Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -3 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -3 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -3 hours ago

Woonwa handrem??

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Middag mede slepers

Ek het die afgelope naweek weereens dit ervaar;

dat 'n [my] woonwa se handrem nie eintlik werk agteruit nie. 

Ek het afgehak, en gedink dit is plat, en die wa het begin terugloop. so pluk ek die rem op, maar die wa bly net stadig terugloop. Hardloop toe maar agtertoe, kry gelukkig 2 halwe stene om agter wiele te sit. 

Wie van julle het dit ookal ervaar.

Groete

Wessel

Secunda

Sleep nou

Mon, 11/03/2019 - 12:07

Ek het met my Jurgens XT140 selfde problem gehad terug gevat na Comet in Boksburg en hulle nodige verstellings op handrem gemak kyk ek mis daai off road trailer

0
Centurion

Dusty

Mon, 11/03/2019 - 13:11

Wessel, die ouerige karavane soos myne het nie n handrem agtertoe nie. Dink daaraan, wanneer jy agteruitstoot dan gebeur dit net. Geen hefbome wat jy moet aktiveer nie.

Blykbaar moet jy die nuwer waens se handtem op n sekere manier vastrek. Weet nie veel van dit nie.

Terloops, ek het ook eenkeer nie mooi gedink nie toe haak ek my wa af by die huis. Omdat dit afdraende is na die hek toe het die wa agteruit geloop en die hek was reeds toe. Gelukkig kon ek die wa 180 grade draai en toe het die handrem gewerk

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 11/03/2019 - 13:16

.....ek vermoed die terugstoot rem-ontkoppeling het ingeskop (sodat jy kan "reverse").  Nie seker hoe werk die Echo s'n, maar by Jurgens Ci-produkte moet jy die handrem aanhou, heel ver agtertoe trek voor die rem weer inskop.

Voor ek my Exclusive afhaak, plaas ek ALTYD daardie geel blokke se stoppe agter die wiele aan weerskante  -  ek vertrou ook nie die handrem nie.  As jy "movers" op het, is dit ook 'n opsie om die "movers" se rollers op die bande te plaas wat dan vanself rem voor jy dit begin gebruik.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 29/03/2021 - 08:02

 'n [my] woonwa se handrem nie eintlik werk agteruit nie. 

Ek het vanoggend my wa by Boland Karavane gaan los vir ‘n onderstel diens. Trek ewe die handrem op voor ek dit afhaak, al is dit redelik gelyk daar. Die eienaar sê toe vir my; “Jy weet dit rem nie agtertoe nie nê?” En hy vra my toe om aan my kant te help stoot en die wiele rol. Volgens hom rem geen karavaan se handrem agtertoe nie, maar net vorentoe. Ek het dit nie geweet nie, so ek is bly hy het my gewys. Dit kan darem lelike sports afgee! 

0

Môre Chris S

…. ek het mos in Maart 2019 julle gewaarsku daaromtrent.

Dit kan weliswaar tot groot skade lei.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 29/03/2021 - 08:38

ek het mos in Maart 2019 julle gewaarsku daaromtrent

Toe het ek nog ‘n Venter Bushbaby gehad wat ongerem was. Dis eers toe ek vanoggend ‘n gepaste draad soek om my nuwe kennis op te deel dat ek jou waarskuwing sien. Die agteros kom ook in die kraal... 

0

Hello Chris S

Ek het myself die afgelope naweek in 'n gat gevang. Sukkel om wa oor die wiele gelyk te kry. Die geelwig lig dit net te veel. Slim-Jan pluk sy graaf uit en grawe gaatjie vir teenoorgestelde wiel---- te oulik, waterpas.

Breek gister aan, daar kan ek nie die wa letterlik uit die gat per hand gestoot kry nie. Genadiglik was daar nog 'n paar sterk jonger manne om hand by te sit.

Die lessie---- kyk betyds of jy weer jou wa gehak en van staanplek kan kry, voordat jy finaal opslaan en wiele in gate laat sak.

Groete

0
Worcester

Wildehont

Mon, 29/03/2021 - 09:36

en leer. Dis ook altyd lekkerder (en gewoonlik goedkoper) om uit iemand anders se foute te leer. Dankie vir die lessie. 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 29/03/2021 - 13:06

Ek kan eerlikwaar nie onthou wanneer laas et ek die ding gebruik nie.  As ek moet sal ek eers die movers insit tot die hoekstutte uit is.

Maar ja, so leer ons van ander. yes

0
Centurion

Dusty

Tue, 30/03/2021 - 09:15

Chris, as ek reg verstaan is daar wel 'n metode om die handrem vas te maak. Ek bietjie weer kyk of ek daai metode weer kan kry. Ek het per ongeluk dit van my hardeskyf af gevee.

 

0
pretoria

pieterc

Tue, 30/03/2021 - 18:58

Ek het vanoggend my wa by Boland Karavane gaan los vir ‘n onderstel diens. Trek ewe die handrem op voor ek dit afhaak, al is dit redelik gelyk daar. Die eienaar sê toe vir my; “Jy weet dit rem nie agtertoe nie nê?” En hy vra my toe om aan my kant te help stoot en die wiele rol. Volgens hom rem geen karavaan se handrem agtertoe nie, maar net vorentoe. Ek het dit nie geweet nie, so ek is bly hy het my gewys. Dit kan darem lelike sports afgee! 

Ek weet nie watter stelsel die Kavango gebruik nie., maar as dit reg gestel is ( al-ko) en reg opgetrek is werk dit wel agtertoe.

Chris, as ek reg verstaan is daar wel 'n metode om die handrem vas te maak. Ek bietjie weer kyk of ek daai metode weer kan kry. Ek het per ongeluk dit van my hardeskyf af gevee.

 Kontak gerus Al-Ko  in Vereeniging en vra vir Jacques om die handleiding met prosedure vir stel van, en werking van die remme en handrem vir jou te stuur. Ek het n skokbreker vir die inloop rem daar gaan koop toe wys hy vir my die werking van die stelsel op n oopgesnyde "demo" eenheid op die vertoon lokaal. BAIE interessant!

Die handrem moet wel baie hoog opgetrek word sodat die remstang die remme verder kan aktiveer as wat dit doen wanneer jy agteruit stoot met jou kombinasie. Die "spring loaded" buis op die remstang help hiermee. Die wiele draai wel vir ongeveer .5 meter voordat die handrem agteruit werk terwyl dit vorentoe dadelik rem as dit opgetrek word. Hierdie aanvanklike vryloop kan dalk die rede wees waarom baie mense ding die handrem werk nie agteruit nie, maar is ongelukkig nodig agv die werking van die remme om agteruit stoot met jou kombinasie toe te laat.

Veiligste is seker maar om te aanvaar dat dit nie werk nie en die geel blokke waarvan Len praat te gebruik.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 30/03/2021 - 20:16

Dankie Pieter, presies soos ek vroeër verduidelik het  -  die handrem moet ver agtertoe opgetrek word om die agteruit vryloop te stuit.  Maar om veilig te speel, plaas ek eerder my geel stop-blokke agter die wiele voor ek afhaak.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 31/03/2021 - 07:52

Ek sal maar eerder aanvaar die handrem werk glad nie om ‘n ongeluk te voorkom. Ek het twee sulke staal stopblokke (eintlik hol doppe so hulle weeg nie veel nie) wat ek van nou af gaan saamry, en agter die wiele sit sodra die wa op sy plek staan. Ek moet egter sê dat ek nog nie op ‘n staanplek was wat ongelyk genoeg was dat die wa in enige rigting wou loop nie. As mens jou neuswiel dwars neersit sal dit vrek steil moet wees voor die wa vorentoe of agtertoe gaan loop op grond of gras. 

0

Môre Chris

Jy sal verbaas wees hoe maklik daai neuswiel kan regdraai. Ek ry sommer 2 plaveisel steentjies saam, soms lê daar nie klippe of bakstene rond vir die doel nie.

Groete

 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 31/03/2021 - 11:01

Jy sal verbaas wees hoe maklik daai neuswiel kan regdraai

As dit skuins genoeg is, maar ek wil nie so skuins staan nie. Hoe gaan jy die wa naby aan waterpas kry? Onthou ek praat van op gras of sanderige grond (wat maar standaard is hier in die Wes-Kaap), nie op teer of plaveisel nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 25/01/2024 - 08:40

...dat my Kavango se handrem beslis nie agteruit werk nie. 

Met die dat ek verlede Dinsdag my wa se wiele geruil en gebalanseer het, het die handlangers om die beurt eers regs en daarna links die wa opgelig om wiele af te haal.

Met die terugsit van die regterwiel, waar vasdraai in vorentoe rigting is, was die wiel vas, in die lig, sodat boute vasgedraai kan word. Met die linkerwiel waar vasdraai rigting natuurlik agtertoe is, seg die man----die briek werk nie, die wiel bly saam draai.

Vir 'n meer praktiese bewys dat handrem net vorentoe werk, kon ek seker nie vra nie.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 25/01/2024 - 10:25

Pieter het mooi hier bo verduidelik dat die handrem veronderstel is om te werk as mens dit tot heel bo optrek. Ek doen dit altyd, maar het onlangs weer die Kavango agteruit gestoot terwyl die handrem opgetrek was. Dalk rem dit wel as mens dit ver genoeg stoot agtertoe soos wat Pieter sê, maar teen daardie tyd het dit dalk reeds in iets vas geloop. Ek gaan aanhou handel asof dit glad nie agteruit werk nie.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus