan nie. Aanvaar die nederlaag en beweeg aan na 'n volgende gat.
Ek het 'n diepgaande studie gemaak oor verskillende tipes grond en die beste maniere om 'n pen daar in te slaan sonder probleme. Moet net nooit haastig raak nie, neem jou tyd, ek belowe jou as jy kan geduld aan die dag le, sagkens te werk gaan sal jy ontsetend baie en groot satisfaksie daaruit kry as jou pen mooi netjies reguit, sonder skade of pyn aan die grond en/of pen in die grond staan.
Ek vertrou dat my raad wel van nut kan wees aan die jonger geslag kampeerders en dalk kan selfs van die meer ervare pen slaners ook tog so klein stukkie kennis hier wegneem.
Terloops ek is altyd bereid om 'n praktiese demonstrasie te gee sou iemand belangstel. Ek sal my eie pen, lubrikasie en drywer verskaf [ek gebruik NOOIT 'n ander man se pen nie, heel teen my beginsels] al wat jy moet verskaf is so los stukkie grond. Afhangende van die kwaliteit van die grond wat jy kan verskaf is dalk selfs bereid om kosteloos te reis vir die genoemde demonstrasie!
Ek trek net jou been Len …
Ek trek net jou been Len ![]()
Anton, ek het nie 'n probleem met 'n te groot pens nie,
Geroeste tentpenne
Die see is darem maar vernielsugtig. Ons het vanjaar nie eers voor op die see gestaan nie, maar die seelug by Dwarswegstrand tesame met ‘n paar dae se reën het meeste van my tentpenne laat roes.
Nadat ons vanmiddag afgepak het, die seile, afdak en voorste tent laat uitdroog het, die yskaste skoongemaak het ens het ek die geroeste penne met staalwol skoongeskuur en toe met roes omsetter geverf. Verskoon maar die ou geroeste erdebak, ek het net iets gesoek om die penne in te sit.

Ag nee Chris....
.... daar is geen pen wat so lekker klou in sand grond, as 'n geroeste pen nie!!!
Daai effe growwerigheid byt lekker vas, en jongensfontein-wind roer dit eers nie![]()
maar die seelug by…
maar die seelug by Dwarswegstrand tesame met ‘n paar dae se reën het meeste van my tentpenne laat roes.
Om die rede het ek al my gewone tentpenne met aluminium penne vervang.
Aluminium tentpenne
Waar kry mens aluminium tentpenne en wat kos dit?
Allie-penne
Chris S, onthou dat selfs veral onbehandelde Al-penne ook maar geneig is om so 'n witterige roes bedekking te vorm in seelug.
As jy ge-anodiseerde penne kan kry, nog beter. Dit kan moontlik duur wees.
Moenie dat daai oppervlak roes jou ontstel nie, dis penne en hou geen risiko's in nie.
Gaan my penne hou
Nee wat, ek is nie bekommerd oor my penne nie. Van die ouer dunnes waarmee ek seile se lussies vasmaak het egter erg geroes en ek wou dit skoonmaak. Dit het my nie eers ‘n halfuur gevat nie en al my penne is reg vir die volgende kamp.
Waar kry mens aluminium…
Waar kry mens aluminium tentpenne en wat kos dit?
Jammer Chris, ek het eintlik bedoel stainless steel.





Verskuif
Verskuif na Verskillende Tent Penne draad.